12/11/2025
Ek maak graag gevulde butternut of patat vir ons. Butternut gekook en in die helfde gesny, vulsel uitgeskep en gemash. Ekt so eetlepel room kaas en spice ingegooi en die vulsel weer terug geskep in die Butternut.
Die mince- Ek het volstruis mince gebruik(jy kan enige gebruik) Ek geur dit gewoonlik met ina paarmans spice. Ek het ook lensies eenkant gekook en toe by my mince gegooi. Die blikkie boerie light by gesit en die sous verdik.
Ek het die Butternut toe op getop met roast vegetables (jy kan enigiets insit of uitlos) ek hou daarvan om leftovers op te gebruik. Kaas oor gegooi (nie teveel nie π) die pers spice van ina paarman opgegooi en gerooster in die oond.
Ek het die mince laaste oor gegooi want ek voel dit sou n groot mengelmoes raak In die oondpan (jy kan dit so doen as jy wil)
Ek het nog n resep waar ek blokkies aartappel rooster en dieselfde doen π