Medisinale organiese groentetuine

Medisinale organiese groentetuine Groente met medisinale waarde is daardie groente wat anti-oksidante en vitamiene verskaf aan die liggaam. Nie alle groente word so verbou nie.

Hier leer ons jou die verbouiingsmetode.

🌿 TUINWENK VIR DIE REËNSEISOEN! 🌿Nou is die perfekte tyd om jou meerjarige plante — soos clivias, daglelies en agapanthu...
11/10/2025

🌿 TUINWENK VIR DIE REËNSEISOEN! 🌿

Nou is die perfekte tyd om jou meerjarige plante — soos clivias, daglelies en agapanthus — te voer met CLIVIA MIX om daardie ekstra somerblomme aan te moedig. 🌸

Al is jou clivias amper klaar met blom, kan hulle steeds deur clivia-wurms aangeval word. 😬

Wenke:
1️⃣ Voed eers die grond met Clivia Mix.
2️⃣ Spuit dan gereeld jou Trelmix blaarvoeding.

👉 Die wurms sal vinnig verdwyn en jou plante sal gesond en vol blomme bly!

Om Arina se volledige maandelikse doenlys te kry, sluit aan by haar tuinmaak WhatsApp-groep deur jou naam, woonarea, ENG/AFR te stuur +27823315434.

03/10/2025
DIE NAWEEK VAN BLOMMETJIES EN VRUGGIES Ja, dit is hierdie naweek die ideale datum om nog bietjie saad te saai vir die so...
03/10/2025

DIE NAWEEK VAN BLOMMETJIES EN VRUGGIES

Ja, dit is hierdie naweek die ideale datum om nog bietjie saad te saai vir die somermaande. Die ontkiemings syfer van sade is nou hoog, alhoewel dit nog nie 2 dae voor Nuwe Maan is nie. Maar die nag temperature en die groei van die lente, en natuurlik ook die bietjie reën wat ons gekry het in die Noorde, help om sade nou te stimuleeer vir vinnige ontkieming.

Plant nou die sade van jou soetrissie, eiervrug, waatlemoen, spanspek, en ‘n 2e sarsie van jou tamaties, komkommers, pampoene, skorsies, baby marrows, en butternut.

Op die foto is die blomme van Sweet Williams, ‘n meerjarige blommer wat ons in die lente van 2024 gesaai het en wat ‘n jaar neem om hierdie prag prentjie te verskaf, sonder enige intrede met kunsmis of blaarvoeding, net water. So ook die meerjarige akelei en Campanula (cups and saucers wat onder die skaduwee bome pronk.

Vir die sonskyn van die somer kan jy nou salies, gras angeliere, hanekamme, molucellas, roomkleurige Afrikaners, en nog ‘n magdom interessante en kleurvolle sade plant. Vul jou tuin met net ‘n paar pakkies sade en geniet die kleure van die somer.

Sukkel jy om sade te ontkiem? Laat weet my waarmee jy sukkel per wattsup 0823315434 en dalk het ek die oplossing om vir jou aan te stuur. Om saad te ontkiem is nie groenvinger tegnieke nie, ook nie spesiale tonnelhuisies of duur besproeiings produkte nie. Net ‘n paar reëls om te volg en ‘n oog om jou sade mee dop te hou tot ontkieming.

Die ander geheim is die oorplanting van ontkiemde sade.

🌿 CYCADS, Tuiniers in Gauteng, neem kennis!Wurms is mal daaroor om broodbome in die lente en somer aan te val.✅ Beskerm ...
20/09/2025

🌿 CYCADS, Tuiniers in Gauteng, neem kennis!
Wurms is mal daaroor om broodbome in die lente en somer aan te val.

✅ Beskerm joune betyds:

* Gooi ’n dik laag kompos as grondkombers (veral vir broodbome in potte).
* Spuit TRELMIX gereeld op die blare.
* Pasop vir geel spikkels – dit is ’n waarskuwingsteken.

Hou jou broodbome gesond voordat die peste toeslaan!

📌 Oorgeneem uit Arina Duvenhage se September Tuin-Taaklys namens Garden of Eden Garden School.

📲 Om by Arina se maandelikse tuin WhatsApp-groep aan te sluit, stuur jou naam, woongebied en Afr/Eng na: +27823315434.

IS JOU POTGROND OUD?Ons is deur die jare geleer dat jy elke jaar jou potgrond moet vervang, want dit raak oud en uitgewe...
20/09/2025

IS JOU POTGROND OUD?

Ons is deur die jare geleer dat jy elke jaar jou potgrond moet vervang, want dit raak oud en uitgewerk.

En so koop ons elke jaar nuwe potgrond, en GLO dit is nou beter as die wat ons uitgegooi het. Maar, die biologiese kennis van potgrond het vir ons net die teenoorgestelde geleer. Potgrond is alleenlik “oud” as daar geen aerobiese organismes meer teenwoordig is in die potgrond nie. Daardie toe sak potgrond wat jy by die winkel koop… is daar enige aerobiese organismes in daardie sak? NEE.

Dus, moet enige nuwe sak potgrond verryk word met aerobiese organismes, deur aerobiese kompos-ekstrakwater daaroor te gooi elke maand. As jou potgrond dus oud is, moenie die grond vervang nie… gooi net kompos-ekstrakwater daaroor, of vul die pot op met nuwe aerobiese potgrond of groentegroeimedium, of vrugteboomgroeimedium, of roosgroeimedium.

Hoe weet jy of jou potgrond aerobiese organismes bevat?

Plaas die grond in jou hand. Druk jou hand toe en kyk of dit oopval en of dit ’n bolletjie maak. Goeie potgrond maak ’n bolletjie in jou hand, want dit bevat bakteriële gomme en glomalin, wat dit aanmekaar laat kleef.

Goeie potgrond behou die vog as jy dit natmaak en die water loop nie dadelik onder uit die pot nie.

VRYDAG, 19 SEPTEMBER IS GROOT PLANTDAGSeptember maand is die tydperk wanneer sade die vinnigste ontkiem, want die dag en...
19/09/2025

VRYDAG, 19 SEPTEMBER IS GROOT PLANTDAG

September maand is die tydperk wanneer sade die vinnigste ontkiem, want die dag en nag temperature is so gemiddeld en naby mekaar. Sommige dorpe het alreeds bokant 30 grade Celsius en hulle moet die sade in die semi skaduwee berg.

19 September is 2 dae voor Nuwe Maan en enige sade kan dan geplant word. Maar, hier is die meer volledige lys:

🌱BLAAR GEWASSE: spinasie, blaarslaai, kool, seldery (vir skaduwee), roket, cilantro
🌱VRUG GEWASSE: tamaties, komkommers, baby marrows, patty pans, soetmielies, pampoen, skorsie, eiervrug, soetrissies en rissies, waatlemoen en spanspek
🌱WORTELGEWASSE: wortels, beet, rooi uie, gras uie, prei, spriet uie, aartappels
🌱PEUL GEWASSE: boontjies
🌱RANK GEWASSE: rank boontjies
🌱KRUIE GEWASSE: basielkruid, summer savoury, dill, fennel, oreganum, tiemie, sorrel, italiaanse pietersielie

Ons bied nog vir die res van September maand en Oktober maand ons groente kursusse aan. Kom leer dus hoe om groente in potte en klein tuintjies te plant en ontvang ‘n boek met inligting oor die weeklikse versorgings plant en hoe om saailinge se intelligensie te verander sodat die plant kan aanleer om sy voeding te ontvang via die organisme sisteem en nie via die kunsmis sakkie nie. Kontak Arina by 082 331 5434 vir meer inligting oor hierdie kursusse en watter videos jy kan bestel indien jy nie ons kursus kan bywoon nie.

Het jy geweet dat buiten voeding, is die snoei van vrugdraende groente die grootste rede hoekom jou tamatie plant 60+ tamaties kan vorm en ‘n komkommer 80 – 100 vrugte kan vorm.

Hierdie tegnieke word ook vanjaar ingesluit in ons kursus. Bespreek nou al jou plek op die kursus. Eerskomende saterdag, 20 September is ons lesing op Vanderbijl park en daar is nog 6 spasies oor op die kursus.

🌿 GROENTETUINE IN DIE BEGIN VAN SOMER 🌞Die skielike somerhitte gooi ons winter-groentetuine in chaos! Luise 🐛 en siektes...
17/09/2025

🌿 GROENTETUINE IN DIE BEGIN VAN SOMER 🌞
Die skielike somerhitte gooi ons winter-groentetuine in chaos! Luise 🐛 en siektes soos roes 🍂 floreer in hierdie weer.

Moenie dat hulle wen nie.

✅ Gooi jou Kompos Ekstrak Water
✅ Vul minerale aan met GROENTEMENGSEL
✅ Spuit TRELMIX blaarvoeding as jy probleme sien

Hou jou tuin gesond deur die seisoensverandering! 🌱🥕

Oorgeneem uit Arina Duvenhage se September Tuin-Taaklys
Namens Garden of Eden Tuinskool

Die volledige lys word elke maand aan die begin met haar tuin-WhatsApp-groepe gedeel.
📲 Om aan te sluit, WhatsApp jou naam, woongebied en Afr/Eng aan Arina (+27823315434)

5 Foute om te Vermy Wanneer Jy in September SaaiAs ek na al die vrae kyk wat ek in Augustus ontvang het, rondom die ontk...
16/09/2025

5 Foute om te Vermy Wanneer Jy in September Saai

As ek na al die vrae kyk wat ek in Augustus ontvang het, rondom die ontkieming van saad, dan het die volgende probleme na vore gekom:

1. Saad kry te veel water
Jy moet nie elke dag jou saad van bo af natmaak nie, want dan sak die saad te diep in die grondmedium en kan nie ontkiem nie. Maar die bokant moet nie uitdroog nie. Sit dus jou saailing bakkies in ‘n diep plastiek houer, wat dien as “greenhouse”.

Ek maak net my saailingmedium 1x nat voor aanplanting en hou die deksel op sodat die vog kan kondenseer; dan hoef ek nooit weer nat te maak nie.

2. Saad staan te lank in water
As jou saailingbakkies in water staan om die vog van onderaf op te trek, moet dit nie vir langer as ‘n uur in daardie water staan nie.

3. Saad is uitgedroog aan die bokant
Veral ass jy wortels direk in die grond plant, wat 10 dae neem om te ontkiem, moet die grondmedium nooit uitdroog nie. Dus, gooi ek vir daardie 10 dae ‘n rypdoek oor die grond, sodat die grond se vog kan kondenseer onder die rypdoek.

4. Jou gemiddelde dag en nag temperature is te laag en die saad kan nie ontkiem nie
Party tuiniers in SA het nog nag temperature van onder 8 grade Celsius en hulle saad kan nie ontkiem nie, selfs al is die dag temperature bokant 25 grade Celsius. Daarom moet jy ‘n 80 liter deurskynende plastiekhouer aanskaf om jou saailingbakkies in te plaas, wat jy 15h00 kan inbring na die sitkamer toe. Sodra die dag en nag temperature met meer as 15 grade Celsius verskil, verminder die ontkiemings ratio.

5. Jy plant nie gou genoeg jou saad oor vanaf saailingmedium na groente groeimedium toe nie.
Jou blaar gewasse moet oorgeplant word voordat die stammetjie 1cm lank is, of jy moet die stammetjie begrawe wanneer jy oorplant. Vir vrugdraende groente kan jy wag tot die stammetjie 3cm lank is en dan oorplant. Ontkiemde saailinge word oorgeplant in groente groeimedium…nie groentemengsel nie.

LEKKER PLANT IN SEPTEMBER

WAT OM MET JOU CLIVIAS TE DOEN HIERDIE SEPTEMBERJou tuin is dalk vol blomme onder die bome, maar daardie blomme neem bai...
04/09/2025

WAT OM MET JOU CLIVIAS TE DOEN HIERDIE SEPTEMBER

Jou tuin is dalk vol blomme onder die bome, maar daardie blomme neem baie energie van die plant. Onthou dus om jou clivias te voed met CLIVIA MENGSEL, en sodra die blomme verwelk, moet die plant behandel word met 5ML TRELMIX in 1 liter water, wat om die wortels gegooi word—ongeveer 1 liter per vierkante meter plante. Anders kom loer die clivia-wurm vinnig in.

Só bly jou clivias gesond en wurmvry. 🌸🌱

Oorgeneem uit Arina Duvenhage se September Tuin-Taaklys
Namens Garden of Eden Tuinskool 🌿

Die volledige lys word elke maand aan die begin met haar tuin-WhatsApp-groepe gedeel.
📲 Om aan te sluit, WhatsApp jou naam, woongebied en Afr/Eng aan Arina (+27823315434)

so begin ons nuwe somer seisoen met die uitplant van saailinge in die beddings. Die nag temaperature is baie hoër as and...
03/09/2025

so begin ons nuwe somer seisoen met die uitplant van saailinge in die beddings. Die nag temaperature is baie hoër as ander jare en ek wonder wat gaan dit vir ons bring?
Het jy al begin plant? Of wag jy nog vir die laaste koue om op ons neer te daal?

Address

Buffelsfontein Plaas, NV 40, Magaliesburg
Boksburg
1739

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Medisinale organiese groentetuine posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Medisinale organiese groentetuine:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram

GESONDE GROND = GESONDE VOEDSEL = GESONDE MENSE

Nadat my moeder oorlede is aan kolonkanker, die oorerflike een, en ek reeds tekens getoon het van kankervorming in my bors en kolon, het ek besluit om verder te gaan studeer in hierdie onderwerp. Dit het my geneem tot die studies van Dr. Albrechts en dr. Carey Reams wat onderskeidelik dieselfde studies onderneem het. Met die verdere holistiese ondersoeke het ek ontdek dat die grootste rede vir ons liggaam se siektes, uit ons grond kom. die tekorte van sekere basiese minerale, maar ook veral die vreeslike tekort aan grond organismes. Na 2 jaar se studie van verskeie wereldkenners op die gebied van grond en grond organismes, het ek afgekom op die antwoord en het’n kursus saamgestel sodat ek vir elke persoon wat sukkel met sy gesondheid, kan help om ‘n oplossing te vind vir sy genesing.

GESONDE GROND BIED GESONDE VOEDSEL GROEI GESONDE MENSE.