Chatterbox Drama Tots

Chatterbox Drama Tots Klasse vir 3 - 6-jariges. 🌟🎊

Pret-belaaide kreatiewe dramaklasse wat deur speel en verbeel die kleuter se opwindende ontdekkingsreis na 'n sterk persoonlikheid, emosionele intelligensie, sosiale vaardighede & effektiewe kommunikasie optimaal ondersteun.

"Who they are matters more than what they do." ⬇️ Presies ook die hart van Chatterbox.👌🏻 ❤️
03/11/2025

"Who they are matters more than what they do." ⬇️ Presies ook die hart van Chatterbox.👌🏻 ❤️

The world will challenge them soon enough — question their worth, their voice, their place.

Home shouldn’t do the same.

Home is where confidence is built quietly —
in the way we listen when they speak,
in the way we notice effort as much as outcome,
in the way we remind them that who they are matters more than what they do.

Because every word we say becomes the voice they carry inside. And that voice can either echo doubt… or remind them they belong.

Let home be the place that teaches them how to believe in themselves — so the world never convinces them otherwise. ❤️

Quote Credit: .motherhood ❣️

Follow & .motherhood for more

Ek baie beïndruk met Toys and Beyond by wie ek Woensdag ons 2025 Drama Tots belonging bestel het en vandag reeds deur Th...
31/10/2025

Ek baie beïndruk met Toys and Beyond by wie ek Woensdag ons 2025 Drama Tots belonging bestel het en vandag reeds deur The Courier Guy CC ontvang het! 🎁🎉 Nou hoe moet ek dit 'n geheim hou tot ons laaste klassie toe⁉️🙆🏼‍♀️

Die maatjies se vordering sal in die laaste week gevier word met 'n bederfie wat noukeurig uitgesoek is om hulle in die vakansie tot verdere verbeelding, verbale kommunikasie en hoë hoogtes te inspireer. 🐸 Daar is die leidraad dan nou ook sommer! 😉🤫🥰

Nes die naam Toys and Beyond sê, bevat die belonging 'n 'open ended toy' - 'n Montessori konsep wat presies inlyn is met die doel van die Chatterbox Drama Tots program: holistiese kinderontwikkeling. Jou kind is 'n kosbare 'work-in-progress' ... Tog is elkeen se vordering tot op die punt, iets om te vier!

Elke klein mensie se vermaaklike bydrae tot ons klassies die jaar het tot mekaar se groot genot gelei. 😆 Daar is gereeld gejil en gelag! Ons klasse is alles behalwe sag. 😅 Tog het ons ook geleer luister en so ontdek dat elkeen iets spesiaal het: Net jy kan JY wees! 🌟

Die datums vir elke skooltjie se afsluiting sal vroeg in die eerste week van November deurgegee word. Intussen geniet ons elke les wat ons nog saam het die jaar. Veral die maatjies wat grootskool toe gaan. 🥹 Wat 'n voorreg om van julle al vir 3+ jaar te sien groei en groei 💚 Mag julle elkeen altyd jou unieke "TA-DA!", soos in ons liedjie, met jou saamdra as lewenshouding. 💃🏽🕺🏽🎉

Ons skud ons vere reg vir 'n nuwe jaar❣️ Registreer solank hier 🥳: https://ysit9fbd.forms.app/chatterboxenrollments2026H...
25/10/2025

Ons skud ons vere reg vir 'n nuwe jaar❣️ Registreer solank hier 🥳:
https://ysit9fbd.forms.app/chatterboxenrollments2026

Herregistrasies kry 50% afslag op die registrasiefooi! 🥰

Laas week die tyd het ons weer die voorreg gehad om uit te stal by 'n pragtige prettige opedag - die keer by Trio Pre-primêr. Dankie aan almal wat kom gesels het en baie geluk aan ons wennertjies wat 'n gratis klas kan kom saam geniet! 🤗🎊

Indien julle dit gemis het, WhatsApp my gerus met enige vrae. 📱 💚

13/10/2025

Children’s rhythm skills are strongly linked to early language and reading development. Studies have found that preschoolers who can clap, tap, or move in time with a beat tend to perform better on early literacy measures, such as phonological awareness and word recognition. This is because rhythm and reading share underlying neural processes involving timing, prediction, and auditory processing.

Brain recordings show that children with stronger rhythm skills have more precise neural responses to speech sounds, allowing them to segment words into syllables and phonemes more effectively.

In 2024, researchers extended this understanding by using a rhythm-based training game with elementary students. After six weeks, the children who practiced rhythmic tasks showed measurable improvements in reading fluency compared to a control group.

Scientists think this happens because reading is inherently rhythmic: the brain must synchronize to the cadence of language, anticipate upcoming sounds, and map them to meaning. Engaging in rhythm games or musical play seems to train these timing mechanisms, giving children a cognitive boost that helps reading come more naturally.

13/10/2025

Kwartaal 3 was 'n fees! Kyk net ⬇️🥰🎊Die laaste kwartaal gaan ons soveel as moontlik kreatiewe pret hê en elkeen beloon word vir hul unieke bydrae tot ons klassies en vordering die jaar. 🌟

So lekker gewees om gister 'n opgewonde maatjie raak te loop wat dadelik wou weet wanneer ons weer begin. Die dag het aangebreek! Kwartaal 4, hier gaan ons. 🥳💖

"Emotional readiness" ❤️‼️⬇️Chatterbox se opbouende lessies dek die spektrum van emosies wat ons mag ervaar deurdat ons ...
01/10/2025

"Emotional readiness" ❤️‼️⬇️
Chatterbox se opbouende lessies dek die spektrum van emosies wat ons mag ervaar deurdat ons dit wat die karakters in ons stories beleef, self ook uitdruk en leer reguleer. So belangrik. ❤️‼️⬇️

05/09/2025

Sarah R. Moore, Dandelion Seeds Positive Parenting 💜

01/09/2025

Hoop almal het 'n wonderlike Lentedag gehad! Ons was vandag miere by morsige mense se lente-piekniek.🐜🧺😋🎊 Vra bietjie uit en jy sal die interessantste stories hoor. 😅 Ons vier sommer ook elke Chatterbox-maatjie wat ons klassies so geniet en vir wie dit so goed doen. ⬇️💐📱🔊💕

Ons is goed op dreef met kwartaal 3! As jy nog nooit in jou lewe gespeel het jy is 'n hoender nie, mis jy beslis iets! 🐔...
01/08/2025

Ons is goed op dreef met kwartaal 3! As jy nog nooit in jou lewe gespeel het jy is 'n hoender nie, mis jy beslis iets! 🐔😅 Watter skepsel gee dan nou beter uiting aan wat andersins opgekrop sou bly? Van opgepof sit en kloek tot lateraan luidkeels kraai van die lag, het ons geleer hoe om ons woede te wys en te beheer - so kon ons vorder van afkyk en rondskrop na weer vrolik dans oor hoe ons mekaar blymaak!

Hartseer is die ander groot emosie waaraan ons gewerk het om te leer hanteer sover. Die geheim? Praat, praat, praat! Ons leer hoe om onsself duidelik uit te druk en na mekaar te luister. Deur 'n rympie en twee tranetrekker stories kon ons woorde en maniere vind om ons hartseer te verwerk. Op die ou end is daar getroos, speel-speel "trane" is afgevee en almal is darem met 'n glimlag weer terug speelgrond toe. 🎭🌼🎉❤️

Wat 'n eer om ons kinders te bemagtig met die hantering van die diep dinge van hul menswees. Mag dit nooit onder die mat ingevee word nie. Mag elkeen altyd die vrymoedigheid hê om dit na vore te bring en julle 'n vrolike naweek hê! 🤗🎉

Ons het toe Vrydag heerlik uitgestal! Baie dankie aan elkeen wat kom gesels het en baie geluk aan ons wennertjies wat di...
28/07/2025

Ons het toe Vrydag heerlik uitgestal! Baie dankie aan elkeen wat kom gesels het en baie geluk aan ons wennertjies wat die week 'n gratis klas gaan kom saam geniet. 🥳🥰🎉 Indien jy dit gemis het en graag meer wil uitvind, stuur gerus 'n WhatsApp.👋📱⬇️

📢‼️ Wat baat Chatterbox Drama Tots jou voornemende Graad R se skoolgereedheid? Vanaf 3- tot 6-jarige ouderdom bou ons aa...
24/07/2025

📢‼️ Wat baat Chatterbox Drama Tots jou voornemende Graad R se skoolgereedheid? Vanaf 3- tot 6-jarige ouderdom bou ons aan die volgende fondamentele vaardighede 🤯🎭😌❤️👂📚🧠🎊🕺🌟:

18/07/2025

Volgende Vrydag kuier ons by Trio Graad R se opedag! Kom gesels gerus. 🥳😁🎊

Address

Kroonstad

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Chatterbox Drama Tots posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Chatterbox Drama Tots:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram