20/02/2026
THE ANNUAL POUR — ‘n Spesiale Woord van Dank
Twee weke gelede het ons ons heel eerste wynveiling gehou — ’n onvergeetlike mylpaal en ’n aand wat vir altyd in ons geheue sal bly. Agter die skerms het baie hande saamgewerk om alles moontlik te maak.
Ons wil graag ‘n opregte woord van dank rig aan Yolandé Bezuidenhoudt, wat haar tyd en talent so mildelik met ons gedeel het. Van pragtige handgeskrewe naamkaartjies vir alle gaste, tot wynprop-plekhouers, die geverfde verwelkomingsbord en die aanwysingsborde wat gaste na die lokaal gelei het — elke detail is met sorg en liefde met die hand geskep.
Selfs toe daar op die laaste oomblik veranderings was en klein aanpassings nodig was, is alles met grasie en ’n rustige bereidwilligheid hanteer.
Yolandé, jou kreatiwiteit en toewyding het werklik iets besonders tot die aand bygedra en ons is bevoorreg om jou as deel van die Huis Groeneweide-familie te hê!