09/03/2026
📣 Aankondiging📣
Ons wil graag aankondig dat ons biokinetika-praktyk se tyd by Hoërskool Bellville tot 'n einde gekom het.
Na 6 wonderlike jare by die skool wil ons uit die diepte van ons harte dankie sê aan al die ouers en leerders vir al die jare se vertroue in ons dienste.
Dit was 'n groot eer om deel van jul sport- en herstelloopbaan te kon wees.
Ons wil ook dankie sê aan die skool en wens die skool alle sukses toe in die toekoms.
Ons sien uit na 'n nuwe begin in die Noordelike Voorstede en sal julle op hoogte hou van wat ons beplan.
🙏 Baie dankie vir almal se ondersteuning.
Die UPT span