13/03/2026
Melany “Mel” Viljoen, 'n ster van The Real Housewives of Pretoria en The Real Housewives Ultimate Girls Trip: South Africa, is op Dinsdag, 6 Maart 2026, in Boca Raton, Florida, in hegtenis geneem, saam met haar man Petrus “Peet” Viljoen. Die egpaar word aangekla van georganiseerde winkeldiefstal na bewering meer as $5,300 (ongeveer R90 000) se goedere by Publix Supermarket gesteel het.
Volgens die Boca Raton polisie het die egpaar oor die afgelope ses maande verskeie winkeldiefstalle in samewerking gepleeg. Die items wat gesteel is, sluit La Marca Prosecco, San Pellegrino, en Coca-Cola Zero in.
Die egpaar het aan die polisie gesê dat hulle gesteel het omdat hulle “in survival mode” was, met Melany wat beklemtoon het dat sy nie in die VSA kon werk weens die gebrek aan 'n Visa nie.
Hulle is in hegtenis geneem en het elk 'n borgtog van $10,000 gekry. Die egpaar sal na verwagting in die hof verskyn vir diefstal aanklagte.