04/11/2025
Verveeldheid ... die taboe woord van ons era. Iets wat ongehoord is vir ons kinders. Elke sekonde word gemicromanage met aktiwiteit, of gemicrodose met dopamien (screentime).
Maar verveeldheid is waar kreatiwiteit broei, waar ons ons lywe en limiete leer ken. Waar liggaamskonsep, introspeksie en redenering begin.
As ouers is ons so oorweldig deur die lewe dat om vir n oomblik verveeld te voel, voel soos n bal laat val, iemand in die steek laat. Wanneer laas was jy verveeld?! (Ek is SO skuldig hieraan). Ons projekteer dit so onbewustelik op ons kinders.
D**k terug aan toe jy n kind was, en die werelde wat jy gebou het in verveeldheid? Gun dit vir jou kind, jy doen hulle n guns. Sit die TV af, lees n boek/sit voor die braai, gee jou kind die geleentheid om hulle eie planne te maak, hulleself beter te leer ken, die amazing werelde te leer bou.
Verbeelding is ALLES!