Caylen's Journey

Caylen's Journey

Caylen is a 12 year old Boy Fighting Osteo Sarcoma Cancer. Aug 2023 - Sept 2024

October 2024 - Caylen has been healed! Cancer Free!!

Alle Eer aan Ons Hemelse Vader!! 🙏🏻🙏🏻❤️❤️ Recovery and Healing Journey

01/11/2025

Hi Julle

SAWV Radio gaan 5uur vanmiddag onderhoud uitsaai met Caylen en ons.

As julle daarna wil luister, onderaan is die link vir die radiostasie

💛🌻 Liewe Held 🌻💛Jy, dapper kind, is sterker as wat woorde ooit kan sê.Elke dag wat jy opstaan, elke glimlag te midde van...
05/09/2025

💛🌻 Liewe Held 🌻💛

Jy, dapper kind, is sterker as wat woorde ooit kan sê.
Elke dag wat jy opstaan, elke glimlag te midde van pyn, elke laggie wat deurbreek al voel jy swak – dit maak jou ’n ware held.

Ons sien jou moed, ons voel jou hoop, en ons dra jou in ons harte. Jy wys vir ons grootmense hoe om vas te hou, hoe om te glo, en hoe om nooit moed op te gee nie. 🌈✨

Aan jou wat nog veg: mag jy altyd onthou dat jy nie alleen is nie. Daar is ’n hele wêreld wat saam met jou hoop en saam met jou bid.

Aan jou wat reeds jou stryd klaar geveg het: jy het ’n lig agtergelaat wat nooit sal doof nie. Jy het die wêreld mooier gemaak met jou kort tyd hier, en jou naam sal altyd in liefde gefluister word. 🕊️💛

Liewe held, jy is kosbaar, jy is geliefd, en jy is ons inspirasie.
Die goue lint wat ons dra, dra ons vir jou. 🌻

Hallo JulleHoop dit gaan nog goed met julle almalDit gaan uitstekend met CaylenGesond en Fris😀1st Kwrt was goed by die s...
24/04/2025

Hallo Julle

Hoop dit gaan nog goed met julle almal

Dit gaan uitstekend met Caylen
Gesond en Fris😀

1st Kwrt was goed by die skool en verbassend goed aangepas en mooi rapport gekry, hy doen regtig Baie goed.

Scans was ook weer gedoen vd 2de Kwrt en Caylen is steeds mooi skoon. Alle Eer aan ons Vader🙏🏻🙏🏻

Ons belofte aan God was om n getuienis te doen en Sy naam te verheerlik,

Versprei asb wyd en suid
Laat baie mense geraak kan word deur hierdie wonderwerk wat God gedoen het

Ons moet mense bewus maak dat God nogsteeds wonderwerke doen en dat Hy Almagtig is en niks onmoontlik is vir Hom nie!

https://youtu.be/Dq8Ynjb8fyk?si=edy5nNOVpsmnyzzF

Lekker Aand Julle
Baie liefde❤️❤️

Hi JulleEn daar is Caylen Woensdag soos n "Normale" kind skooltoe ( Gr 9 - 2025) Na n diagnose van fase 4 kankerNa n jaa...
19/01/2025

Hi Julle

En daar is Caylen Woensdag soos n "Normale" kind skooltoe ( Gr 9 - 2025)
Na n diagnose van fase 4 kanker
Na n jaar se geveg vir sy lewe in hospitale,chemo behandeling en operasies.
Alle Eer aan God vir hierdie wonderwerk
En dankie Caylen dat jy deur geveg het en nie 1 keer opgegee het nie
Die Here sal jou nou dubbelvoudig seen vir dit wat jy laasjaar verloor het.
Die boeties is weer bymekaar in die skool😁
Die week was n goeie week, Caylen's Journey het so geniet om weer in n klas te sit, in skool boeke te skryf, na onderwysers te luister, n tas te dra en deur skoolhekke te loop, saam maats pouse deur te bring en ons alles bd huis te kom vertel.

Die opgewondenheid in sy oe was so lekker om te sien. Ons Dank ons Hemelse Vader vd wonderwerk EN Sy Genade🙏🏻♥️

14/01/2025

Hi Julle, nou net Prof gesien en resultate gekry,

Caylen se scans is alles *SKOON*

Alle Eer aan ons Hemelse Pappa🙏🏻❤️

Hi JulleCaylen's Journey gaan more oggend vir sy 1st opvolg scans vir 2025. Deur die jaar sal ons 4x scans doen, elke kw...
13/01/2025

Hi Julle

Caylen's Journey gaan more oggend vir sy 1st opvolg scans vir 2025. Deur die jaar sal ons 4x scans doen, elke kwartaal scans.

Ons glo en Vertrou ten volle Dat Caylen steeds skoon is van enige kanker en infeksie. Deur Jesus se wonde het daar genesing gekom🙏🏻 Ons dank die Here klaar vir more se skoon scans en goeie resultate.

Hou asb vir Caylen in Jul gebede, Dat ons sal aanhou gesondheid oor Caylen spreek en bid. 🙏🏻

Dankie vir Al julle liefde, omgee en gebede vir ons kind, Dat ons saam Kan staan, hande Kan vat en in gebed saam Kan buig en hande na Bo Kan lig🙏🏻

Ons waardeer julle almal so baie, en Meeste dankie aan Ons Vader wat ons gebede verhoor❤️🙏🏻

More JulleGeseende Nuwe Jaar vir julle almal, mag 2025 net n goeie jaar wees🙏🏻❤️*Net n update oor Caylen* Dit gaan baie ...
08/01/2025

More Julle

Geseende Nuwe Jaar vir julle almal, mag 2025 net n goeie jaar wees🙏🏻❤️

*Net n update oor Caylen*

Dit gaan baie goed met Caylen. Hy loop al sonder krukke en het n mooi kop hare al terugge groei wat effe gel Kan vat😁

Hy lyk sommer baie goed en kan nie wag dat die skole begin nie. Hy gaan ook weer terug skool toe Gr 9 na al sy vriende.

Caylen se 1ste 3maande opvolg sal ook hierdie maand gebeur en ons sal jul op hoogte hou van dit ook.🙏🏻

Ons gee God al die Eer vir hierdie wonderwerk wat Caylen is🙏🏻Joshua 1:9

Lekker Dag vir julle almal

Groete
Die Venters

1 Desember 2024  Wat n voorreg om jou 14de Verjaarsdag saam jou te kon vier! Ons dank Liewe Jesus elke dag vir jou, jou ...
04/12/2024

1 Desember 2024


Wat n voorreg om jou 14de Verjaarsdag saam jou te kon vier! Ons dank Liewe Jesus elke dag vir jou, jou gesondheid! Die Here se Genade is onbeskryflik groot! Ons is so trots op die seun wat jy is Caylen's Journey jou hart is uniek en besonders mooi, vanaf Kleins het jy net so mooi hart gehad.

Mag jy altyd jou vegters gees behou en altyd staan vir wat is reg! Hou die Dawid binne jou, want dit word so min gekry. Jy maak n groot verskil in Baie lewens en weet jy gaan nog Meer met Tyd n ongelooflike pad stap in die Eer van Ons Here se ma'am.

So ongelooflike lief vir jou🙏❤️

Joshua 1:9

Hi JulleOns wil graag help om Caylen's Journey se verjaarsdag wens waar te maak, Caylen verjaar nou 1 Desember (Sondag) ...
28/11/2024

Hi Julle

Ons wil graag help om Caylen's Journey se verjaarsdag wens waar te maak, Caylen verjaar nou 1 Desember (Sondag) en wil ons graag sy dag ekstra spesiaal maak asook sy wens vd Iphone 15 graag te bewaarheid. Ons sal elke bydrae tot Caylen se wens opreg waardeer om hierdie moontlik te maak

Ons is so dankbaar vir elke gebed, elke boodskap, liefde en ondersteuning deur Caylen se Journey❤️🙏
Voel gerus om self ook n messenger te stuur, indien privaat wil boodskap🙏

Baie liefde

27/11/2024

Caylen's Journey vorder goed❤️🙏

Hi JulleNet so vinnige *Update*Ons is terug in Bloem, bd huis. Baie dankbaar🙏🏻Caylen was die naweek ontslaan Caylen gaan...
27/11/2024

Hi Julle

Net so vinnige *Update*

Ons is terug in Bloem, bd huis. Baie dankbaar🙏🏻Caylen was die naweek ontslaan

Caylen gaan vir nou eers met n loopring rond beweeg, tot hy meer gemaklik is om te loop en dan oorskakel na Krukke. Linkerbeen wat die volle knievervanging het, kan hy 100% gewig op dra, regterbeen wat die groeiplaat uitgehaal is bd knie, nie meer as 50% gewig op die been nie, oor die been maklik n fraktuur nou kan kry, die regterbeen gaan so plus minus 6 weke vat om vas te groei dat Caylen weer gewone gewig kan dra.

Caylen hanteer die pyn redelik baie goed, vra bitter min vir pynpille🙏🏻 Sy gemoed is sommer nou baie beter om te weet die groot operasie is agter die rug en dis nou verby🙏🏻Nou kan hy net genees en sterk word en weer sy kindwees ten volle geniet🙏🏻Alle dank en eer aan ons Vader.

Fisio sal ook verder voortgaan, en moet ons die 17de weer by die Chirurgh wees vir n opvolg op albei bene.

Dankie vir elke boodskap en gebed, julle bystand, liefde en omgee waardeer ons opreg🙏🏻❤️

Address

Bloemfontein

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Caylen's Journey posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Caylen's Journey:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram