Kanonkop/Dennesig/Middedorp Radiogroep

Kanonkop/Dennesig/Middedorp Radiogroep Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Kanonkop/Dennesig/Middedorp Radiogroep, Kanonkop/Dennesig/Middedorp, Middelburg.

25/03/2019

Die vrou wat Saterdagoggend dood is nadat haar been deur ’n vlugtende motor afgery is, het as ’n held gesterf.

28/12/2018

GIF NOODBEHANDELING - SPOED KAN JOU DIER SE LEWE RED!
BELANGRIK: KRY SO SPOEDIG MOONTLIK DIE HOND AAN DIE BRAAK
1) Dien 15ml waterstof peroksied (“Hydrogen peroxide solution B.P. 10 volume 3% m/m”) stadig toe met ‘n spuit en laat die dier dit mondelings inneem. Voorkom asseblief dat dit in die longe beland. OF:
2) Alternatiewelik kan 1 teelepel seeppoeier opgelos in ‘n koppie lou gekookte water met ‘n spuit toegedien word op dieselfde wyse. Verhoed asseblief dat dit in die longe beland.
3) Na braking, gee die dier 5-6 geaktiveerde houtskool tablette (houtskoolpille) in, wat te koop is by die apteek. Ook bekend as “Activated charcoal”, wat dien om oorblywende gif in die maag te neutraliseer/absorbeer.
4) Indien geen van bogenoemde beskikbaar is nie, neem 4 snye witbrood en verbrand dit tot houtskool in die oond. Maak effe klam met lou gekookte water en forseer dit met die vinger agter in die keel stadig in en sorg dat die dier dit normaal sluk.
DAAR IS TWEE BELANGRIKE GIFSOORTE
1. TWO-STEP OF ALDICARB VERGIFTIGING
Volg altyd in alle gevalle bogenoemde stappe 1 of 2 en 3. By hierdie tipe vergiftiging word die teenmiddel Atropien binne-aars toegedien. Bespreek vroegtydig hierdie moontlikheid met jou veearts. Die veearts sal jou ook kan adviseer oor die gebruik van kortisoon, Vitamien B en antihistamiene soos Allergex en 10mg Phenergan.
2. ROTTEGIF
Volg altyd in alle gevalle bogenoemde stappe 1 of 2 en 3. Jy kan Kyrovite of Vitamien K oor die toonbank bekom. Weereens bespreek die behandeling ook met jou veearts. Die inspuiting moet ook verkieslik binne-aars toegedien word, andersins onderhuids. Die veearts sal jou ook kan adviseer oor die gebruik van kortisoon, Vitamien B en antihistamiene soos Allergex en 10mg Phenergan.
PADDAS
Volg stappe 1 of 2 en 3 hierbo – daarna kan ‘n klein bietjie vleis sagmaakmiddel (‘meat tenderiser’) of pynappelsap of papajapoeier, asook die skil in die mond gesmeer word in ʼn poging om die proteïenketting van die speeksel te breek. Braking kan beheer word met ’n pediatriese Valoid setpil (of ander middels geskik vir babas). Setpille word vinnig opgeneem en nie uitgebraak nie. Gee daarna vloeistof soos rooibostee, nartjie Energade, water en/of bokmelk om self te drink.
GLASSTUKKE INGESLUK? Neem 'n sny brood, smeer dik mayonnaise, neem 4-5 watteballetjies en 'versprei' eweredig oor die sny brood. Vul weer op met mayonnaise en vissmeer/Marmite of soortgelyk. Knip met ʼn skêr of sny die toebroodjie in 1cm vierkante en gee dit in. Die watte haak om die glasstukke en bind daarom en behoort redelik gemaklik deur die spysverteringstelsel uit te skei. Gee daarna ook 2-3 eetlepels aptekersparaffien in om die dermkanaal verder te smeer.
Hierdie dokument dien as algemene kennis en die raad word op eie risiko gevolg.
Pierre van Niekerk © 2015

GIF
Simptome begin baie vinnig na die gif ingeneem is. • Spier sametrekkings (kan lyk of die hond/kat bewe) en oormaat spoeg. • Die hond/kat gooi op (bloeding in braaksel of stoelgang) en kan ook sukkel met asemhaling • Die pupille van die oë bly klein selfs as daar min lig in die dier se oë skyn. • Pols/hartklop is baie stadiger as normaal. (Normaal vir honde: klein hondjies rondom 160 per minuut, Groot honde rondom 70 per minuut) • Daar kan stuiptrekkings /seizures voorkom. • Die dier kan sukkel om asem te haal of snak na asem. • Minder algemeen is oormatige urinering, verswakte spier funksie of verlamming. Noodhulp by Vergiftiging van honde Stap 1: Ingeval jou dier gif ingekry het, is die belangrikste die volgende; Maak seepwater (seeppoeier) 1 teelepel op n koppie louwater water aan en gee dit vir hom in sodat hy die gif uitbraak. Kry geaktiveerde houtskoolpille wat jy by die apteek koop. As jy nie geaktiveerde houtskool tot jou beskikking het nie, neem 4 snye witbrood en verbrand dit in die oond tot koolstof. Dit is geaktiveerde koolstof. Maak dit klam en gee dit stadig in sodat dit die gif in die maag kan absorbeer en neutraliseer Daar vind hoofsaaklik twee soorte vergiftigings onder honde vandag plaas. Baie belangrik: In alle gevalle, voltooi eers stap 1 so vinnig as wat jy kan. Dan moet jy ry om by die veearts te kom dat hy kan vasstel watter gif dit was sodat hy 'n teenmiddel kan inspuit!

ter inligting:
Dis krities dat enige siek dier nie ontwater nie - gebruik ‘n skoon spuit wat ten minste 10-15 ml vloeistof kan hou en gee sowat 10ml elke 15-20 minute van een van die volgende:
1. Maak 1 teelepel Marmite/Bovril/Oxo aan in 1 koppie lou gekookte water. Na gelang van die gewig/ouderdom van die hond, kan sowat 10 ml elke 15-20 minute agter in die keel stadig ingespuit word (sonder dat dit in die longe beland).
2. Sou naartjie Energade/Powerade (energiekoeldrank) beskikbaar wees, kan dit tussenin gebruik word en al om die b***t met die Marmite water ingegee word.
3. Alternatiewelik kan ook elektroliete (9 gram/2 gelykvol teelepels tafelsout op 1L lou vooraf gekookte water gemeng met 4 teelepels suiker) gegee word en / of
4. Darrows ‘solution’ ook tussenin toegedien word. Dit moet goed gemeng word en elke 15-20 minute toegedien word met die spuit om die liggaam se krag op te bou.
5. As die naartjie koeldrank nie beskikbaar is nie, gee elke 20 minute ‘n vingerlek ‘rou’ heuning met die water in of sukrose. Onthou net dat suiker giftig is vir honde maar die maag se mikrobes benodig in die geval energie en dat dit baie belangrik is dat die afvalstowwe nie in die niere lewer en maag konsentreer nie, maar uitgeskei moet word.
6. Valoid pediatriese setpil kan toegedien word volgens grootte/gewig vir naarheid. Neem altyd die dier se massa en grootte in ag; baie klein hondjies - net 'n kwart pil; hondjies tot en met 20 kg - halwe pil; meer as 20kg - 1 pil
7. Dien Lennon se staaldruppels 5 druppels 2 x per dag deur die spuit in die Marmite water toe (as dit n groot hond is, gee 10 druppels) indien daar enige tekens van ‘inwendige’ bloeding is, om dit gestop te kry (poefie bloed). Kan ook Turlington gebruik as staaldruppels nie te vinde is nie.
8. Sorg altyd dat daar vars water naby is as die dier self wou drink, wat n baie goeie teken is.
9. Plein wit Griekse full/double cream jogurt en sterk swart sonder suiker rooibostee kan net goed doen – die tiannien in rooibos sal ook die magie help herstel.
10. Voorsien halfgaar hoenderlewer of lewer aan die hond in sagte fomaat, al is dit in klein hoeveelhede, maar ook kort-kort. Pampoen kan ook opgekook word sonder sout en met fyngemaakte wit hoender gevoer word – jy kan teelepel Protexin en eetlepel jogurt met die pampoen meng.

ter inligting:
BOSLUISKOORS BY HONDE
Inleiding
1. Bosluiskoors, ook genoem galkoors, is die siekte wat die meeste hondevrektes in Suid-Afrika veroorsaak. Bosluiskoors word veroorsaak deur die organisme Babesia canis rossi en word deur die geelhondehokbosluis oorgedra.
2. Daar is egter verskeie ander bosluisspesies van belang wat bosluiskoors en bosluisbytkoors aan honde kan oordra.
3. Die drie belangrikste bosluise vir die hond is:
a. Die geelhondebosluis “Haemaphysalis elliptica”, wat bosluiskoors kan oordra, terwyl
b. Die hondehokbosluis of “Rhipicephalus sanguiness“ beide bosluiskoors en bosluisbytkoors oordra, en
c. “Rhipicephalus simus”, die blinkbruinbosluis, wat bosluiskoors (Babesia canis rossi) aan honde oordra en bosluisbytkoors (Rickettsia conorii) aan die mens.
4. Verskeie ander bosluissoorte dra bosluiskoors aan die mens oor. Hulle is:
a. Die bontbosluis
b. Die geelhondehokbosluis
c. Die groot bontpootbosluis
d. Die bruinoorbosluis
e. Die rooipootbosluis
f. Die hondehokbosluis
g. Die blinkbruinbosluis
Bosluiskoors in die praktyk
Baie veeartsenypraktyke noem dat bosluiskoors die belangrikste siekte is van honde en wys daarop dat duisende honde jaarliks hieraan sterf en dit is ook die siekte waaraan troeteldiereienaars die meeste geld spandeer.
Die troeteldier eienaar se optrede: Voorkoming van bosluiskoors is natuurlik die beste oplossiong.
Siektetekens van bosluiskoors
Voordat mens oor siektetekens praat, is dit belangrik om te onthou hoe vinniger die hond by die veearts kom, hoe minder kos die behandeling en is enige dier se kans om te oorleef net soveel beter.
Siektetekens:
1. Lusteloosheid
2. Verlies aan eetlus
Fisiese tekens:
3. Bleek oogslymvliese
4. Bleek gryswit tandvleise
Karakter van bosluiskoors
1. Bosluiskoors parasiete (Babesia) se lewensiklus in die bloedstroom van honde is soortgelyk aan dié van malaria parasiete (Plasmodium) wat in mense voorkom.
2. Albei parasiete is protosoa, wat iets anders is as virusse of bakterieё.
3. Sommige bosluiskoors pasiënte ontwikkel gekompliseerde bosluiskoors waar organe soos die hart, niere, longe, lewer, maag en ingewande asook brein en longe aangetas word.
4. Hierdie komplikasies ontwikkel as gevolg van toksiese stowwe, ook bekend as Oplosbare Parasiet Antigene (OPAs), wat deur die Babesia parasiet afgeskei word.
5. In die Literatuur is dit opgeteken dat tot 12% van hierdie honde pasiënte vrek en ‘n verdere 2%-3% moet uiteindelik uitgesit word.
Simptome
Die simptome wat honde ervaar, is soortgelyk aan dié van mense met malaria. Bosluiskoors is daarom ‘n dodelike siekte wat nie ligtelik opgeneem moet word nie. As honde kon praat, sou hulle waarskynlik getuig van geweldige hoofpyne wat, soos in die geval van mense met malaria, voorkom.
1. Die eerste simptoom van bosluiskoors is lusteloosheid
2. Dit kan met of sonder aptytsverlies gepaardgaan
3. Koors (meer as 39°C) kom in die meeste gevalle voor
4. Die hond kry warm en haal swaar asem of hyg
5. Slaap te veel
Gevolge
1. Die hond het bogenoemde simptome omdat die Babesia parasiet die rooibloedliggaampies vernietig.
2. Rooibloedliggaampies vervoer belangrike voedingstowwe en, nog meer belangrik, suurstof na belangrike liggaamsdele en weefsels toe.
3. Wanneer bloedarmoede duidelik word deur bleek tandvleise en oogslymvliese is dit ’n teken dat daar ’n oormatige afbreking van rooibloedselle was.
4. Dan is dit is byna onafwendbaar dat ’n bloedoortapping as deel van die behandeling in hierdie stadium benodig word om die dier se lewe te red.
Diagnose
1. Die diagnose van bosluiskoors word gemaak deur ’n bloedsmeer onder 1,000 keer vergroting onder ’n mikroskoop te ondersoek.
2. Dit is noodsaaklik om te weet dat bosluiskoors ook saam met nog ‘n bosluisgedraagde siekte, bosluisbytkoors, voorkom.
3. Beide siektes toon dieselfde simptome maar die behandeling daarvan verskil wesenlik.
Wat doen die parasiet in die bloedstroom?
1. Soos die malaria parasiet in mense, doen die bosluiskoors parasiet sy selverdeling in die rooibloedselle.
2. Wanneer hierdie parasiete die dooie rooibloedsel verlaat, val die nuwe generasie parasiete wat in die selverdeling ontstaan het, nuwe rooibloedselle aan.
3. Die verdelingsproses is nie eenvorming of vind nie ewe vinnig plaas nie.
4. Die ontwikkeling van bosluiskoors wissel en is op sy beste onvoorspelbaar.
5. In sommige gevalle is dit stadig (weke lank) terwyl dit in ander gevalle ure tot dae kan verloop.
6. Dit is dus belangrik dat die eienaar van ‘n hond baie bewus moet wees van sy hond se gedrag en die simptome van bosluiskoors.
7. Dit is baie belangrik dat ‘n kundige persoon ’n akkurate diagnose maak sodat die korrekte behandeling kan plaasvind.
Behandeling
1. Die behandeling van bosluiskoors behels onder meer die toediening van ’n middel wat die parasiet doodmaak.
2. In nie-gekompliseerde gevalle word n hond behandel met anti-protozoïese middels soos Veriban, Berenil RTU of Forray 65.
3. Die dosis word gemaak op grond van die hond se gewig en dit moet baie akkuraat wees, aangesien oordosering nier- en/of breinskade tot gevolg sal hê.
4. Saam met hierdie behandeling is ondersteunende behandeling uiters noodsaaklik - veral in gevorderde gevalle.
Skade van bosluiskoors
1. Sou die Babesia parasiet swaar besmetting veroorsaak het, kan dele van die afgestorwe parasiete in die bloedstroom ná behandeling orgaanskade veroorsaak.
2. Orgaanskade kom voor as die filtreervermoë van die niere misluk omdat daar te veel dooie parasiete is wat uit die stelsel gefiltreer moet word.
3. Die lewer sal ook oorlaai word met galpigment.
4. Die tandvleise en oogslymvliese van honde wat swaar bosluiskoors beleef het, sal ná behandeling van swaar bosluiskoors besmettings dikwels geel vertoon, wat die naam van bosluisgalsiek verduidelik, want die hond het dus geelsug.
5. Soms veroorsaak die bosluiskoors organisme dat die rooibloedselle taai en klewerig word en klein bloedklontjies vorm.
6. Wanneer dit in die haarvate van die brein plaasvind, veroorsaak bosluiskoors senuwee-simptome by ‘n dier wat vergelyk met beroerte by mense.
7. Honde met bosluiskoors ervaar ‘n erge glucose tekort, dus te min energie.
8. Om bosluiskoors behandeling te laat slaag is dit van uiterste belang om toe te sien dat die dier nie ontwater nie.
9. Die belangrikste bydrae wat die honde-eienaar kan lewer om die behandeling te laat slaag, is om toe te sien dat die hond so gou moontlik weer begin eet.
10. Heuning, glukose in die drinkwater en Energade energie koeldrank (slegs naartjie geur wat ook elektroliete bevat) kan met ‘n klein spuit in die mond toegedien word.
11. Marmite water en/of Oxo, flou opgelos (teelepel op koppie kookwater) en ook met ‘n spuit toegedien word met kort tussenposes sal help dat urienvloei verseker word, wat die uitskeiding van afval afkomstig van die rooibloedselle sal bewerkstellig.
Voorkomende behandeling
’n Entstof Nobivac teen bosluiskoors is nou beskikbaar. Doen dit veral in situasies waar bosluiskoors herhaaldelik by ’n dier voorkom, waar bosluis bekamping moeilik is en waar honde nooit aan bosluise blootgestel is nie, maar dan skielik verskuif word na ’n omgewing waar daar wel bosluise voorkom.
Beheermetodes: Dipmiddels, halsbande, sjampoes, poeiers.
Pierre van Niekerk © 2015
7. BRAKING - Valoid pediatriese setpille. Dien toe afhangende van die hond se grootte / gewig. Klein hondjies sowat 1/5de van ‘n setpil, middelslag honde sowat 1/3de van ‘n setpil en groter honde sowat 2/3de van ‘n setpil. By alle ‘mens’ apteke te koop. Smeer Vaseline of KY jellie aan en sit in tot jy die sluitspiere voel saamtrek.
8. BRAKING by Yorkies - Clopamonstroop. Vra jou apteker om jou in die verband advies te gee.

Pierre Rossouw

PS! Remember; after emergency treatment the animal should still be seen by a vet as soon as possible, even after hours.

17/07/2018

Melissa Marais (28 years) from Middelburg, Mpumalanga was last seen by her fiancé at around 07:30 on Tuesday the 17th of July.

11/06/2018

DRINGENDE HULP ASSEBLIEF

Helpende Hand Middelburgtak, gaan ingryp met ‘n noodplan vir die werknemers van 'n Maatskappy wat nou vir die 3de maand sonder salaris gaan en wat ook geen skeidingspakkette ontvang nie. Ons voorsien aan die geaffekteerdes, tweeweeklikse;/maandelikse kospakkies ter verligting van hul nood. Dit gaan baie swaar, want talle
werknemers staan die kans om hul voertuie te verloor, is agter met huurgelde, verbandspaaiemente, skoolfonds en
munisipale rekeninge.

Soos in 2016 tydens die sluiting van die Highveld Staal Aanleg buite Witbank, rig Helpende Hand ‘n versoek tot die
breër gemeenskap om die mense nou in Middelburg by te staan. Enige skenkings kan gelewer word by ons
skenkingsstasie - Ons Winkel, Solidariteit Helpende Hand , Panorama sentrum (Oorkant die Witkerk).

Hiermee die bestuurslede wat gemagtig is om namens Solidariteit Helpende Hand Middelburgtak
fondse/skenkings/borge te bekom vir die tydperk Junie 2018 – September 2018:
Carin du Plessis – 0721065231 Voorsitter
Mariette Stapelberg – 0609522786 Onder -voorsitter
Hannelie Potgieter – 0883058674 Sekretaresse
Lizette Oelofse – 0712545443 Projek Ko-ordineerder
Zillika Lotter – 0796006691 Projekleidster
Lizelle van der Merwe - 0828530260 Skakelbeampte/Bemarker

Baie dankie byvoorbaat, weet dat jul ‘n verskil maak aan die gemeenskap wat geraak word deur hierdie krisis.
‘n Artikel 18 (A) Sertifikaat sal ook gelewer word vir skenkings op aanvraag.

11/04/2018

BEWARE: ANOTHER ON-ROAD TACTIC USED BY CRIMINALS
April 11th: This is a warning to all truckers and motorists to please avoid driving over what may look like a harmless discarded black plastic bag lying on the road. It may not be litter. Inside the bags are long nails wedged into tyre chunks which puncture tyres and force you to stop whereafter the criminals pounce and rob or hijack you.
Source: Fleetwatch.

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1154915631315505&id=265615323578878

07/04/2018
11/03/2018

"It frightens me to think of what couldn't happened to my son. I want to warn parents that this stuff is real and really happens."

09/03/2018

’n Inbreker is vanoggend omstreeks 01:30 in Helen Josephstraat doodgeskiet.

13/01/2018

Attack on White couple in Ermelo Mpumalanga on 22H10 on 12/01/2018

A husband (55) and wife (60) were walking to a nearby cafe in Ermelo in a quiet neighbourhood. A white Golf with three bravo males stopped close to them and jumped out of the car, and shots were fired at the couple. The man was hit in his leg. They then proceeded and abducted his wife.

Neighbourhood Watch and Saps were notified. Ermelo was closed down. After about 25 minutes they found the lady near Ermelo location in the veld. She had been hacked over her head and suffered a severe head trauma as result of the blow.
Her left foot's toes had been hacked off except for the little toe and her right foot's toes where all been partly hacked off.
She lost a lot of blood. As we are speaking (07H00 ,13/01/2018) she is still in hospital in theatre.

Nothing has been stolen. She had about R400.00 with her.

Thanks to the quick response of the Saps and all others involved.

10/01/2018

Moenie d**k dat inbrake net met ander mense gebeur nie – jy lok dalk onwetend diewe na jou huis!

08/11/2017

The modus operandi resembles that of the notorious Nyaope Gang who were regrettably released from police custody.

06/09/2017

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het motoriste vandeesweek gewaarsku teen ʼn nuwe werkwyse wat kapers glo gebruik.

Address

Kanonkop/Dennesig/Middedorp
Middelburg
1050

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kanonkop/Dennesig/Middedorp Radiogroep posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Kanonkop/Dennesig/Middedorp Radiogroep:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram