05/12/2025
https://youtu.be/C1itKzwJE4g?si=BsrD9qMGF-AzPE6c – Yesterday, Today, Forever
Lees 1 Joh 5.
Koue vleis en slaai – dis nou nie my ding nie. Maar daar is 2 keer per jaar wat ek nie my koue vleis en slaai misloop nie. Die een is ons familie se tradisionele Kersete – heerlike skaapboud, beefroast, gammon, hoender en allerhande lekker slaaie. Die ander een is die CAD Kempton Park se jaarlikse afsluiting – altyd ook lekker koue vleisies en slaaie, en dis net altyd anders as om dit self by die huis te maak! So min soos wat ek van koue vleis en slaai hou, so mal is ek oor die CAD afsluiting. Elke jaar dieselfde, en elke jaar geniet ek dit net meer as die vorige jaar – maak nie sin nie, maar dit is nou maar so. So het ek myself nou weer vanaand knuppeldik geëet by die CAD – heerlik!
Net soos wat die CAD se afsluiting en ons Kersete ou staatmakers is, net so is ons Here ook ‘n ewige Staatmaker. Hy verander nie! En net soos wat Hy 2 000 jaar gelede die apostels laat verstaan het van Sy vergifnis aan die kruis en die werk wat Hy daar vir ons gedoen het, net so is daardie vergifnis vandag nog van krag, en tot in alle ewigheid. Hy het juis die sondige wêreld oorwin, en dit is nog steeds oorwin, sodat ek en jy vandag ook vry kan leef, sonder sonde. Net soos wat Hy vir Sy dissipels verseker het dat Hy gekom het om aan hulle lewe en oorvloed te gee, net so het ons vandag nog toegang tot daardie lewe in oorvloed. En net soos Sy dissipels Hom persoonlik geken het, so kan ek en jy Hom vandag nog persoonlik ken. As jy in God glo, het jy lewe. Gister, vandag en tot in ewigheid.
My Here, U verander nie. U genade verander nie. U liefde verander nie. Dankie dat U die ewige Konstante Mag in ons soms baie deurmekaar lewens is! Amen.
Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.