19/11/2025
Varingskloof se roete was weer ongelooflik mooi!
Wat ons als gesien en beleef het:
Die pragtigste voëlgeluide
die mooie uitsig tussen die berge en oor die dorp
Kewers en lakke
Fynbos, Watsonias,
Proteasspesies; - van die 'pink lady' tot die 'koning'!
Reuse bome in tonnelbos met digte matte mos en vele verskeie varingspesies! 🌿
Waterstroompies en yskoue poele
Sonja neem van Ockie die mees klassieke foto deur n hol boomstomp...! (Kyk gerus self) 🤭😆
Klomp vars lug en heerlike geselskap!
Dankie julle klompie, dit was n groot voorreg en plesier 🥰👍🏻
Deel gerus jul foto's!
Sien jou volgende keer 😁👌🏻