La Studio

La Studio Diep asemhaling en strekke word in elke klas gedoen. Daar is dus 'n wye verskeidenheid klasse vir oud en jonk. Daarom wissel ons dit af en hou dit interessant.

💪 Rehabilitasie & prestasie vir jou liggaam
🎯 Help met pyn, beserings & herstel
🧠 Biokinetika | Fisio | Pilates | Dieetkunde | Scio Biofeedback | aanvullings
📍 Heidelberg
👇 Bespreek jou eerste afsp Wil jy ligter leef en gesondheid optimaal ervaar:
Kom oefen saam:

Klasse word afgewissel met Pilates, Callinetics, Barre-, Mat , HIIT, Swissbal-, Oefenrek, "Fascia release" en gewigte oefeninge. Stres hantering tegnieke, Hormoon balansering, Balans en Beter Brein funksie is van die voordele wat jy kan ervaar.

’n Liggaam wat gewoond raak aan een enkele aktiwiteit sal stagneer en nie reageer nie. OEFENTYE:

MAANDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

DINSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND kLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

WOENSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 - 17:45 : MIDDAG KLAS

DONDERDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

VRYDAE
7:45 – 8:30 : DIEP STREKKE EN "STRESS RELIEF"


JAAR FOOI : R180
MAAND FOOIE :
1 x per week : R300 per maand
2 x per week : R350 per maand
3 x per week : R400 per maand
4 x per week : R450 per maand
5 x per week : R500 per maand

AANLYN OEFENKLASSE :

Zoom word aangebied en kan op android, app store of skoot rekenaar afgelaai word. Kom oefen saam met ons in jou eie huis op jou eie tyd! Gemaklik en sonder om te wag vir enige apparaat! En as jy nie die dag se klas kan maak nie dan stuur ons vir jou ‘n “link” na die dag se klas om te doen wanneer jy kan. Jy gaan wel die volgende apparate nodig he. Pilates ring
Fascia balletjie
1kg hand gewiggies
Enkel gewigte
Oefenrek
(Al die bogenoemde kan aan gekoop word by die Studio en word gekoerier.) Oefenmat
Besemstok

WANNEER IS ZOOM KLASSE:

Maandae tot Vrydae : 7:45 - 8:30
Maar Zoom klas word per WhatsApp gestuur en kan op eie tyd voltooi word)

MAAND FOOI VIR AANLYN KLASSE : R380.00


KONTAK GERUS MARIETJIE SHEPHERD VIR VERDERE NAVRAE. 0829240872

07/04/2026

😂Van vakansie vibes na “real life”… ons voel dit ook 😂 Sterkte met kwartaal 2!”
🤍👍🏻Ons is terug van vakansie… en ja, die spiere gaan dit voel 😅💪”
STERKTE
🧠🏃🏼🏃‍♀️🏃‍♂️⚽️🏈🎾🏉📕📗💪🏻💪🏻💪🏻
ONS IS REG VIR JULLE!! 📍MAAK JOU AFSPRAAK NOU
⚡️LIGGAAM ANALISE
⚡️BIOKINETIKA EVALUASIE
⚡️SCIO TOETS/ BEHANDELING
⚡️SLUIT AAN BY ONS OEFENKLASSE
⚡️KRY DIE BESTE AANVULLING VIR LYF

05/04/2026

🧠 Jou brein verander deur wat jy DOEN – nie net wat jy weet nie

Dit staan bekend as
👉 Neuroplasticity

Ek wil vandag my storie met julle deel… ❤️My reis met beweging en gesondheid het nie eers by my begin nie — dit het by m...
04/04/2026

Ek wil vandag my storie met julle deel… ❤️

My reis met beweging en gesondheid het nie eers by my begin nie — dit het by my ouma begin.

Sy het vir jare oefenklasse aangebied… en as ‘n klein 5-jarige dogtertjie het ek langs haar gestaan en saam klas gegee vir meer as 200 lede. Dis waar my liefde vir mense, beweging en gesondheid gebore is.

Vandag is sy 93 jaar oud… en sy gee steeds oefeninge. 💫
Steeds vol energie. Steeds positief. Steeds ‘n voorbeeld van wat moontlik is.

Ons was al saam op KYKNET en in die Léé tydskrif en selfs ‘n Oefen DVD uitgebring — maar vir my gaan dit nie oor die erkenning nie… dit gaan oor die nalatenskap.

Sy het my geleer:
Dat beweging ‘n voorreg is.
Dat jou liggaam versorg moet word.
Dat gesondheid nie ‘n fase is nie — dis ‘n leefstyl.

My besigheid is nie net werk vir my nie…
Dit is deel van wie ek is.
Dit is my doel.
Dit is my roeping.

As jy ooit gewonder het of jy kan begin…
En of dit te laat is…

Hier is jou antwoord:
DIT IS NOOIT TE LAAT NIE. 🙌

Begin klein. Bly konstant.
En onthou — jou storie kan ook iemand anders inspireer.

✨ Kom ons beweeg saam.

Vars Stalletjie mark!! As jy van iemand weet stuur asb aan🙏🏻
03/04/2026

Vars Stalletjie mark!! As jy van iemand weet stuur asb aan🙏🏻

Call us now to book your stall.

03/04/2026

Het jy daai skouer/nek/heup/rug pyn en het al alles probeer?”
🧠 HET JY DIÈ GEWEET?
“Fascia is soos ’n dun web wat oor jou hele liggaam lê en jou spiere verbind. As dit styf of ‘taai’ raak – veral om jou maag en sy area– kan dit beweging beperk en selfs pyn veroorsaak.”

⚠️
“Baie mense strek en rehabiliteer… maar die pyn bly daar.
Hoekom? Want jy werk net op die spiere– nie op die fascia nie.
Dit kan lei tot:
• styfheid
• pyn en ongemak
• beperkte rotasie en asemhaling”

✅ OPLOSSING:
“Gebruik ’n klein sagte bal (overball) om ligte druk op buik area te plaas.
Beweeg stadig, asem diep in, en laat die fascia ‘ontspan’.
Dit help om spanning los te maak en beweging terug te bring.”

📣
“Probeer dit saam met my 👇
DM as jy die volle video wil sien
“SAVE” hierdie video en laat weet my in die comments waar jy jou pyn voel!”

03/04/2026
01/04/2026

30/03/2026

“As jy kniepyn het... hou op om
jou knie te blameer.”

“Die meeste kniepyn begin by
heupe wat styf en swak is.”

“As jou heupe nie reg beweeg
nie, vat jou knie al die druk.”

Gesels met ons as jy hulp nodig het..
“Fix jou heupe eers 🦵🏻🦵🏻en jou
knie gaan beter voel.”

As jy sukkel met angs of depressie…begin klein. Begin stadig.Maar begin.Oefening is nie net vir jou liggaam nie—dit is m...
29/03/2026

As jy sukkel met angs of depressie…
begin klein. Begin stadig.
Maar begin.

Oefening is nie net vir jou liggaam nie—
dit is medisyne vir jou kop. 🧠✨”**

28/03/2026

“Sukkel jy met lae rugpyn?
Jy het dié miskien nie geweet nie:

🧠Dis nie altyd jou rug nie-dit
kan jou heupe wees.”

🙋‍♀️As jou heupe nie beweeg nie, werk jou lae rug oortyd en raak uitgeput.”
📹🎥
“Oefeninge soos hierdie help
jou heupe beweeg en haal druk
van jou rug af. 👏🏻👏🏻

🤍🤍Volg ons vir eenvoudige
oplossings wat werk—nie net
tydelike dit verlig nie… Maak vandag nog jou afsp. 💪🏻

Pasop dat 📱📱🤳🤳tyd jou kind se slaaptyd steel en kans op besering ⬆️⬆️⬆️Maak ‘n afspraak as jou kind sukkel met beserings...
25/03/2026

Pasop dat 📱📱🤳🤳tyd jou kind se slaaptyd steel en kans op besering ⬆️⬆️⬆️
Maak ‘n afspraak as jou kind sukkel met beserings of prestasie🤕🏆

Address

Stand 25 Boschfontein
Heidelberg
1441

Telephone

+27829240872

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when La Studio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to La Studio:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram