10/02/2026
Op 28 Januarie 2026 hou Edelweiss 'n ken mekaar oggend. Alhoewel inwoners al vir jare saam met mekaar woon, was daar interessante inligting wat daardie oggend bekend geword het. Baie dankie aan Mike Potgieter van Radio Tygerberg wat as fasiliteerder opgetree het. Mike, dankie dat jy die inwoners en buitelede so op hulle gemak gestel het, hulle motiveer en inspireer het. Jy het beslis 'n hele paar nuwe liftKlub luisteraars bygekry.
Dankie aan almal se deelname, ons maak beslis weer so.