15/03/2026
My naam.is Claudia en hy' - terwyl sy stip na die liggaam onder die silwer SAPS laken kyk..."hy is my seun, Rodwin"
Terwyl ons Vrydag, 27 Februarie 2026 na die toneel uitgery het - het 'n laat middag windjie hom tuis gemaak oor die hange van Stellenbosch.
Saggies was die koue verdryf deur die sterk liefdes-band tussen die ma en haar lewelose seun - 'n toneel ongewoon tog menslik.
Selfs hier tussen die paaie van Stellenbosch lê daar vandag 'n baken wat bevlek is met Claudia se trane vir haar seun - die liefde van 'n ma is onvoorwaardelik...en Claudia pas soos 'n handskoen in dié gesegde.
SAPS Stellenbosch het ons laat-middag gekontak oor die sterfte van Rodwin en hom geklassifiseer as die "hawelose" wat gedwaal het in die midde-dorp van Stellenbosch.
Tog, was die toneel gevul met empatie en baie ondersteuning teenoor Claudia en Johannes deur die manne in blou - 'n sagte kant van hulle, heeltemal sigbaar en indrukwekkend - hulle is ondersteunend en hul empatie opreg.
Hulle is opreg dankbaar vir Rodwin SE mammie wat tenspyte van sy keuse om op die straat te bly, vir hom voorsiening gemaak het, sou hy eendag sterf.
Ons tyd SAAM met Claudia en Johannes was leersaam, 'n regte 'eye-opening' geleentheid...'n ontmoeting opgevang in liefde en oomblikke van sorgvrye gelag.
"Hy is my seun, Hillary" die aanhaling, sal altyd 'n spesiale plekkie in my hart opneem as ek weer 'n hawelose teëkom.
Vir baie was hy die "bergie" wat gewandel het in die middedorp se strate - tog, vir die manne in blou en vir sy ma was hy 'n seun met 'n naam, 'n identiteit...'n seun wat liefgehad was deur sy susters en sy broers.
Rodwin SE sterfte het refleksie-tyd aangewakker.
Deur sy sterfte het ons geleer dat elke lewe van onskatbare waarde is - en dat elke lewe opgevang is in 'n agtergrond-skets.
Soos ons saam met Rodwin se familie en vriende langs sy oop graf gestaan het, het ons bewus geraak van die liefde wat altyd - maar altyd sal oorwin.
Vir Claudia was hy haar seun, die kind aan wie sy geboorte geskenk het - die kind vir wie sy elke jaar 'n partytjie gegee het op die straat.
Rodwin
...is die naam wat met soveel liefde oor haar lippe rol.
Die liefde is soveel dieper as wat die menslike-oog ooit kan sien🌻
Liefde en Lig❣️