Carlin Intervensie Sentrum

Carlin Intervensie Sentrum Holistiese ondersteuning vir kinders – met insig, kundigheid en hart deur multidissiplinêre intervensie.💚👑🧠🌿

Geseënde Geloftedag 💚
16/12/2025

Geseënde Geloftedag 💚

💚🧠🌿
14/12/2025

💚🧠🌿

Hoe waar is hierdie nie!? 💚🧠👑
25/11/2025

Hoe waar is hierdie nie!? 💚🧠👑

🌿Spelterapie by Carlin Intervensie Sentrum:Jahné help om deur spel (speel) woorde aan gevoelens te gee.🌈💚
04/11/2025

🌿Spelterapie by Carlin Intervensie Sentrum:

Jahné help om deur spel (speel) woorde aan gevoelens te gee.

🌈💚

Wees reg vir jou laaste Wiskunde eksamens vir 2025:
03/11/2025

Wees reg vir jou laaste Wiskunde eksamens vir 2025:

🌿 Arbeidsterapie by Carlin Intervensie Sentrum:“Marolien help klein handjies groot dinge doen”✋🏼💚
03/11/2025

🌿 Arbeidsterapie by Carlin Intervensie Sentrum:

“Marolien help klein handjies groot dinge doen”

✋🏼💚

🌿Spelterapie (Play therapy) by Jahné Schaap:
31/10/2025

🌿Spelterapie (Play therapy) by Jahné Schaap:

Kontak Juffrou Mieke vandag nog vir u kind se plekkie! Die Wiskunde eksamens is om die draai 😉🙂
28/10/2025

Kontak Juffrou Mieke vandag nog vir u kind se plekkie! Die Wiskunde eksamens is om die draai 😉🙂

Baie geluk met Juffrou Carla se verjaarsdag! 🎉Mag jou dag gevul wees met mooi oomblikke, glimlagte en mense wat jou waar...
24/10/2025

Baie geluk met Juffrou Carla se verjaarsdag! 🎉
Mag jou dag gevul wees met mooi oomblikke, glimlagte en mense wat jou waardeer soos ons almal by Carlin doen. Dankie vir jou inspirasie, jou kalm teenwoordigheid en die hart waarmee jou ons lei. Mag die nuwe jaar vir jou net mooi dinge bring — vrede, gesondheid en baie rede om te glimlag.

💚WE LOVE YOU 🤍

Ontmoet die span by Carlin Intervensie Sentrum:🌿 Remediërende terapeute: Carla Delport , Marna Grundlingh en Ané Foonk 💚...
19/10/2025

Ontmoet die span by Carlin Intervensie Sentrum:

🌿 Remediërende terapeute: Carla Delport , Marna Grundlingh en Ané Foonk 💚🧠🌱👑

🟢 Wat is Remediërende terapie?

Remediërende terapie is onderrig aan kinders wat sukkel met spesifieke leerareas, byvoorbeeld lees, skryf of wiskunde. Die terapeut gebruik gestruktureerde, individuele en speelse aktiwiteite om die kind se unieke leerbehoeftes aan te spreek.

🟢 Doel van remediërende terapie:
• Om leer en leesprobleme vroegtydig te identifiseer, asook akademiese skoolgereedheid uitdagings en ok dit reg te stel
• Om die kind se selfvertroue en motivering te verbeter
• Om onderliggende vaardighede soos geheue, konsentrasie, taal en redenasie te versterk
• Om die kind te help om weer op graadvlak te funksioneer of hoër.

🟢 Wie baat by remediërende terapie:

Kinders wat:
• Agterstand toon in skoolgereedheid, lees, spel en wiskunde
• Aandag- of konsentrasieprobleme het as gevolg van perseptuele agterstande (👀👂🏽🗣️)
• Stadiger vorder as hul maats
• Leerprobleme soos disleksie, diskalkulie of dispraksie het
• Onseker of bang is om te leer, weens vorige mislukkings
• Moeite het met taakorganisasie, begrip of luistervaardighede.

🟢 Voordele van remediërende terapie:
• Verbeter akademiese prestasie
• Bou selfvertroue en leerlus
• Versterk aandag en geheue
• Help die kind leer om met selfvertroue skooltake aan te pak
• Ondersteun die ouer en onderwyser met praktiese strategieë vir tuis en skool.

Ontmoet die span by Carlin Intervensie Sentrum:🌿Arbeidsterapeut: Marolien Vermeulen 🌳🦶🏼✋🏼👀👂🏽👃🏼👄🟢 Wat is Arbeidsterapie?A...
16/10/2025

Ontmoet die span by Carlin Intervensie Sentrum:

🌿Arbeidsterapeut: Marolien Vermeulen 🌳🦶🏼✋🏼👀👂🏽👃🏼👄

🟢 Wat is Arbeidsterapie?

Arbeidsterapie help kinders om al die dinge te leer en te doen wat hulle elke dag nodig het – op ’n manier wat pret en betekenisvol is!

’n Arbeidsterapeut gebruik speel, oefeninge en aktiwiteite om kinders te help om sterker, meer selfstandig en selfversekerd te word.

🟢 Arbeidsterapie help met:
• Konsentrasie en aandag
• Handskrif en fynmotoriese vaardighede (soos knip, teken en skryf)
• Grootmotoriese vaardighede (balans, spring, klim)
• Sensoriese verwerking (hoe jou kind dinge soos geraas, aanraking en lig ervaar)
• Beplanning en organisasie
• Selfhelpvaardighede (soos aantrek, eet, skoene vasmaak).

🟢 Voordele van arbeidsterapie:
• Verbeterde fyn- en grootmotoriese vaardighede (soos skryf, knip, spring, klim)
• Beter hand-oog-koördinasie en balans
• Verbeterde aandag, konsentrasie en taakvoltooiing
• Beter sensoriese verwerking – kinders leer om ligte, geluide, aanraking en beweging beter te hanteer
• Verbeterde beplanning en organisasie
• Groei in selfvertroue, motivering en emosionele regulering
• Meer selfstandigheid in daaglikse take soos aantrek, eet en speel.

🟢 Watter kinders baat by Arbeidsterapie?

Kinders wat:
• Sukkel met handskrif of fynmotoriese take
• Lyk asof hulle onhandig of lomp is
• Het swak spiersterkte of balans
• Reageer oor- of ondergevoelig op sekere teksture, geluide of ligte (sensoriese probleme)
• Stry met konsentrasie, taakvoltooiing of beplanning
• Het lae selfvertroue of raak maklik gefrustreerd en moeg met skooltake
• Vind dit moeilik om selfstandig te funksioneer in daaglikse roetines.

💚🧠👑 Vandag is vir ons 'n voorreg om ons Juffrou Carla te "celebrate".Ons wil graag baie dankie sê vir ’n leier wat met w...
16/10/2025

💚🧠👑 Vandag is vir ons 'n voorreg om ons Juffrou Carla te "celebrate".

Ons wil graag baie dankie sê vir ’n leier wat met wysheid, geduld en respek lei. Jou voorbeeld en aanmoediging maak elke dag se werk ligter en beter. Jy is 'n ware inspirasie vir die goedheid van ons kinders in die gemeenskap.

Dankie vir jou, jou liefde, jou hart en omgee.

Address

106 Panorama Street, Rooihuiskraal
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 14:00 - 17:30
Tuesday 14:00 - 17:30
Wednesday 02:00 - 17:30
Thursday 14:00 - 17:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Carlin Intervensie Sentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Carlin Intervensie Sentrum:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram

Category