Stoofstories Meel & Kaneel

Stoofstories Meel & Kaneel Recipes, Beverage & a bit of everything else

18/03/2016

Wyk SATAN Los my blad uit!!!!

08/03/2016

Boerbeskuit

Vir die suurdeeg het jy nodig:

22 ml droë gis / 37 g vars gis
7 ml suiker
500 ml louwarm water
60 g meel

Die res van die bestanddele is:

500 g botter
300 ml melk, gekook
50 ml kookwater
7 ml sout
2,5 kg meel, gesif

Vir die suurdeeg los jy die gis en suiker in die water op.
Sprinkel die meel oor, roer, bedek met 'n lap en laat staan op 'n warm plek vir 2 ure.

Intussen meng jy die melk en kookwater.
Smelt die botter in die melk en water.
Voeg die sout by en laat afkoel tot louwarm.
Plaas die meel in 'n mengbak en maak 'n holte in die middel.
Gooi nou die melk- en gismengsel in die holte.
Roer met 'n houtlepel tot dit 'n stywe deeg vorm.
Knie die deeg. Moet nie dat jou deeg koud raak nie.
Smeer gesmelte botter oor jou deeg. Bedek die deegbak met kleefplastiek en maak dit toe in 'n warm kombers. Laat dit staan op 'n warm plek vir 4 ure.

Wanneer jou deeg goed gerys het maak jy rolle met 'n deursnee van 4 cm elk. Sny 4 cm-grootte stukke hiervan af en pak dit regop en styf teen mekaar in beskuitpanne.
Smeer bietjie gesmelte botter oor die deeg.
Bedek die beskuitpanne met 'n lap en laat staan op 'n warm plek om te rys vir 3 ure. Die deeg moet verdubbel.

Bak nou 1 uur lank in 'n 180°C oond.

Wanneer die beskuit afgekoel het breek jy dit in stukke. Pak dit op 'n draadrak in 'n baie koel oond met die deur oop om uit te droog.

07/03/2016

GEVORMDE KAAS SLAAI

Bestanddele
1 Pakkie Groen Jellie
250ml Kookwater
250 ml Koue water
30 ml Asyn
125 ml Room
50 ml Fyn gekapte Pietersielie
20 g Gekapte Neute
Knypie Rooipeper
250 ml Gerasperde Cheddar Kaas
1 Blik (410 g) fyn Pynappel
Tamatie Blokkies en Gerasperde kaas vir garnering

Metode
Los Jellie op in Kookwater. Voeg Koue water en asyn by. Roer af en toe.
Laat afkoel tot amper gestol. Dreineer Pynappel goed. Voeg al die bestanddele by en meng goed. Smeer vorm met olie. Vorm moet 750 ml groot wees. Gooi mengsel in vorm en laat stol in yskas. Ontvorm die slaai net voor opdiening deur die rand met mes los te maak. Keer slaai op koue opdien bord uit. Strooi tamatie blokkies rondom.
Strooi kaas en Paprika bo-oor.

07/03/2016

WORTEL EN PYNAPPEL RING:

1 blik crushed pynappel (440gr)

1 pakkie suurelemoenjellie

125ml suiker

500ml gerasperde wortels

1ml sout

125ml room

Dreineer die pynappel en gebruik die sap om 2 kop water en sap op te maak.

Verhit tot kookpunt en los jellie op daarin. Laat afkoel tot dik, maar nie gestol.

Klits die jellie tot romerig klits nou die suiker bietjiesgewys by en dan die sout. Meng pynappel en wortels in. Klits die room tot styf en vou in by wortelmengsel.

Spoel ring uit met yskaswater. Gooi in vorm en verkoel in yskas

07/03/2016

GESTOLDE WORTELSLAAI:

1 medium blik ‘crushed’ pynappelstukke

4 koppies gerasperde wortels

1 pakkie pynappeljellie

15ml gelatien (aangemaak met 15ml lou water)

Halwe teelepel sout

Kwart koppie suiker

2 teelepels suurlemoensap

1 houertjie room, geklop

Gooi sap van pynappelstukke af, genoeg vir 1 koppie. Voeg 2 koppies water by pynappelsap en laat kook. Haal af van stoof en laat afkoel. Voeg jellie, suurlemoensap, sout, gelatien en suiker by. Laat afkoel tot dikte van wit van ‘n eier. Rasper 4 koppies wortels by. Voeg fyn pynappelstukkies by afgekoelde jelliemengsel. Voeg geklopte room by. Gooi in vorm en laat stol.

28/02/2016

Mieliemeel paptert. 3 blikkies mielies. 1 koppie mieliemeel. 1 koppie Room. 1 eetl gesmelte botter. 3 eiers. Meng alles saam. Bak in oond teen 180 grade C vir 1 uur of tot gaar.

28/02/2016

Soet gekleurde Popcorn. 500 ml Versiersuiker. 75 ml Kookwater. Kleursel. Meng water en versiersuiker en gooi oor popcorn. Meng goed en sprei oop op tafel. Laat word droog.

28/02/2016

Biltong Smeerkaas. 1 kg processed Cheese. Rasper dit en gooi in kastrol. Gooi 3 koppies volroom melk by. 500 g margarien en kook oor stadige hitte tot als opgelos is. Gooi 1 koppie fyn biltong in en bottel terwyl dit nog warm is. Jy kan enigiets in plek van die biltong insit vir jou eie geur.

28/02/2016

Filling vir koeke wat styf bly en nie loperig word nie. 1 pakkie Caramel Instant Poeding. Maak aan met 1 kop melk voeg 1 blikkie caramel kondensmelk geklits en voeg 250 ml vars room geklits. Moenie die mengsel klits nie vou als liggies saam. 2. Klop 125 ml Orley Whip tot styf en voeg paar druppels suurlemoensap in. Klits dan 1 blikkie xaramel kondensmelk in. Klits goed deur en sit vir so half uur in yskas en versier die koek. Groot koeke en cupcakes. 3. 1 houertjie room styf geklits. 4 eetl kakao. 1 blik karamel kondensmelk. Versier koek hiermee.

28/02/2016

Maroelajellie. 500 ml maroelasap.
500 ml suiker

Ek kook dan presies vir 10 min. Werk 100% vir my. Neem bietjie lank so ek het nou 1 liter gekook vir 18 min. 100.
Ek kook op Snappy Chef so, ek weet nie hoe die kooktye dalk kan verskil op ñ gewone stoof nie.

28/02/2016

Voortrekker Poeding.

Bestanddele
240 g meelblom (500 ml)
16 g bakpoeier (20 ml)
4 g sout (4 ml)
140 g botter
2 eiers
melk

Metode
Sif die droë bestanddele. Vryf botter liggies met vingerpunte in. Meng tot stywe deeg met geklitste eiers en genoeg melk. Rol uit en sny in repe van 12 mm breed. Draai om groen stokke wat omtrent 18 mm dik is, sodat dit ’n horinkie van omtrent 150 mm in lengte vorm.

Die repies moet altyd half oormekaar lê. Hierdie horinkies word nou oor kole gaar gemaak deur die een punt van die stok vas te hou en dit gedurig in die rondte te draai. Sodra die horinkie goudbruin is, word dit met appelkooskonfyt, room en dik vla gevul. Dit was ’n baie gewilde nagereg vir Voortrekkerkinders. Martha Botha

28/02/2016

kerrie komkommers, 1 kg komkommers, 500 gram uie geskil, 2 wortels grof gerasper, 1 kop water, 1 tl sout, 1 kop suiker, 2 kop wit asyn, 2 eetl kerriepoeier, 2 tl mostertpoeier, 2 eetl mielieblom, aangemaak met bietjie koue water, half tl wit mostertsaadjies, half tl swart mostertsaadjies [opsioneel]. Sny die komkommers en uie in dun skywe en halveer. Bring die water tot kookpunt en kook die komkommer en uie dan 10 minute lank daarin. Voeg die sout en suiker by en verhit tot die suiker opgelos is. Voeg die res van die bestanddele en wortels by en kook goed deur tot die mengsel verdik. Skep die warm mengsel in bottels. Lewer 1.5 liter.

Address

Hillstr 22
Malmesbury

Telephone

+27829442932

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Stoofstories Meel & Kaneel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram