30/01/2026
Baie dankie aan ons borge OK Minimark Malmesbury, Optic Edge Optometrists Malmesbury, Swartland Technology en Ouvat Overland Liquors vir julle ongelooflike ondersteuning.
Danksy julle bydrae kan elke speler van Malmesbury Krieketklub se A en B span (24 spelers) wat mΓ΄re teen Wolseley A en B speel, elk βn bottel koue water, Powerade, Switch Energy en βn klein Bar One ontvang.
Hierdie gebaar beteken ongelooflik baie vir ons klub. Dit wys nie net julle ondersteuning vir sport nie, maar ook julle betrokkenheid by ons spelers se welstand en motivering. Sulke ondersteuning maak βn werklike verskil en help om klubgees en trots te bou.