05/11/2025
https://www.facebook.com/share/1CoaFsgzrX/?mibextid=wwXIfr
Dis prysuitdeel-seisoen.
En ek moet sê, dit is ’n voorreg.
Dit is mooi om jou kind se harde werk te eer.
Ons is dankbaar vir elke sertifikaat, elke trofee, elke medalje.
Maar: dit mag nooit identiteitsplek word nie.
Die prys, die sertifikaat, die top 10 LYS, die leier verkiesing…
is nie jou kind se waarde nie.
Dit is net ’n voorreg.
My eie seun het ons gister baie trots gemaak. Werklik.
Hy het die hele jaar hard gewerk.
Hy het goeie uitslae kry, hy het sy pryse ontvang, en vir ’n paar minute het hy dit terdeë geniet. Sy oë op ons en sy glimlag groot.
Maar dit was so vinnig…
So vinnig soos wat hy sy prys vasgehou het
so vinnig was sy aandag weer op speel saam met sy maats.
Ons het in die kar rit huis toe lekker daaroor gesels, hy was oorstelp van vreugde.
Maar omdat sy identiteit NIE in sy prestasies lê nie,
omdat sy waarde in Jesus is,
kon hy net weer normaal aangaan.
Daardie aand in die bed, sonder dat ons hom hoef aan te moedig, het hy gebid en verklaar :
"ek doen alles net vir Jesus."
Dís identiteit.
Nie die medalje nie.
Nie die sertifikate nie.
Nie die punte of die ranglys nie.
“Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”
Matteus 6:21
“Alles wat julle doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.”
Kolossense 3:23
“Kinders is ’n erfdeel van die Here.”
Psalm 127:3
Van ons as ouers
Vier jou kinders.
Wees trots.
Klap hande en gee 'n applous vir hulle harde werk.
maar…
wys vir hulle
dat ons vreugde oor hulle kom
nog voor hul punte…
nog voor hul prestasies…
nog voor hul sertifikate…
omdat hulle reeds geliefd is, sonder pryse.
©FLOWERINGALMOND