02/01/2026
Een van ons grootste fokusareas by Moeggesukkel is werkskepping.
Ons is besig met 'n paar nuwe werkskeppings geleenthede wat binnekort sal bykom.
Daar is baie verskillende projekte – van die sny van lappe uit beskadigde materiaal, ons pannekoekwaentjies, ’n plaas waar ons met skape boer en binnekort ook met slakke, tot ’n trekspan wat help wanneer mense verhuis.
Agter die skerms is daar soveel aan die gang wat mens nie elke dag sien nie.
In 2026 is dit vir ons ’n groot dryfkrag om meer en meer werksgeleenthede te skep. Só help ons iemand nie net om weer op sy bene te kom nie…
ons help hom om weer op te staan.
Dankie aan almal wat saam met ons ’n GROTER verskil maak!!! 💙
Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za