Flourish Holistic Wellness - Life Coach

Flourish Holistic Wellness - Life Coach I coach people to develop and transform to flourish as a balanced human being.

15/03/2025

Toksiese Positiwiteit

Dr. Patricia Schmidt (PHD in sielkunde met ‘n fokus op neurologie) sê: Toksiese positiwiteit benadeel jou geestesgesondheid.

“Toksiese positiwiteit” is wanneer iemand die idee afdwing dat jy altyd positief moet bly, maak nie saak wat nie, en negatiewe emosies soos hartseer, woede of frustrasie ignoreer of afmaak. Dit is soos om vir iemand te sê om “Alles kan nie net swart wees nie. Ten minste het jy …” of “Die Here sal nie iets oor jou pad bring wat Hy weet jy nie kan hanteer nie.” of “Wat jy deurgaan is erg, maar kom ek vertel jou wat ek deurgaan.” Mense word met sulke woorde nie toegelaat om te voel of te verwerk wat regtig aan die gang is.

In eenvoudige terme, dit is die oortuiging dat jy nie mag sleg voel nie, en as jy wel so voel, jy op een of ander manier misluk of nie genoeg op die Here vertrou nie.

Byvoorbeeld, stel jou voor jy verloor jou werk, en in plaas daarvan dat jy toegelaat word om ontsteld of bekommerd te voel, sê iemand, “Moenie worry nie, alles gebeur met ‘n rede!” Dit klink dalk lekker, maar dit kan jou laat voel asof jou ware emosies nie saak maak nie. Sommige gebeure is en bly sinloos.

Hoe dit geestesgesondheid benadeel, is redelik duidelik: wanneer jy gedwing word om ‘n vals glimlag op te sit oor ware pyn, kry jy nie die kans om te hanteer wat jou regtig pla nie. Om daardie negatiewe gevoelens te onderdruk, kan spanning, angs of selfs skaamte opbou, want jy begin dalk d**k daar is iets fout met jou omdat jy nie “positief genoeg” is nie.

Met verloop van tyd onderdruk ons ons ware emosies - uiteindelik gaan dit ontplof. Studies (en gesonde verstand) wys dat om jouself toe te laat om moeilike emosies te voel en daardeur te werk, gesonder is as om te maak asof dit nie bestaan nie.

Toksiese positiwiteit slaan daardie stap oor en kan jou geïsoleerd of vasgevang laat voel.

26/02/2025
25/02/2025

25/02/2025

18/01/2025
15/11/2024
09/11/2024
09/11/2024

Coming soon: Digital Course: “Uncover Your true Self. Break free from self-doubt.” An interactive digital course by Life Coach Attie Nel.

Like, repost, comment “Free” and follow to get a free version of the the first step, “Discover Your Personal Values.” as soon as it becomes available.

It will be sent via DM. Must follow to teceive DM.

Address

1263 Cunningham Avenue
Waverley

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Flourish Holistic Wellness - Life Coach posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram