Moeggesukkel

Moeggesukkel We believe in HOPE - Helping Other People Excel so that they may have victory over life's circumstances. We all know what it means to be tired of struggling.
(335)

Moeggesukkel
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

Partykeer in die lewe kry ons almal ons af dae.Oom Douglas was besig om te verf by iemand wat vir hom ’n werkie gegee he...
07/04/2026

Partykeer in die lewe kry ons almal ons af dae.

Oom Douglas was besig om te verf by iemand wat vir hom ’n werkie gegee het. Terwyl hy ’n 2-liter bottel probeer oopsny, het hy ongelukkig sy vinger gesny.

Die een geluk by die ongeluk is dat dit nie sy verfhand is nie.

Alles is nou mooi toegewerk, en nou vertrou ons dat dit vinnig en sonder komplikasies sal genees.

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! 💛

By Moeggesukkel se perseel was daar ook voorheen ’n Dag 1.’n Dag waar alles stil was… waar die geboue vervalle was en wa...
06/04/2026

By Moeggesukkel se perseel was daar ook voorheen ’n Dag 1.

’n Dag waar alles stil was… waar die geboue vervalle was en waar baie mense gesê het:
“Dit sal nooit werk nie.”

Maar ons het gekies om iets anders te glo.
Ons het gesê:

As God met ons is, is enigiets moontlik.
Vandag wemel die perseel van mense, lewe en bedrywighede.

Waar daar eens niks was nie, is daar nou hoop.
Waar daar twyfel was, is daar nou getuienis.

Dankie aan elke persoon wat saam met ons hierdie pad stap en help bou aan iets wat groter is as onsself.

Dankie dat julle saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! 🙏

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

05/04/2026

Ons het dit al soveel keer gesien…
Moeggesukkel kan help en versorg, maar dit is die Here wat werklik herstel en gesond maak.

Hy is die Een wat nuwe hoop bring waar daar geen hoop meer is nie.

Tannie Ellen was alleen, eenkant… en mense het haar misbruik en seergemaak.

Maar hier is waar die mooiste mooi gebeur ✨
Tannie Sharion het by Tannie Ellen in die kamer ingetrek.

Sy het haar aangeneem en noem haar nou “Mammie”.

Sy versorg haar met soveel liefde — vryf haar bene, help haar aantrek en vul haar dae met omgee en warmte ❤️

SPREUKE 16:9 AFR53
“Die hart van die mens d**k sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe.”

Dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak 🙏

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

Ons het dit al soveel keer gesien…Moeggesukkel kan help en versorg, maar dit is die Here wat werklik herstel en gesond m...
05/04/2026

Ons het dit al soveel keer gesien…
Moeggesukkel kan help en versorg, maar dit is die Here wat werklik herstel en gesond maak.

Hy is die Een wat nuwe hoop bring waar daar geen hoop meer is nie.

Tannie Ellen was alleen, eenkant… en mense het haar misbruik en seergemaak.

Maar hier is waar die mooiste mooi gebeur ✨
Tannie Sharion het by Tannie Ellen in die kamer ingetrek.

Sy het haar aangeneem en noem haar nou “Mammie”.

Sy versorg haar met soveel liefde — vryf haar bene, help haar aantrek en vul haar dae met omgee en warmte ❤️

SPREUKE 16:9 AFR53
“Die hart van die mens d**k sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe.”

Dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak 🙏

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

IETS GROOT IS OP PAD!Ons word oorval deur boodskappe van mense wat hulp soek - Ons kan nie almal help nie - Die antwoord...
04/04/2026

IETS GROOT IS OP PAD!

Ons word oorval deur boodskappe van mense wat hulp soek - Ons kan nie almal help nie - Die antwoord is dan eenvoudig :

SAAM kan ons 'n GROTER verskil maak!!!

Mense met tyd. Mense met vaardighede. Mense wat wil gee.

Die behoefte is daar. Die bereidwilligheid is daar.
En nou bou ons iets wat hierdie twee bymekaar gaan bring.

Binnekort stel ons ’n platform bekend wat mense die geleentheid gee om:

• hul tyd te gee
• hul vaardighede te gebruik
• of ’n bydrae te maak

Alles met een doel: Om mense te help.
Hou hierdie spasie dop.

Moeggesukkel Helpers is op pad!

03/04/2026

Hierdie video is baie emosioneel…

6 maande in ’n hospitaal, sonder kontak of hoop — dit breek ’n mens.

Hierdie een het my regtig gevang.
Gelukkig is hierdie Tannie nou veilig by Moeggesukkel,
en haar pad na herstel kan begin.

Daar is nog baie trauma om deur te werk…
maar daar is weer HOOP.

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! ❤️

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

Ek sit hier op die bed en kan nie slaap nie…Hoe kan ’n mens slaap as daar soveel vrae is?Ek sal aanhou planne maak ... M...
02/04/2026

Ek sit hier op die bed en kan nie slaap nie…

Hoe kan ’n mens slaap as daar soveel vrae is?
Ek sal aanhou planne maak ... Moeg wees is nie 'n opsie nie!!!

Want dit vat net een tree van my en jou…

Dan hardloop God met dit.

As dit wat jy wil aanpak jou nie bang maak nie,
is dit nie GROOT genoeg nie!!!

Hoekom nie? LEEF en laat LEEF!!!
Ons dien ’n GROOT God!!!

HOU VAS!!! 🔥

Ons pannekoekspanne is hard aan die werk en dit is vir ons ’n voorreg om deel te wees van sulke wonderlike geleenthede.O...
02/04/2026

Ons pannekoekspanne is hard aan die werk en dit is vir ons ’n voorreg om deel te wees van sulke wonderlike geleenthede.

Ons waardeer dit opreg dat Victory Kerk vir ons die geleentheid gegee het om deel te wees van hul Paasnaweek-vieringe.

Dit maak nie net ’n verskil nie, maar help ons ook om werksgeleenthede te skep en te bou aan ’n volhoubare toekoms.

Dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! 🙌

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

Tannie Ellen het nuwe ore gekry 👂❤️Nou hoor sy weer mooi… en maak sommer die lekkerste grappies ook!Sy is te dierbaar – ...
31/03/2026

Tannie Ellen het nuwe ore gekry 👂❤️

Nou hoor sy weer mooi… en maak sommer die lekkerste grappies ook!

Sy is te dierbaar – die grappies hou net aan en sy laat almal om haar glimlag.

Kyk net hoe het sy gelyk toe ons haar gekry het… en kyk hoe lyk sy nou.

Wat ’n ongelooflike verandering!

Dankie aan elkeen wat saam met ons ’n GROTER verskil maak!!! 🙌✨

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

29/03/2026

Hierdie tannie is by die hospitaal afgelaai en nooit weer gaan haal nie. Meer as ses maande later ...

Sewe dae nadat sy daar afgelaai is, het sy haar 70ste verjaarsdag alleen in die hospitaal deurgebring.

Ai, die trauma van so lank in die staats hospitaal wees, is onbeskryflik.

Hierdie tannie probeer al vir meer as vier maande om by Moeggesukkel in te kom.

Sy was op haar einde en het gevoel sy wil liewer alles beëindig as om só aan te gaan.

Ek kon haar eenvoudig nie net daar los nie.
Ons het eers vir haar gaan kuier en daarna al die nodige reëlings getref om haar die volgende dag te gaan haal.

Daar is soveel vrae in hierdie lewe waarop daar nie altyd antwoorde is nie...

Hierdie tannie gaan, ná al die seer en pyn, ’n lang pad moet stap voordat sy weer volkome vrede beleef.

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!!

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

Ons het toe die Tannie gaan haal.Na ses maande in die hospitaal was dit ’n ongelooflike oomblik — gevul met emosie en di...
29/03/2026

Ons het toe die Tannie gaan haal.
Na ses maande in die hospitaal was dit ’n ongelooflike oomblik — gevul met emosie en diepe dankbaarheid.

Vir die eerste keer in ses maande kon sy weer die vars buitelug inasem…
Vir die eerste keer kon sy weer kaalvoet op die gras loop.

Mens besef nie altyd hoe kosbaar hierdie eenvoudige dinge is nie — totdat dit van jou weggeneem word.

Met alles wat sy deurgemaak het, is sy nie in die beste gemoedstoestand nie. Daar lê nog ’n pad van genesing voor, en baie trauma waardeur ons saam met haar sal moet werk.

Maar vandag is daar hoop.

Sy is nie meer vasgevang tussen vier mure nie.
Sy het weer ’n stukkie vryheid… en ’n kans om weer asem te haal.

Dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie pad stap en ’n GROTER verskil maak. ❤️

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
paypal@moeggesukkel.co.za

28/03/2026

Johantjie is mal oor rugby.

Op Saterdae gaan hy saam met Pa Jacques om te kyk hoe twee van sy broers rugby speel vir die Harlequins Rugby Club Pretoria.

Met Gary Botha nou as hoofafrigter by die klub, sien ons uit daarna om elke week saam met die manne te groei, te leer en die pad saam te stap.

Address

Cnr Springbok & Du Toit Road, Timsrand AH
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moeggesukkel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram