13/05/2025
Wyshede aan n huisvrou.:
1. Moenie wasgoed was en huis skoonmaak op dieselfde dag nie. Jy's nie meer daardie fikse atleet van 25jr nie.
2. Goedkoop koop is "rubbish" koop.
Ek het wit-asyn gaan koop vir my wasgoed. Die goedkoopste vd rak afgevat en ta-da!!!!!............
Dit was "imitation vinegar". !!!!
3. Moenie vroeg in jou huwelik begin handlanger speel vir jou man nie.......50jaar later staan jy nog daar skroewe aangee, hier vashou, daar die boor aangee, hier n plankie vashou en so gaan jou dae by jou verby. By daardie boek wat jy wou lees, kom jy nooit verder as haldpad nie, jou poedings wat jy beplan eindig in n "Muffin pakkie" wat jy vinnig aan
mekaar slaan.
4. Verdien jou eie inkomste VIR JOUSELF. Jy hoef nie bakhand te staan as jy wil gaan shop nie. Jy hoef nie te verduidelik hoekom jy ALWEER dieselfde lipstiffie gekoop het wat jy vetlede week ook gedoen het nie. Te hoor die koffie en scone wat jy jouself mee treat is geldmors. Dit kos goedkoper as jy dit self maak by die huis.
Ag nou ja - that's life. 😪