30/08/2025
Hierdie platvorm is bekend vir sy sterk meerkoppigie basters. Die VP 8405-reeks produseer sterk groeikragtige saailinge wat noodsaaklik is vir ‘n goeie plantestand. Die reeks is baie goed aangepas in die westelike en oostelike produksiegebiede en handhaaf goeie prestasie by verskillende opbrengspotensiale.
VP8405BR presteer baie goed in die hoë potensiaal gronde van die Vrystaat en Noordwes en toon goeie siekteweerstand. VP8405BR is 'n toppresteerder in die nasionale mieliekultivarproewe in die westelike gebiede, watertafel gebiede en oostelike gebiede.