Suzanne Fourie Oudiologie

Suzanne Fourie Oudiologie Hearing Tests, Hearing aids and follow-up services delivered by qualified Audiologist.

Hearing tests, hearing aids, follow-up, batteries
Follow me on twitter

Ons weet, Oom Sarel se “brandewyn-en-watwat” resepte werk glo vir álles… maar asseblief – nie vir jou ore nie! “Boereraa...
12/11/2025

Ons weet, Oom Sarel se “brandewyn-en-watwat” resepte werk glo vir álles… maar asseblief – nie vir jou ore nie!

“Boereraad” kan eintlik jou ore seermaak, infeksie veroorsaak of selfs permanente skade aanrig 😬 As jou ore jeuk, toe is of vreemd voel – kom gesels liewer met ons by Suzanne Fourie Oudiologie.

Ons het al baie ore gesien wat ’n bietjie te veel raad gekry het 😉 Laat die boereraad vir die boer – en die ore vir die oudioloog!

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

𝟮𝟱% 𝗔𝗙𝗦𝗟𝗔𝗚 op Oticon & Signia gehoorapparate — geldig vanaf vandag tot en met 14 November 💚Moderne gehoorapparate werk n...
10/11/2025

𝟮𝟱% 𝗔𝗙𝗦𝗟𝗔𝗚 op Oticon & Signia gehoorapparate — geldig vanaf vandag tot en met 14 November 💚

Moderne gehoorapparate werk nou met AI verwerkings… dit maak nie net “harder” nie… dit onderskei tussen stemme, agtergrond en fokus — sodat jy gemakliker, natuurliker luister sonder om die hele dag te “werk” daarvoor 😉

Maak gerus jou afspraak — dit is net ek, goeie koffie… en klank wat weer maklik voel.

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Great Brak River

Het jy geweet dat stres jou tinnitus (daardie irriterende gesuis of geblaas in die ore) kan vererger? 😬 Dis waar — hoe m...
05/11/2025

Het jy geweet dat stres jou tinnitus (daardie irriterende gesuis of geblaas in die ore) kan vererger? 😬 Dis waar — hoe meer gespanne jy is, hoe harder “sing” daardie ore soms saam!

💡 ’n Kalmer kop = kalmer ore!

As jy dikwels ’n gedurige geluid hoor wat niemand anders kan hoor nie, is dit dalk tyd om jou ore te laat toets. Ek help jou om die oorsaak te vind, die simptome te bestuur en jou rus weer te hervind 💚

Maak vandag ’n afspraak — laat ons saam jou stres én jou ore tot rus bring.

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

𝟯𝟬% 𝘼𝙁𝙎𝙇𝘼𝙂 op alle Oticon Intent gehoorapparate — geldig vanaf vandag tot en met 7 November 2025 💚Oticon Intent gebruik ...
03/11/2025

𝟯𝟬% 𝘼𝙁𝙎𝙇𝘼𝙂 op alle Oticon Intent gehoorapparate — geldig vanaf vandag tot en met 7 November 2025 💚

Oticon Intent gebruik werklike “intent sensing” — dit lees jou natuurlike luister rigting en fokus… soos jou brein dit normaal self sou gedoen het. Dit is hoekom mense sê dit voel nie soos 'n “apparaat” nie… maar net soos jyself, net makliker.

As jy al lank wonder… of al d**k “later in die jaar”… Dít is daai mooi klein venster. Maak gerus jou afspraak, ek sien uit om jou te help om gemak, helderheid en ritme terug te kry in elke dag klank.

📅 Geldig tot 7 November 2025
⚠ Terme en voorwaardes geld

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Great Brak River

Van 29 Nov – 6 Des gaan die musiek hard speel, maar onthou: jy kry net een paar ore 👂 Ouers, help julle Matrieks om die ...
30/10/2025

Van 29 Nov – 6 Des gaan die musiek hard speel, maar onthou: jy kry net een paar ore 👂 Ouers, help julle Matrieks om die fees te geniet sonder om hulle gehoor te beskadig. Ek kan help met:

🦻 Slim wenke vir oorbeskerming
🎧 Persoonlike musiekproppe
🔊 Gehoortoetse ná die fees

Maak ’n afspraak – beskerm hulle ore, sodat hulle nog lank kan luister na die mooi dinge in die lewe 💚

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

Jou gehoorapparaat is nie net ’n hulpmiddel nie – dis ’n brein-trainer 💪🧠 Wanneer jy dit elke dag dra, help jy jou brein...
27/10/2025

Jou gehoorapparaat is nie net ’n hulpmiddel nie – dis ’n brein-trainer 💪🧠 Wanneer jy dit elke dag dra, help jy jou brein om klanke beter te herken, te filtreer en natuurliker te verstaan. As jy dit net soms dra, verloor jou brein daardie oefening en dan voel alles harder of vreemder as jy dit wel aan het.

Laat jou ore én jou brein saamwerk soos hulle moet 😄 Maak vandag nog ’n afspraak by vir gehoor wat sin maak...

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

So lyk dit vir iemand wat doof of hardhorend is wanneer ander met hulle praat… Dit is harde werk om alles te probeer ver...
24/10/2025

So lyk dit vir iemand wat doof of hardhorend is wanneer ander met hulle praat… Dit is harde werk om alles te probeer verstaan!

👂 Jou ore doen elke dag ongelooflike werk — kyk mooi na hulle, beskerm jou gehoor en waardeer wat jy kan hoor 💚

As enige van hierdie bekend klink of dalk sê mense jy vra té gereeld “Wat sê jy?”... dan is dit dalk tyd vir ’n vinnige ...
22/10/2025

As enige van hierdie bekend klink of dalk sê mense jy vra té gereeld “Wat sê jy?”... dan is dit dalk tyd vir ’n vinnige gehoortoets 👂

By Suzanne Fourie Oudiologie help ons jou om weer elke lag, geselsie en musieknote helder te hoor 💚 Maak sommer vandag nog 'n afspraak.

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

Kry 20% 𝙖𝙛𝙨𝙡𝙖𝙜 op sekere gehoorapparate 🦻 Die feesseisoen lê om die draai, moenie hierdie geleentheid mis om jou gehoor ...
20/10/2025

Kry 20% 𝙖𝙛𝙨𝙡𝙖𝙜 op sekere gehoorapparate 🦻 Die feesseisoen lê om die draai, moenie hierdie geleentheid mis om jou gehoor te verbeter teen ’n spesiale prys nie!

📅 Geldig tot 31 Oktober 2025
⚠ Terme en voorwaardes geld

Maak sommer vandag nog jou afspraak!
📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Great Brak River

Dit is 'Boss Day' en natuurlik moes ons vir Suzanne so 'n bietjie bederf vandag! Met die heerlikste cinnabun van Dailybr...
16/10/2025

Dit is 'Boss Day' en natuurlik moes ons vir Suzanne so 'n bietjie bederf vandag! Met die heerlikste cinnabun van Dailybreadbakeryrsa en ’n warm koppie koffie in die hand, is sy reg om die res van die dag aan te pak.

Dankie, vir jou harde werk, jou groot hart en die liefde waarmee jy elke pasiënt (én ons!) hanteer 💚 Geniet jou dag!

Beskerm jou ore – hulle moet jou ’n leeftyd hou 😉 By Suzanne Fourie Oudiologie maak ons oorproppies vir elke geleentheid...
16/10/2025

Beskerm jou ore – hulle moet jou ’n leeftyd hou 😉 By Suzanne Fourie Oudiologie maak ons oorproppies vir elke geleentheid – of jy nou beter wil slaap, veilig wil swem, of jou ore teen lawaai wil beskerm.

Hoekom oorproppies dra?
👉 Hulle beskerm jou gehoor teen permanente skade deur harde geluide.
👉 Hulle voorkom oorinfeksies- veral by kinders met grommets en swemmers.
👉 Hulle verminder geraas en spanning, wat jou help om beter te slaap en te konsentreer.
👉 Hulle verbeter fokus en veiligheid in lawaaierige werksomgewings.
👉 En vir musiekliefhebbers – jy kan nog steeds die musiek geniet, net veiliger.

Kom gesels met ons – ons help jou om die regte oorproppies vir jou leefstyl te kry. Maak sommer vandag jou afspraak – jou ore gaan jou bedank 💚

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

Het jy geweet jou gehoor verander stadig oor tyd – so stadig dat jy dit dalk nie eens agterkom nie? Dis hoekom dit belan...
14/10/2025

Het jy geweet jou gehoor verander stadig oor tyd – so stadig dat jy dit dalk nie eens agterkom nie? Dis hoekom dit belangrik is om jou gehoor gereeld te laat toets, minstens elke 1–2 jaar, of vinniger as jy veranderinge opmerk 😉

By Suzanne Fourie Oudiologie is ’n gehoortoets eenvoudig en gemaklik:

✅ Ons gesels oor jou gehoorbekommernisse en mediese geskiedenis
✅ Ek ondersoek jou ore deeglik vir sigbare probleme.
✅ Ons doen toetse om te hoor hoe jy verskillende klanke en spraak waarneem.
✅ Laastens bespreek ek jou resultate en moontlike oplossings indien nodig.

Jou gehoor is ’n groot deel van hoe jy die lewe ervaar – gesels, lag en herinneringe deel. Kontak ons gerus vir ‘n konsultasie.

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

Address

Hoek Van Sandhoogtepad En Langstraat
Groot-Brakrivier
6525

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27446202427

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Suzanne Fourie Oudiologie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Suzanne Fourie Oudiologie:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram

Category