17/10/2025
Vandag is World Mental Health Day. Min mense weet dat ons gehoor ń uiters belangrike deel van ons geestesgesondheid speel. Wanneer ons gehoorsintuig verswak, tree dinge soos sosiale afsondering, depressie en misverstande in en dit veroorsaak ook dat ons geestesgesondheid daaronder ly.
Laat toets u ore sodat die bogenoemde nie ń realiteit in u lewe word nie.
Gedurende die maand van Oktober kwalifiseer almal vir ń gratis gehoorsifting by my praktyk. Dit is geborg deur Beltone. Gryp hierdie geleentheid met beide hande aan. Moenie wag nie, hoe vroeër hoe beter.
Ek sien uit om u by my praktyk te verwelkom.