07/08/2023
Ons as ouers sit soveel druk op onsself om die perfekte ouer te wees, die beste wat jy kan wees tog is ons so krities op onsself. Ons ervaar soms uitdagings met ons kinders (gedrag, emosioneel, sosiaal) en kom ons wees eerslik nie een van ons het 'n 'manual' gekry met hulle geboorte nie.
Kom stap hierdie 8 weke saam met my sodat ek jou kan bystaan en die regte gereedskap gee om hierdie uitdaging van ouerskap makliker te kan aandurf.
Hierdie is nie 'n ouerskap kurus waar ons 'snowflakes' groot maak nie maar kinders wat selfversekerd is en wat hulle eie probleme kan op los. Kinders wat konflik positief kan hanteer en emosioneel gesond kan ontwikkel.
Ek sien uit!