GesondeSeks

GesondeSeks Die nuwe tuiste van Timothy en Janet Kieswetter se Gesonde Seks

🎭✨ PE VANAAND! ✨🎭Ons is by CentrestageatBaywest  met Tietelogie & Tottikunde – die 2de laaste couple show van die toer 😄...
18/02/2026

🎭✨ PE VANAAND! ✨🎭

Ons is by CentrestageatBaywest met Tietelogie & Tottikunde – die 2de laaste couple show van die toer 😄🔥

Dis amper einde se kant toe, maar vanaand bring ons nog alles: eerlike praat, herkenbare man-vrou oomblikke en daai lag wat net gebeur wanneer almal hulself in die stories sien 🤭❤️

PE, ons maak vanaand nog ’n storie wat ons lank gaan onthou 🥂✨

18/02/2026

Anoniem deel: Goeie naand liewe mense. Dis sommer net n skrywe waarmee ek al n geruime tyd sit en ekt ged**k ek wil dit met jul deel, vir wie ookal dit lees aan die anderkant, of dit nou interessant is, of insiggewend, maak nie saak nie. Hierdie spesifieke blad het aanleiding gegee tot die lewe waarin ek nou is.

Ek was so 12jaar saam n vrou, waarvan 4jr getroud was. Ek het haar ontmoet met n seun net oor n jaar oud. Ons is getroud na die nuus dat sy weer swanger is, maar nadat hy net meer as 3jaar oud is, deel sy toevallig die nuus met bloedtoetse, dat hy nie my seun is nie.
Ons het voortgegaan met ons huwelik, maar ek vang haar toe minder as n jaar later in die bed met n man wat nie een van haar kinders se pa's is nie. Nadat ek haar uitgevang het, is sy toe ook nie ees saam hom verder in n huwelik nie.

Anyway, toe ons nog saam was, het sy soms vir my skakels van plasings op hierdie blad gestuur, en ons het dit komies afgelag. Vandag is ek so amper 3jaar van haar geskei en as ek nou so in my stoel sit en sommige van die plasings en kommentare lees, kan ek sien hoe het ons gekom tot hier. Dis so asof n handleiding voorgelees word.

Die goed waaroor mense plasings maak, en dan die goed wat mense kommentaar daaroor, dis op die kleinste detail dieselfde. Haar persoonlikheid was vreeslik vatbaar vir sosiale media en inligting wat daar verkry word. Ek kan my kop op n blok sit, syt ook so plasing gemaak en verlore geraak in die kommentare. Sekere dinge wat vir haar n issue was, was die hoeveelheid seks.

Gaan kyk na al die plasings van seks wat skort en byna 90persent van die kommentare mik daarop dat die man iemand anders knyp. En dis wat my ex geglo het, tot in die murg van haar bene. Sommige kommentare reken so vrou moet dan maar ook n skelmpie knyp... dis presies wat sy gedoen het. Sy wou op die onmoontlikste tye seks hê wat ek dan geweier het. Syt dit nooit genoem waarom nie, syt net gesê dis geweier. Ja dis geweier, want daars n tiener seun wat in die huis dwaal en nuuskierig is oor die volwasse geluide in die kamer as ek na n week by die huis kom.

Syt ook gekla oor finansies wat skort, maar syt nagelaat om onderhoudgeld te eis van beide mans, en wanneer hierdie mans wel n bietjie inbetaal, is dit weerhou vir haar persoonlike plesiertjies. Ekt dit geweet, en ekt dit stilweg vir haar gegun, om iets vir haarself te kry. Syt nooit nodig gehad om te werk nie, het ook nooit rerig ambisie gehad om te wil werk nie. Ekt haar telkemale gevat na onderhoude wat sy dan self afgekeur het.

Op 35jaar oud het sy ook nie eers die oorgawe om haar bestuurslisensie te kry sodat sy meer onafhanklik kan wees en self haar seuns kan rondry nie. Nee, sy was die een wat n plasing maak van hoe sy in n tronk leef , vasgevang in n roetine waar sy niks vir haarself het en en en.

So, 3jaar later en eks nogsteeds gelukkig enkellopend en ek is so bly ek kon haar verlos van die hel waarin sy haarself bevind. Eks bly sy kon darem nou uiting gee aan haar gevoelens en begeertes soos voorgeskrewe deur veralgemeende kommentare deur almal. Sy is vry om te maak wat sy wil, en sy kon beide haar seuns by hul pa's aflaai. Duidelik was "ma wees" nie deel van haar lewensplan nie. So jammer ekt n "huis" probeer maak vir iemand wat dit nie so beplan nie.

Dan, iets op n ander noot. Is dit nie vreemd hoe mans gelable word as die geslag wat net op jag is vir een ding, maar tog is dit die nommer een ding waaroor vrouens kla waarvan daar tekort skiet? Sien nie eintlik mans wat kla oor hul kry nou te min nie. Mans word gekondisioneer om te kla dat hul nie genoeg kry nie. Anyway. Dis my storie. Dis my skrywe. Nou is dit van my bors af.

18/02/2026

Anoniem vra: Ek en my man is al 2 jaar bymekaar - in ons eerste jaar saam het ons n groot bakleiery gehad oor p**nografie. Hy het belowe hy sal nie weer nie

So vind ek uit dat hy verleee jaar nogsteeds die laaste paar maande daarna gekyk het.

Ek het met hom gepraat daaroor en hy draai alles terug na my toe, sê as ek meer “aandag” gee sal dit nie gebeur nie. Het dadelik alles na my toe gedraai en gesê wat ek verkeerd doen.

Ek is eerlik - vandat ek dit uitgevind het sukkel ek, want hoe kompeteer ek as vrou met sulke tipe goed? Hoe voel ek in die oomblik mooi en goed genoeg as ek weet waarna hy kyk?

Is dit regtig my skuld?

18/02/2026

Anoniem vra: Ek kort raad asb. Ek sukkel om te klimaks, ek het nog nooit en kom dit nou eers agter met die man wat ek sien.

Hy vat offense en d**k hy doen iets verkeerd, maar ek het net nog nooit nie. Ek weet ook nie hoe nie. Wat kan ek maak? Ek is 26

18/02/2026

Hoe verander 'n mens se sekslewe na kinders?



18/02/2026

Anoniem vra: Ek het n vraag vir die vrouens en mans. Ek en my verloofde is al n paar maande verloof en het al voorheen saam geslaap. Alles het goed gegaan in ons verhouding tot hy moeilikheid opgetel het by die werk...toe raak hy "distant" en het toe voorgestel laat ons glad nie meer seks he nie. Hy soen my skaars as hy kla gewerk het.

Ek het hom gevra hoekom en sy rede was dat hy aan sy verhouding met die Here wil werk maar hy verander niks anders as net die dat ons nie meer mag seks he nie.

Is daar iets wat ek verkeerd gedoen het was ek nie goed genoeg nie is dit net my man wat so is?

Uitenhage, vanaand is dit net vir julle girls 🌸Klits jou man se eiers land hier en dis daai tipe aand waar vriendinne sa...
17/02/2026

Uitenhage, vanaand is dit net vir julle girls 🌸

Klits jou man se eiers land hier en dis daai tipe aand waar vriendinne saam uitkom, lag tot die trane loop en sommer weer bietjie asem skep 😄💃

Geen filters, baie herkenning en daai lekker “ons verstaan mekaar” vibe wat net by ’n ladies night gebeur 🤭❤️

Uitenhage, – vanaand maak ons dit lig, lekker en vol lag 🥂✨

17/02/2026

Anoniem vra: Ek en my man is 36 jaar getroud. Daar is die afgelope jaar n dame wie se man oorlede is. Sy soek heeltyd by hom aandag en simpatie. Sy is heeltyd "all over" hom. Hy kry haar jammer en troos maar. Sy is besig om hom al nader te trek.
Terselfdertyd het sy behoefte na my heeltemal opgedroog. Geen seks, geen aanraking. Wat kan ek doen asb

17/02/2026

Anoniem vra: More. Ek het hulp nodig.
Ons vriende se man is op n baie jong ouderdom gediagniseer was met prostate kanker. Hy is deur die chemo operasies. Later getroud 2 pragtige kinders.
Kanker het weer op gewakker en hy weer deur alles.

Na die 2 de sessie chemo en operasies. Raak hy nie meer styf nie. Dokters het blou pille gegee maar dit werk nie. Hy het spice cubs,inspuitings oefeninge,voorskryf meds, onder tafel deur meds alles moontlik al probeer. Dokters se dat die skade te groot is en dat dit nou so is. Medies is daar niks wat kan help nie.
Hy is nog jonk 40.

Die probleem tans is dit het n ongelooflike nuwe effek op sy selfbeeld en op sy seks lewe. Ja hulle toys en speel. Hy voel dat sy hom nie nodig het in kamer nie want sy kan alles self doen so hy doen nie meer moeite nie. Hy soen haar nie eens meer hello of druk haar nie.

Hoe kan sy hom help om bietjie self vertroue te kry in kamer?
Ek en my man nou half in die middel want die man praat met my man en sy praat met my en ons kan sien dit stuur op n ramp af.
Die man praat van skei sodat sy vrou n 'regte' man kan kry.

Let wel die 2 mense is baie preets so vir hulle om dit met ons te deel was vir hulle baie erg. Want hulle glo seks is nie iets waaroor n mens praat nie. So ons voel dis hulle hulp kreet.

17/02/2026

Anoniem vra:
Ek weet nie wat ek vanaand wil hoor eintelik nie. Ek voel verward, verlore, bang, alleen en soos 'n mislukking.

Ek is onlangs weer enkel lopend na sô lank, met 'n klein baba.

Ek is en was baie lief vir die man, hy het ongelukkig 'n ernstige drankprobleem, en het my verniel tot op 'n punt waar ek moes uitstap.

Ons seksuele konneksie was out of this world, iets wat ek in my lewe nog nie gehad het nie.

Dit voel asof ek nou nooit weer iemand sal ontmoet nie, ek het 'n klein baba. Daars tyd vir niks anders nie, maar ek verlang na iemand aan my sy. Ek is ook bang dat ek nooit weer so seksuele konneksie sal kry nie. Ek wonder heeltyd wat hy doen, wie hy sien, dit wil my van my kop af dryf. Ek is 'n goeie mens, nog altyd, ek is aantreklik, ek was net nie genoeg vir hom om my te kies bô sy verslawing nie.

Hoe skakel ek af van die hartseer wat ek nie eers veroorsaak het nie? Hoe kom ek uit die g*t dat ek d**k ek sal eendag alleen doodgaan. Ek voel regtig verlore.

My hart is seer oor wat kon wees. My hart is eintelik seer vir my.

17/02/2026

Anoniem vra:
My vraag of raad wat ek soek is die volgende. Ek is effens meer as n jaar geskei en ek en my ex was helfte van my lewe saam. Ek is tans n 32 jarige man. Hoe gaan n man te werk as hy na konneksie en fisiese intiemiteit soek maar nie gereed is of kans sien vir n ernstige verhouding nie?

Daar was al 1 dame in tussen wat halfpad ernstig was maar sy het ook maar net bevestig dat dit tans beter sal wees vir my om alleen te wees. Ek lewe rerig vir die eerste keer in my volwasse lewe voluit en vir myself maar die eensaamheid vang my so elke nou en dan.
My hele lewe het in mekaar gestort met my egskeiding om rede sy al en alles was wat ek geken het. Ek het laaste 6 maande of so rerig weer myself en my lewe en my vrede opgebou, maar tog soos ek se die eensaamheid pla elke nou en dan sowel as fisies intiem wees.

Tans wat ek doen is myself besig hou met my stokperdjies wanneer hierdie gevoelens opduik maar dit raak al hoe moeiliker. Enige raad sal waardeer word aangesien dit die eerste keer is wat ek deur hierdie situasie gaan en alleen is. Net ter inligting sy was my eerste alles. Selfs my eerste en enigste romantiese verhouding.

Ek het ook al dating apps en so probeer maar om eerlik te wees sodra die ek en die dame intiem raak en gereeld gesels gebeur een van 2 dinge, hulle raak of bitter vinnig verlief en besitlik of hul ghost my.

17/02/2026

Anoniem vra: Dalk n paar opinies hoor. 'n Paarjie weet en besef mekaar se seksdrang, mediese issues, intimiteit en liefdestaal, ja mense verskil maar:
Waarom dan nie mekaar akkomodeer nie? Mekaar se "verwagting" verdra en uithelp nie?

n qu**ky, n hand bysit ens. Ek weet daar is plek en tyd vir behoorlike intimiteit, maar help mekaar en verhoed die gesmeek, verwerping, p**n en dalk skelmpie..... want dit SAL kom.

Help jou maat. Die gaan baie meer liefdevoller wees. Seks is nie als nie, maar daai orgaan gaan nie sommer afval/toegroei nie, gebruik dit, daar is selfs roompies. Die mind sal gou saamspeel. Julle het tog op n stadium, so hoekom gevrek raak?

Address

813 Rubenstein Drive
Pretoria
0181

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when GesondeSeks posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to GesondeSeks:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram