14/10/2021
Geagte Akina Mama Familie
Dit is vir ons n groot voorreg om Sr Rita aan julle voor te stel.
Sr Rita werk al die afgelope 4 jaar deeltyds by ons tuisversorgings afdeling en ons het nou die voorreg om haar by ons te hê as voltydse personeel. Sr Rita werk al baie jare met frail en dementia pasiente en dus is sy n groot aanwins vir ons hier by Akina Mama. Sy sal mederheid van haar tyd by ons Selborne fasiliteit spandeer maar ook gereeld vir die familie by Amkor gaan kuier. Sr Rita het n “bubbly” persoonlikheid en ons inwoners en personeel is baie opgewonde soggens wanneer sy instap en almal groet.
Welkom by die Akina Mama Familie Sr Rita!