05/01/2019
Osoon Terapie is 'n vorm van alternatiewe terapie wat die algemene gesondheid en welstand van jou liggaam en lewenskwaliteit kan verbeter.
Dit is bekend daarvoor dat dit die liggaam detoks/reinig van onsuiwerhede, nuwe en gesonder selle, organe en weefselbou, pyn kan verlig, inflammasie verminder en patogene doodmaak.
Elke sel in die liggaam het voortdurend suurstof nodig om energie te genereer en ook om toksiene/gifstowwe te verwyder.
'n Osoon behandeling duur 20min. Persoon sit in 'n spesiale osoontent. Osoon ontgif die liggaam deur gif-stowwe en swaar metale, wat in die liggaam opbou, af te breek en die liggaam te help om gesonde selle, weefsel, organe en stelsels te bou. Voor, tydens en na behandeling word Osoon- of RO water aangebied om dehidrasie te voor kom.
'n Minimum van 10 Sessies word aanbeveel en Instand-houdingsessies daarna (volgens die kliënt se keuse).
Terapie bevorder o.a.
*Spiere ontspan en verhoog buigbaarheid
*Oksideer adrenalien wat lei tot kalmte
*Bevorder sirkulasie van bloedvate, verlig pyn en bevorder herstelproses
*Oksideer gifstowwe sodat dit deur die vel, longe, niere en kolon uitgeskei word.
Osoon is 'n kragtige terapeutiese hulpmiddel vir die teenwerking van siektetoestande, maar ewe belangrik vir die voorkoming daarvan.
Ander Produkte/behadeling :
* Osoon Olyf Gel vir behandeling van o.a. Bedsere
*Osoon behandeling vir gehoor
*Osoon water te koop- bring eie houers
*Wondbehandeling.
Nou - 2 Behandelingstente :
Bring 'n vriendin/gesinslid saam en kuier terwyl u die Osoonbehandeling geniet !
Osoon Terapie is NIE 'n vinnige OPLOSSING vir Gesondheidsprobleme wat oor die jare ontwikkel het nie MAAR dit verbeter jou liggaam se vermoeë, om tesame met 'n gesonde lewenstyl, die skade wat aangerig is, te verminder en jou lewenskwaliteit te verbeter.
~ Dankie-sê Bederf Bewyse beskikbaar ~
Indien u belangstel : Kontak Cecile by 082 2243 865 of spekboom.ozonetherapy@gmail.com