Hartenbos Bejaardesorgdiens

Hartenbos Bejaardesorgdiens Hartenbos Bejaardesorgdiens is 'n program van Badisa wat bekostigbare dienste lewer vir ouer persone.

Die inwoners was vandag deur die paashaas bederf😉🐇🐇🐇Dankie aan Feedem vir hulle moeite en omgee.
03/04/2026

Die inwoners was vandag deur die paashaas bederf😉🐇🐇🐇
Dankie aan Feedem vir hulle moeite en omgee.

'n Geseënde Paasfees vir almal. Mag ons almal elke dag die moed hê om voort te gaan en die beste vir ons inwoners, perso...
03/04/2026

'n Geseënde Paasfees vir almal. Mag ons almal elke dag die moed hê om voort te gaan en die beste vir ons inwoners, personeel en geliefdes te gee.

Have a blessed Good Friday
Today, on Good Friday, we reflect on the ultimate act of courage.

Courage is often seen in big, bold moments — but today reminds us of a deeper kind of courage. The courage to endure pain, to stand firm in love, and to make a sacrifice for others.

Jesus showed this courage on the cross. Not because it was easy, but because of love. And God the Father had to send His son to earth for us to be forgiven and be able to spend eternity with Them one day.

At Badisa, we see glimpses of this same courage every day:
In those who show up
In those who speak up.
In those who ask for help.
In those who choose change, even when it’s hard.

Today, we pause and remember:
Courage is love in action.

🍷🧀 ’n Aand van Dankbaarheid 🧀🍷Wat ’n heerlike, hartlike aand was dit nie! Ons kaas-en-wyn donateursfunksie was gevul met...
28/03/2026

🍷🧀 ’n Aand van Dankbaarheid 🧀🍷

Wat ’n heerlike, hartlike aand was dit nie! Ons kaas-en-wyn donateursfunksie was gevul met lag, lekker gesels en opregte waardering.

Hiermee wil ons uit die diepte van ons harte dankie sê aan elke donateur wat bygedra het tot die nuwe vloere in ons siekeboeg – of jy die aand saam met ons kon wees of nie. Julle omgee en ondersteuning beteken vir ons en ons inwoners ongelooflik baie.

Dit was besonders om saam te kon kuier en net vir ’n oomblik stil te staan en dankie te sê vir mense soos julle wat ’n werklike verskil maak.

Ons wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor Garden Walk Checkers by Garden Walk Mall vir hul ongeloof...
28/03/2026

Ons wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor Garden Walk Checkers by Garden Walk Mall vir hul ongelooflike ruim skenking van ’n R5000-geskenkbewys op hulle openingsdag.

Dit beteken vir ons baie dat julle ook ons Versorgingsoord “aangeneem” het – ’n gebaar wat werklik ’n verskil maak in die lewens van ons inwoners.

Baie dankie vir julle omgee, ondersteuning en betrokkenheid. Ons waardeer dit opreg en sien uit na ’n mooi pad vorentoe saam! 💙

Baie dankie aan almal wat ons ontbyt bygewoon het! ☕🍳Teen slegs R50 per persoon was dit ’n heerlike oggend vol lekker ko...
18/03/2026

Baie dankie aan almal wat ons ontbyt bygewoon het! ☕🍳

Teen slegs R50 per persoon was dit ’n heerlike oggend vol lekker kos, goeie geselskap en warm harte.

Ons waardeer elkeen se ondersteuning en sien uit daarna om julle weer te verwelkom! 💛

Die inwoners was besig met die verfkwaste!! Ons het bietjie ekstra kleur in die voorportaal en eetsaal waar die pragtige...
11/03/2026

Die inwoners was besig met die verfkwaste!! Ons het bietjie ekstra kleur in die voorportaal en eetsaal waar die pragtige lappe van ons inwoners pruik.

Dis 'n 'nuwe' jaar met nuwe projekte - en ons inwoners woel!! Enige donasies welkom by Hartenbos Bejaardesorgdiens. Dank...
11/03/2026

Dis 'n 'nuwe' jaar met nuwe projekte - en ons inwoners woel!! Enige donasies welkom by Hartenbos Bejaardesorgdiens. Dankie vir almal se ondersteuning en hulp in ons strewe om ons inwoners die beste te verskaf.

Vandag vier ons die besondere vroue van ons Versorgingsoord – elkeen met ’n storie van krag, liefde, opoffering en wyshe...
08/03/2026

Vandag vier ons die besondere vroue van ons Versorgingsoord – elkeen met ’n storie van krag, liefde, opoffering en wysheid. Dankie vir die spore wat julle deur die jare getrap het en vir die inspirasie wat julle steeds vir ons almal is.

Gelukkige Internasionale Vrouedag aan al ons wonderlike inwoners, personeel en vrywilligers. 💐

Op 6 Maart 2026 het ons met kleur en geur Nasionale Kuumba Care Dag gevier. Die inwoners was kleurvoller as gewoontlik e...
08/03/2026

Op 6 Maart 2026 het ons met kleur en geur Nasionale Kuumba Care Dag gevier. Die inwoners was kleurvoller as gewoontlik en het saam middagtee geniet.

Met die oggend se brand-ontruiming oefening het ons inwoners gewys hoe mens kalm en georganiseerd saamwerk – en ons is s...
02/03/2026

Met die oggend se brand-ontruiming oefening het ons inwoners gewys hoe mens kalm en georganiseerd saamwerk – en ons is sommer baie trots op elkeen! 👏🔥

Daarna het almal heerlik saam roomys geniet – laggend, vol stories en sommer net lekker saam-kuier tyd.

Dis vir ons belangrik om voorbereid te wees, maar net so belangrik om die klein oomblikke van vreugde saam te vier.

Dankie aan ons span en inwoners wat altyd met sulke positiewe gees deelneem. Julle maak elke dag spesiaal! ✨
🍦

🌸 Dankie aan ons ongelooflike vrywilligers! 🌸Wat ’n voorreg om elkeen van julle te hê wat met soveel liefde, tyd en omge...
24/02/2026

🌸 Dankie aan ons ongelooflike vrywilligers! 🌸

Wat ’n voorreg om elkeen van julle te hê wat met soveel liefde, tyd en omgee by ons betrokke is. Baie dankie aan almal wat die vrywilligersontbyt kon bywoon – dit was wonderlik om saam te kuier en ons waardering persoonlik te kon uitspreek. ☕

Ook aan dié wat nie daar kon wees nie: weet asseblief dat julle bydrae nie ongesiens verbygaan nie. Elke uur, elke helpende hand en elke gebed maak ’n verskil in ons inwoners se lewens.
Danksy julle ondersteuning kan ons aan ons inwoners die beste moontlike aftrede bied – ’n plek van waardigheid, warmte en tuiste. ❤️

Ons waardeer elkeen van julle opreg. Dankie dat julle saam met ons die verskil maak! 🌿

19/01/2026

VAKANTE POS: GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGE/INGESKREWE VERPLEEGKUNDIGE

Hartenbos Bejaardesorgdiens is ‘n program van Badisa ‘n gesamentlike Bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland).

Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word ingewag vir die pos as Suster/Stafverpleegster

Vereistes, Ondervinding en Verantwoordelikhede.

• Geregistreer wees by die SA Raad vir Verpleegkundiges (SARV)
• Bewys van opleiding
• Kennis en toepassing van geskeduleerde medikasie en kontrole daarvan
CDU en blister verpakking
• Kennis van die fisiese- en medieseversorging van ouer persone
• Sterk leier-eienskappe met goeie menseverhoudings.
• Vermoë om binne spanverband te funksioneer.
• Vermoë om onder druk en alleen te kan werk.
• Verantwoordelike en gemotiveerde persoon.
• Bereid wees om skofte te werk, nag of dag en as skof leier te kan optree.

Ons bied ‘n mededingende salaris, pensioenfonds, mediese fonds asook ruim verlof aan met bevorderingsmoontlikhede

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30/01/2026
Diensaanvaarding: So gou moontlik

Rig ‘n volledige CV (met bewys van registrasie by SARV)
met tenminste 3 kontakbare referente aan:

Engela Jacobs: Hartenbos Bejaardesorgdiens
Tel: 044 695 2386.
Epos bejaarde3@gmail.com

Address

Graaff-Reinetlaan 1
Hartenbos
6520

Opening Hours

Monday 07:00 - 16:00
Tuesday 07:00 - 16:00
Wednesday 07:00 - 16:00
Thursday 07:00 - 16:00
Friday 07:00 - 16:00

Telephone

+27446952386

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hartenbos Bejaardesorgdiens posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Hartenbos Bejaardesorgdiens:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram