28/10/2025
My Narratiewe
Reis
Netjies toegedraai in my geheimsinnige boks skakel ek in by my mede studente as a eerste jaar student. Ek is vol moed om my lewenslange droom 'n realiteit te maak.
Treetjie vir Treetjie loer ek deur die gaatjies van boks om seker te maak dis veilig genoeg om die gaatjie groter te maak.
Hier ‘n woord, daar 'n woord net genoeg om nie die hele geheim te verklap nie. Hier in my boks is ek veilig maar onbetrokke. Baie kere wou ek my kop weer in die boks intrek en vergeet van my Narratiewe Reis.
Dit was nie die klas nie. Dit was nie die persoon wat die klas aangebied het nie. Dit was my gevoel. My lewe lank het ek in hierdie boks gebly want ek het gevoel ek pas nerens anders in nie. Ek is nie so goed soos ander nie. Om dan op te gee is maklik, maar tenspyte van die gevoel het ek tog elke week opgedaag vir aanlyn klas. Vanuit die gaatjie in die boks het ek begin waarneem, luister, bietjie vir bietjie het die g*tjie groter geword. Ek kon elke keer 'n bietjie langer deur die g*t my kop uitsteek en deel raak van die geselskap. Niemand het my veroordeel nie. Ek het toe besef dat ons almal daar was met ons geheimsinnige bokse vol stories van hartseer, teleurstelling, vrese, angs.
Dat almal se bokse anders gelyk het.
Partye mense sinne was met mooi papier versier om die hartseer weg te steek.
Elke boks het stories gehad om te deel.
Ek het besef dat om in hierdie boks te bly my nie gaan help nie. Nogsteeds versigtig het ek al hoe meer begin deelneem.
Hier in my eerste jaar het ek geleer dat dit veilig was om my stories uit my boks uit te haal en dit op die tafel neer te sit en saam met my mede studente sin daaruit te maak.
Ek was opgewonde,bang ag sommer al die gevoelens deurmekaar om my tweede jaar te begin. Dit was 'n jaar van hartseer,trane, blydskap, teleurstelling. 'n Jaar waarin ek geleer het dat wanneer ek kies om uit daai boks te klim en my stories te vertel ek plek maak vir meer stories oor myself en wie ek is om tot voorskyn te kom. Dit was 'n jaar waarin ek kon lyne trek om 'n kaart te vorm met my stories en iets nuuts van myself te leer.
'n Jaar waarin ons as studente mekaar kon help om 'n pen te neem en ons stories te herstruktureer en dit uit leef;
waarin ek geleer het dat ons uit ons bokse uit klim maar nooit die boks weg gooi nie want daar is altyd iets geheimsinnigs daar binne wat ons nog nooit voorheen gesien het nie.
Waneeer ek na my stories kyk, vra ek wat kan ek hierdeur leer en hoe kan ek ander daardeur help om hulle storie te herskryf.
My derde jaar.
Wat 'n ondervinding!
Hier het ons geleer om met ander te kommunikeer.
Hoe om te luister en vrae te vra sodat ons kliente hulle eie keuses kan maak.
Wat a Reis!
Wat a leerskool! Van pastorale terapie en stories skryf waartydens my gespreksgenote self besluite maak. Geen advies nie. Geen raad nie. Net saamstap en saamgesels.
In my derde jaar van my narratiwe reis het ek geleer om te luister en weer te luister en dan terug te gaan en te herontdek en die ontdekkings klas toe te bring sodat ons almal daaruit kan leer.
Ek het geleer dat ons almal verskillende bokse het maar dit is wat ons uniek maak.
Ek het deel geraak van 'n gemeenskap wat my aanvaar het soos ek is maar my nie gelos het soos ek was, want daar is altyd ruimte vir groei in my boks.
Kom word deel van ons storie by Coram Deo boks. Wie weet watter geheime ontdek jy daar oor jouself.