19/12/2025
Elke jaar word die Golden Oldies Spele, in samewerking ADASA, by Acacia Park gehou. Hierdie jaar het Helpende Hand se mense kom saam kuier asook die dames van Mind Moves wat die oefening groep by die oord aanbied. Acacia Park - wat verlede jaar die wenners was, het die trofee ingebring as deel van die opening seremonie. Van die items waarin almal deelgeneem het is Veerpyltjies gooi na balonne op ‘n draaiwiel, Skyfskiet, metaalvisse met ‘n magneet vang en nog vele meer. Die wenners die jaar was Yonder span 1, Huis Heldersig van Griekwastad tweede en Galeshewe Association for the Care of the Aged (GAASCA) span 2 in derde plek. Acacia 1 behaal die vierde plek. Na al die pret het almal heerlike aan Kerrie en rys gesmul en ietsie koud om te drink onder die koeltebome saam geniet. Wat n fees! Sien julle weer volgende jaar!