29/10/2025
Ek praat twee tale – daar is nie ‘n eerste of tweede nie, want elkeen het sy eie plek. Afrikaans is my huistaal, my kuier taal en my knus taal. Dit is die taal waarmee ek die sagter dinge, die ‘binne’ dinge deurleef en met my siel saam kuier. ‘n Taal wat streel, wat rol op die tong en herinneringe herleef en wat in my leef.
Kom stap saam met my op die paaie in jou binnewêreld, mediteer saam met my in jou taal – dit kan dalk net vir jou die pad na jou binnekamer ontsluit.
https://www.youtube.com/watch?v=6ctNkarqp9U
Hierdie meditasie bied 'n stille ervaring van vreugde en die effek wat dit op ons gemoed het. Indien jy 'n behoefte het om vreugde en rustigheid jou deel te ...