25/07/2025
Maak 'n Verskil met Net 67 Minute! 💖
Wie sou kon d**k dat 'n skamele 0.0127% van jou jaar so 'n reuse-impak kan hê? Met 67 minute op Mandeladag is dit presies wat gebeur het, en by Ons Tuiste was ons bevoorreg om dit vanjaar te beleef!
Ons hartlike dank gaan uit na die wonderlike span van Clover! 🍀 Hulle 18 werknemers het hul 67 minute saam met die inwoners van Kosmoslaan kom deurbring. Dit was 'n dag vol lag en samesyn, waar daar legkaarte gebou, bingo gespeel, en selfs handskoene gebrei is. Die verrassing van heerlike jogurt ná die aktiwiteite en die skenking van items aan ons kombuis was die kersie op die koek!
Dit was duidelik dat hierdie span die dag net soveel (indien nie meer nie!) geniet het as ons inwoners. Dit bewys weereens dat elke klein gebaar 'n wêreld se verskil kan maak.
Dankie, Clover, vir julle omgee en vir 'n onvergeetlike Mandeladag!
Engo Free State