08/12/2025
Om eensaam binne ‘n verhouding te staan is dikwels pynliker as om alleen te wees. Alhoewel gevoelens van eensaamheid binne huwelike redelik algemeen is, raak dit problematies as temas van isolasie en/of uitsluiting van mekaar 'n permanente karater kry.
Wanneer dit langdurig word skuif die egpaar in ’n transaksionele verhouding waar kindersorg, finansies en huishoudelike take die enigste aanknopingspunte word met min of geen ruimte vir emosionele, intieme of kommunikatiewe geborgenheid. Albei begin erkenning of bevestiging soek by kinders, familie of vriende eerder as by mekaar.
Eensaamheid binne ’n huwelik moet dien as ’n sein tot aksie. Voortdurende wrokke, onopgeloste argumente en gebroke beloftes skep hindernisse vir nabyheid.
Om in ’n vereensaamde verhouding te wees lei dikwels tot depressie, angs en stres verwante probleme.
Skep geleenthede om jul huwelik en welstand te verbeter. Oorweeg ’n konsultasie met ’n sielkundige as een van verskeie moontlikhede om emosionele brûe te herstel.
Skakel die praktyk direk op 0824529260 vir ’n afsprake.
16 Malva, Danabaai.