08/11/2025
Niemand kan vir jou Dementia laat verstaan of jou daarop voorberei nie! Jy moet dit self beleef.
Kom kuier hier by Heavenly Haven Care vir jou geliefdes, wéés net daar.
Dit is die hartseerste siekte wat ek ken.
Om seker te maak hul is in goeie hande, by 'n veilige versorgings te huis is ons hier om 'n verskil te maak en te help. Ons versorg: 24/7
Daar is tye dat hul nie weet wie hul is nie. Maar soms beleef hul 'n paar goeie en rustige dae agter mekaar.
Soms is daar moeilike tye en gee nie samewerking nie, of hul vasval in een of ander herhalende gedrags patroon, help dit soms as iemand anders die sitsuasie hanteer.
Gister weer sê die oom hy het nog nooit geëet vandag nie, maar net 5 minute terug het hy middag ete gehad.
Hul vergeet net bloot dat hul wel geëet het.
Ons kan nie toe laat dat hul heeldag onbeheers eet nie, dus sorg ons dat daar wel gesonde peuselhappies is waarmee ons hul deur die dag kan bederf.
Geduld, empatie en die vermoë om jouself in die pasiënt se skoene te plaas en die lewe uit hul perspektief te sien, is noodsaaklik.
Soos Laurika Rauch sing:
"Vergeet om te vergeet, van haar verlange na 'n geliefde en die belang van onthou en nie te vergeet nie. Dit is die onthou van liefde, vashou en in die vergeet dat ons mekaar verloor. Vergeet neem my na plekke, waar ek sê: ek het nog nooit vandag geëet het nie.
Môre tannie Elize, al het jy 'n sekonde terug gegroet
Dementia, altzheimer, is 'n baie hartseer siekte en ek wéét die Here gee krag!
Waar daar lewe is, is daar hoop.
Ons is hier om 'n verskil te maak vir enige persoon met gestremdhedeDaar is nog plek vir dames en man's in die te huis. Ons neem in mense met Down sindroom, autisme, Parkinson, Dementia, beroertes, fisiese gestremdes.
●Med-step aansterk na operasies.
● Dagsorg
● Voltydse sorg.
Ouderdom 18 jaar en ouer.
Kontak Elizabeth Du Preez
082 772 7363
admin@heavenlyhavencare.org.za