27/02/2026
As bestuurder weet ek - jy kan nie alleen bou nie.
Langs my staan twee ongelooflike vroue wat elke dag saam met my dra, dien en liefhet! Esmeralda en Alicia – julle is soveel meer as net administratiewe beamptes. Julle is die hartklop agter soveel wat by Huis van Liefde gebeur. Julle vriendelikheid, julle opregtheid en die manier waarop julle elke mens met respek en liefde hanteer, spreek boekdele.
Julle sien mense raak wanneer ander dalk verbykyk. Julle bring rustigheid in chaos en warmte in elke interaksie. Ek sien julle harde werk, julle toewyding en julle sagte harte. Ek waardeer dit meer as wat woorde kan beskryf.
Dankie dat julle nie net saam met my werk nie, maar saam met my hierdie roeping leef 🤍