Liam Verhoef

Liam Verhoef Hierdie is ons storie. “This is us” “You’ve got this”

Big SHOUT out to Alpha by Unitas hospitaal!!!!Vir amper twee jaar het hy die pad gestap saam ons by die hospitaal. Sy po...
24/04/2026

Big SHOUT out to Alpha by Unitas hospitaal!!!!
Vir amper twee jaar het hy die pad gestap saam ons by die hospitaal. Sy positiewe persoonlikheid het donker dae opgehelder. En vanaand toe hy ons karre by die hospitaal sien het hy Liam kom soek om te kyk of alles okay is. Natuurlik was Liam super bly om hom te sien soos elke ander keer. Ons het Alpha gedoop as MJ want hy dra altyd wit kouse by sy uniform 😉
Maandelike hospitaal besoeke raak soos n reunie van mense wat ons gesien het in ons donkerste tye. Dit kan nie vir altyd winter wees nie. Die son is besig om weer te skyn
🎗️🎗️🎗️

UpdateEen suksevolle bou van ‘n oordrom ✅Gebid vir bloedvloei sodat die “graft” kan vat ✅Liam was vanaand weer vir sy oo...
23/04/2026

Update
Een suksevolle bou van ‘n oordrom ✅
Gebid vir bloedvloei sodat die “graft” kan vat ✅
Liam was vanaand weer vir sy oor check up. Dokter het bevestig dat die oordrom mooi geheg het. En hy is gelukkig met alles.
Hierdie foto wys die nuwe oordrom en die bloedvate wat daar nie was agv infeksie en chemo nie. Ons kan nie beskryf hoe verlig ons was om te hoor dat die operasie ‘n sukses was nie. Alle eer aan die Here🙏🏻

Selfde plekSelfde seunFoto n jaar uitmekaar geneem. Vandag sien ek uithouvermoëEk sien lewe met challenges Ek sien vrien...
18/04/2026

Selfde plek
Selfde seun

Foto n jaar uitmekaar geneem.

Vandag sien ek uithouvermoë
Ek sien lewe met challenges
Ek sien vriendelikheid,
Ek sien iemand wat opgewonde is vir die toekoms.

En so wat ons kan sê is dankie Here

09/04/2026

Update
Liam was vanaand vir sy 21 dae check up. Dokter is baie tevrede. Die gedeelte wat nie bloedvloei gehad het nie toon nou bloedvloei!!!! Dankie Here ons het daarvoor gebid🙏🏻🙏🏻
Al die tekens is daar dat die graft suksesvol was. Die herstel proses vat net lank so ons moet geduldig wees.
Hy moet oor twee weke weer vir n check up gaan en dan sal ons weer ‘n update kry van hoe vêr hierdie wonderwerk reeds is.
Dankie vir almal se gebede en omgee.
🙏🏻🙏🏻🙏🏻

Dis die klein goed in die lewe wat ‘n verskil maak. Dankie Nancy dat jy hierdie vir Liam gereel het. Dit beteken regtig ...
06/04/2026

Dis die klein goed in die lewe wat ‘n verskil maak.
Dankie Nancy dat jy hierdie vir Liam gereel het. Dit beteken regtig baie vir ons.
🍫 🍫 🍫
❤️🤍💙

Mag ons nooit vergeet hoe lief Hy ons gehad het nie. Maak nie saak hoeveel keer ons dankie sê nie, dit sal nooit genoeg ...
05/04/2026

Mag ons nooit vergeet hoe lief Hy ons gehad het nie.

Maak nie saak hoeveel keer ons dankie sê nie, dit sal nooit genoeg wees nie 🙏🏻🙏🏻

Geseënde Paasfees.

31/03/2026

176 dae na Liam se heup operasie klim hy vandag weer op sy fiets. Sy glimlag sê alles❤️
Never give up
You’ve got this
God is good all the time

UpdateEen week na sy operasie en Liam doen so goed. Vanaand kon ons die lint uit gehaal word en die steri strips af kom....
25/03/2026

Update
Een week na sy operasie en Liam doen so goed. Vanaand kon ons die lint uit gehaal word en die steri strips af kom. Daar is nog baie swelling agter die oor en die dokter sê herstel tyd is 6-8 weke. Maandag gaan hy weer vir maintenance chemo en sy polygam (immune drip) en dan kan hy die vakansie begin geniet saam sy vriende.
Dankie vir al die check in’s julle boodskappe word baie waardeer.

You’ve got this 🧡

Dokter is tevrede. Hy moet toe hou vir n week en dan kan ons die sterile lint uithaal. Hy sal vir die volgende week baie...
19/03/2026

Dokter is tevrede. Hy moet toe hou vir n week en dan kan ons die sterile lint uithaal. Hy sal vir die volgende week baie stil moet wees en dan is ons volgende besoek oor 20 dae.

Dokter is tevrede. Hy moet toe hou vir n week en dan kan ons die sterile lint uithaal. Hy sal vir die volgende week baie...
19/03/2026

Dokter is tevrede. Hy moet toe hou vir n week en dan kan ons die sterile lint uithaal. Hy sal vir die volgende week baie stil moet wees en dan is ons volgende besoek oor 20 dae.

UpdateLiam is gisteraand ontslaan en dis beter om in sy eie bed te wees. Hy doen goed op die oomblik hy het baie seer ma...
19/03/2026

Update
Liam is gisteraand ontslaan en dis beter om in sy eie bed te wees. Hy doen goed op die oomblik hy het baie seer maar as julle sien wat hulle alles gedoen het verstaan n mens 100%.
Later vandag gaan hy terug dokter toe om die verbande af te haal. Dankie vir almal se boodskappe en gebede ons as gesin waardeer dit so vreeslik baie.
🙏🏻🙏🏻🙏🏻

18/03/2026

Update
Dokter was by ons gewees en hy is baie tevrede met hoe die operasie verloop het. Daar was baie rekonstruksie wat hy moes doen en n nuwe oor kanaal saam die oordrom te bou. Daar is n okekkie waar die bloedvloei heeltemal weg is en nou is ons gebed dat die bloedvloei wat daar is terug kom. Hy is nou terug in die kamer en ons moet wag dat hy mooi wakker word en dan kan ons so by 9 uur huis toe gaan. Teater tyd was 2 ure 45 minute.

Address

Centurion

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Liam Verhoef posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share