21/02/2026
Dit was só ’n voorreg om met Jabaar Cassiem Mohamed – Deaf Producer en TV-aanbieder – te kon gesels en verduidelik wat presbyopie is 🤍
Om vir ’n dowe persoon in eenvoudige, duidelike taal te verduidelik dat dit normaal is om rondom 40 te begin sukkel met naby lees, was vir my besonders. Presbyopie beteken nie jou oë is “stukkend” of “oud” nie – dit is ’n natuurlike proses waar die lens in jou oog minder buigsaam word. Dis deel van lewe. Dis oké.
Jabaar het my sommer ’n paar gebare geleer 🙌 maar die mooiste oomblik was toe hy self ervaar hoe dit voel om weer duidelik ver en naby te kan sien – en die verligting dat daar nie ’n groot probleem is nie, net ’n normale verandering wat ons kan help regstel.
Hy maak ’n groot verskil in die dowe gemeenskap deur inligting toeganklik te maak. En dit is presies wat ons met ooggesondheid ook moet doen – kennis deel, opvoed, verduidelik. Want wanneer mense verstaan wat met hul oë gebeur, verdwyn die vrees.👏🏻
Camarena by Spectacle World maak seker, Oog-informasie is opvoeding. Opvoeding is bemagtiging. 👀✨🙌🙌
Kom ons praat meer oor oë. Kom ons maak kennis toeganklik vir almal.