Carlin Intervensie Sentrum

Carlin Intervensie Sentrum Holistiese ondersteuning vir kinders – met insig, kundigheid en hart deur multidissiplinêre intervensie.💚👑🧠🌿

🌿Spelterapie by Carlin Intervensie Sentrum:Jahné help om deur spel (speel) woorde aan gevoelens te gee.🌈💚
04/11/2025

🌿Spelterapie by Carlin Intervensie Sentrum:

Jahné help om deur spel (speel) woorde aan gevoelens te gee.

🌈💚

Wees reg vir jou laaste Wiskunde eksamens vir 2025:
03/11/2025

Wees reg vir jou laaste Wiskunde eksamens vir 2025:

🌿 Arbeidsterapie by Carlin Intervensie Sentrum:“Marolien help klein handjies groot dinge doen”✋🏼💚
03/11/2025

🌿 Arbeidsterapie by Carlin Intervensie Sentrum:

“Marolien help klein handjies groot dinge doen”

✋🏼💚

🌿Spelterapie (Play therapy) by Jahné Schaap:
31/10/2025

🌿Spelterapie (Play therapy) by Jahné Schaap:

Kontak Juffrou Mieke vandag nog vir u kind se plekkie! Die Wiskunde eksamens is om die draai 😉🙂
28/10/2025

Kontak Juffrou Mieke vandag nog vir u kind se plekkie! Die Wiskunde eksamens is om die draai 😉🙂

Baie geluk met Juffrou Carla se verjaarsdag! 🎉Mag jou dag gevul wees met mooi oomblikke, glimlagte en mense wat jou waar...
24/10/2025

Baie geluk met Juffrou Carla se verjaarsdag! 🎉
Mag jou dag gevul wees met mooi oomblikke, glimlagte en mense wat jou waardeer soos ons almal by Carlin doen. Dankie vir jou inspirasie, jou kalm teenwoordigheid en die hart waarmee jou ons lei. Mag die nuwe jaar vir jou net mooi dinge bring — vrede, gesondheid en baie rede om te glimlag.

💚WE LOVE YOU 🤍

Ontmoet die span by Carlin Intervensie Sentrum:🌿 Remediërende terapeute: Carla Delport , Marna Grundlingh en Ané Foonk 💚...
19/10/2025

Ontmoet die span by Carlin Intervensie Sentrum:

🌿 Remediërende terapeute: Carla Delport , Marna Grundlingh en Ané Foonk 💚🧠🌱👑

🟢 Wat is Remediërende terapie?

Remediërende terapie is onderrig aan kinders wat sukkel met spesifieke leerareas, byvoorbeeld lees, skryf of wiskunde. Die terapeut gebruik gestruktureerde, individuele en speelse aktiwiteite om die kind se unieke leerbehoeftes aan te spreek.

🟢 Doel van remediërende terapie:
• Om leer en leesprobleme vroegtydig te identifiseer, asook akademiese skoolgereedheid uitdagings en ok dit reg te stel
• Om die kind se selfvertroue en motivering te verbeter
• Om onderliggende vaardighede soos geheue, konsentrasie, taal en redenasie te versterk
• Om die kind te help om weer op graadvlak te funksioneer of hoër.

🟢 Wie baat by remediërende terapie:

Kinders wat:
• Agterstand toon in skoolgereedheid, lees, spel en wiskunde
• Aandag- of konsentrasieprobleme het as gevolg van perseptuele agterstande (👀👂🏽🗣️)
• Stadiger vorder as hul maats
• Leerprobleme soos disleksie, diskalkulie of dispraksie het
• Onseker of bang is om te leer, weens vorige mislukkings
• Moeite het met taakorganisasie, begrip of luistervaardighede.

🟢 Voordele van remediërende terapie:
• Verbeter akademiese prestasie
• Bou selfvertroue en leerlus
• Versterk aandag en geheue
• Help die kind leer om met selfvertroue skooltake aan te pak
• Ondersteun die ouer en onderwyser met praktiese strategieë vir tuis en skool.

💚🧠👑 Vandag is vir ons 'n voorreg om ons Juffrou Carla te "celebrate".Ons wil graag baie dankie sê vir ’n leier wat met w...
16/10/2025

💚🧠👑 Vandag is vir ons 'n voorreg om ons Juffrou Carla te "celebrate".

Ons wil graag baie dankie sê vir ’n leier wat met wysheid, geduld en respek lei. Jou voorbeeld en aanmoediging maak elke dag se werk ligter en beter. Jy is 'n ware inspirasie vir die goedheid van ons kinders in die gemeenskap.

Dankie vir jou, jou liefde, jou hart en omgee.

Ontmoet die span by Carlin Intervensie Sentrum:🌿Kinderkinetikus: Yvonne Loggerenberg 👣❤️🟢 Wat is ’n Kinderkinetikus?‘n K...
15/10/2025

Ontmoet die span by Carlin Intervensie Sentrum:

🌿Kinderkinetikus: Yvonne Loggerenberg 👣❤️

🟢 Wat is ’n Kinderkinetikus?

‘n Kinderkinetikus help kinders om deur beweging te leer, te ontwikkel en selfvertroue te bou. Deur speelse, doelgerigte aktiwiteite versterk ons balans, koördinasie, konsentrasie en liggaamsbewustheid – die boustene vir leer en skoolgereedheid.

🟢 Voordele van kinderkinetika:

Kinderkinetika bied veel meer as net beweging – dit lê die grondslag vir leer, selfvertroue en gesonde ontwikkeling. Deur doelgerigte spel en beweging help dit kinders om liggaamlik, emosioneel en kognitief te groei.

Voordele sluit in:

▪️Verbeterde groot- en fynmotoriese vaardighede – beter balans, koördinasie, spiertonus en liggaamsbeheer.

▪️Versterking van konsentrasie en aandag – beweging help die brein om meer gefokus en leer-gereed te wees.

▪️Groter selfvertroue en positiewe selfbeeld – kinders ervaar sukses deur spel en prestasie op hul eie vlak.

▪️Beter skoolgereedheid – ontwikkeling van vaardighede wat nodig is vir lees, skryf en wiskundige denke.

▪️Sosiale groei – leer om saam te speel, te deel, spanwerk te doen en emosies beter te reguleer.

▪️Algehele welstand – beweging bevorder gesondheid, buigsaamheid en emosionele balans.

🟢 Wie sal baat by kinderkinetika?

Kinderkinetika is geskik vir alle kinders – van dié wat ekstra ondersteuning nodig het tot dié wat net hul natuurlike ontwikkeling wil versterk. Elke kind kan groei deur beweging, maar sekere kinders baat besonder daarby:

▪️Babas en peuters – vir vroeë ontwikkeling van balans, spiertonus en koördinasie.

▪️Voorskoolse kinders – om skoolgereedheid te bevorder en belangrike motoriese mylpale te bereik.

▪️Laerskoolleerders – wat sukkel met konsentrasie, handskrif, balans, koördinasie of leeruitdagings.

▪️Kinders met lae spiertonus of swak postuur – om kernstabiliteit en spierbeheer te verbeter.

▪️Kinders met aandag- of persepsieprobleme (soos ADHD of DCD) – om fokus en selfregulering te ondersteun.

▪️Aktiewe kinders en sporters – om vaardighede, balans en liggaamsbewustheid te verfyn.

Kinderkinetika help elke kind om sterker, meer selfversekerd en leer-gereed te voel – deur beweging, spel en positiewe ervarings.

Address

106 Panorama Street, Rooihuiskraal
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 14:00 - 17:30
Tuesday 14:00 - 17:30
Wednesday 02:00 - 17:30
Thursday 14:00 - 17:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Carlin Intervensie Sentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Carlin Intervensie Sentrum:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram

Category