Amoré Bosch - Storie van Geloof

Amoré Bosch - Storie van Geloof In net 5 dae, het dit gegroei met 3 cm en strek tot by haar bors. OPERASIE: 27 Februarie

Amorè, 16 jaar oud, het op Woensdag 11 Februarie, uitgevind daar is 'n 17 cm x 12 cm vergroeisel op haar linkerkantste eierstok met 'n massa van ongeveer 2 LITER.

Terwyl ons wag om meer te sekerheid te hê oor wat tans met Amoré fout is, wil ons graag die geleentheid gebruik om dié p...
11/03/2026

Terwyl ons wag om meer te sekerheid te hê oor wat tans met Amoré fout is, wil ons graag die geleentheid gebruik om dié page vir nog ń goeie doel te gebruik -

💛Auto-Immuun Siektes.💛

As julle deel wil wees van nog ń baie jong meisie se lewensverhaal wat net so baie mense aanraak, lees meer hier onder en gaan besoek die page!❤️

9 MARCH.
One of Chi-Nelri’s WORST nights.

Her small body twisted in pain while she lay in her hospital bed.
Right next to her sat her mother… watching, praying, and feeling completely helpless.

Because sometimes love cannot take the pain away.

Doctors have already placed Chi-Nelri on the strongest medication they can safely give her right now — the only thing helping her get through these days.

Still the pain finds its way through.

💜 March is Autoimmune Awareness Month 💜

Chi-Nelri lives with multiple autoimmune diseases, including:

• Rheumatoid Arthritis – where the immune system attacks the joints, causing severe pain and inflammation.
• Autoimmune Hepatitis – where the immune system attacks the liver.

Earlier this year she already underwent major surgery where her spleen and part of her pancreas had to be removed.

Autoimmune diseases are often called “invisible illnesses.”
From the outside you may see a child — but inside, the body is fighting itself.

While this painful night unfolded in the hospital, another reality waited at home.

On Tuesday morning, her father Steve had to get up and go to work after hearing his youngest daughter cry over the phone.

Because while Chi-Nelri is fighting for her health, the medical bills keep arriving.

More than seven outstanding hospital accounts have already landed in their inbox.

And still, her parents are doing everything they can to remain pillars of strength for both their daughters, fighting the financial battle so Chi-Nelri can have a chance at a normal life.

🩷 A fundraiser has been created to help carry some of the weight of Chi-Nelri’s ongoing medical care.

If you would like to stand with this family, you can support here:

⬇️

https://www.backabuddy.co.za/campaign/chi-nelri-smith-the-living-miracle

❤️

Every share, prayer, and act of kindness becomes part of Chi-Nelri’s story.

Because no little girl should have to fight battles like this alone. 🩷

Ons is stil op sosiale media, maar só baie gebeur weer in minder as 6 dae. Ons wil graag ’n kort mediese update oor Amor...
10/03/2026

Ons is stil op sosiale media, maar só baie gebeur weer in minder as 6 dae.

Ons wil graag ’n kort mediese update oor Amoré deel. 💜
MAANDAG 9 MAART
Amoré was by Dr Gengan, die neuroloog.

Sy bevindings:

🔴Vermoed ń probleem by haar hart.

🔴Verwys na ń kardioloog. Afspraak is Woensdag 11 Maart.

🔴MRI-scan moet gedoen word vir verdere ondersoek. Geboek vir môre, Woensdag.

💛Ons wil graag ook ’n bietjie goeie nuus deel. 🤍

Die patologie uitslae van Amoré se operasie het teruggekom. Die dokters het bevestig dat die massa wat verwyder is ’n serous cystadenoma was — ’n goedaardige ovariale siste.

💛Daar is geen tekens van kanker of abnormale selle gevind in die weefsel wat ondersoek is nie, en die fallopiese buis het ook geen abnormaliteite getoon nie.

🟠Amoré se dokters het egter verduidelik dat sy in die toekoms gereeld vir opvolgskanderings sal moet gaan, sodat hulle kan seker maak dat daar nie nuwe siste vorm of dat enige siste verander na iets kwaadaardigs nie.

Ons is ongelooflik dankbaar vir hierdie uitslag. 🙏

Dankie aan elkeen wat saam bid, boodskappe stuur en Amoré ondersteun. Dit beteken regtig baie vir die Bosch gesin 💜💛
Sonder julle sou die toetse nie moontlik wees nie.

UPDATE OOR AMORÉ 🤍Ons was Donderdag 5 Maart by die dokter vir n opvolg.🟠 WAT WEET ONS TOT NOU? 🟠🔺Die toetse wat reeds te...
06/03/2026

UPDATE OOR AMORÉ 🤍
Ons was Donderdag 5 Maart by die dokter vir n opvolg.

🟠 WAT WEET ONS TOT NOU? 🟠
🔺Die toetse wat reeds terug is, lyk skoon, waarvoor ons ongelooflik dankbaar is!!

🔺Ons wag nog vir die finale uitslae van die sist.

🔺Haar snye lyk mooi en genees goed.

🔴 WAT IS DIE VOLGENDE STAPPE? 🔴
🔺Die dokter het vir Amoré ’n afspraak by ’n neuroloog gekry vir Maandag 9 Maart,10 uur. Ons is baie dankbaar dat sy kon help om die afspraak vir ons te reël.

🔺Amoré het gelukkig nog nie weer uitgepaas nie, maar sy ervaar steeds daaglikse duiseligheid.

🔺Daar is ’n moontlikheid dat dit epilepsie kan wees, maar dit sal eers deur die neuroloog bevestig kan word.

Vir nou hou ons net vas aan geloof en hoop terwyl ons wag vir meer antwoorde.

Dankie vir elke gebed, boodskap en ondersteuning. Julle dra ons regtig deur hierdie tyd. 🤍

"FOR THE LORD, YOUR GOD, WILL BE WITH YOU WHEREVER YOU GO."Hierdie is vir JOU!💜💟STILTEOns is stil, maar ons sien al die ...
03/03/2026

"FOR THE LORD, YOUR GOD, WILL BE WITH YOU WHEREVER YOU GO."

Hierdie is vir JOU!💜

💟STILTE
Ons is stil, maar ons sien al die kommentaar, gebede en boodskappe wat julle vir ons as gesin los. Soms spreek stilte groot volumes!

DANKBAAR vir julle
Ons is dankbaar. Ons was een van die bitter min, maar gelukkige ouers wat met die ondersteuning van die gemeenskap, vreemdelinge en mense wat ons ken - die onkostes tot dusver tenvolle kon dek. En dit laat ons rustig slaap saans.

DANKIE!💗

Haar stryd voel nou selfs swaarder as voor die operasie, maar ons weet dat elke tree nader aan genesing is.

Ons staan vas – nie in ons eie krag nie, maar in geloof en gebed!🙌

DIE TWEEDE OPINIE🚨Dit gaan ongelukkig nie goed na Vrydag se operasie nie. Sy ondervind erge borspyn, sukkel met asemhali...
03/03/2026

DIE TWEEDE OPINIE🚨

Dit gaan ongelukkig nie goed na Vrydag se operasie nie. Sy ondervind erge borspyn, sukkel met asemhaling en verloor kort-kort bewussyn.

Amorè kan eers Donderdag 15:00 die spesialis sien - almal is vol geboek.

Dankie vir almal se ondersteuning en gebede in hierdie moeilike tyd. 🙏💜💛

Julle maak dit makliker om die klein dinge te veg waaroor ons nie post nie. 💜

24 UUR NA DIE OPERASIE💜Amoré het vanmiddag nog goed gevoel gegewe die omstandighede. Baie seer, baie moeilik om te bewee...
28/02/2026

24 UUR NA DIE OPERASIE💜

Amoré het vanmiddag nog goed gevoel gegewe die omstandighede. Baie seer, baie moeilik om te beweeg. Maar sy het wel beweeg!

Net ń paar minute gelede het haar Ma, redelik doodmoeg van die stryd die afgelope twee weke, ons laat weet dat Amoré nie so goed doen nie. Haar lyf is swak, sy het bitter seer - 20/10.

Dis moeilik om jou kind so te sien en hulpeloosheid neem oor. Maar ons gee tonne vol liefde en eindelose ondersteuning.

Soos wat julle vir ons gee!!!

Ons is totaal en al platgeslaan met die belangstelling in hierdie storie van geloof - en baie gebed. Ons volgers het oornag 400 meer geword en die kommentaar is bewyse van ń gemeenskap wat saam staan!

Ons wil SÓ graag op elke kommentaar en boodskap wat julle vir ons laat gaan reageer!! Ons harte brand!!🔥❤️‍🔥

Maar ons is net twee mense met voltydse werke en ń familie van ons eie wat saam met Mamma Tania Bosch die Page aan die gang hou.

Wees asseblief geduldig maar moet asseblief NIE stop met julle boodskappe, gebede en omgee nie!!💜💛💜💛

Vir nou, gaan ons eers ń foto weer deel met ń vers wat soos ROTS vasstaan in ons huis - elke dag!

Amoré is broos - ons sal later weer kiki’s neem!💜

Amorè was reeds 11:20 uit teater uit en in die herstel kamer. Ons het as gesin eers tyd geneem om net in te neem wat all...
27/02/2026

Amorè was reeds 11:20 uit teater uit en in die herstel kamer.

Ons het as gesin eers tyd geneem om net in te neem wat alles in die teaterkamer gebeur het en wat die volgende stappe is.

🟠WAT HET IN DIE TEATER GEBEUR?🟠
🔺Op 11 Februarie was die massa van die vloeistowwe 2 Liter - VANDAG het die span ń totale 4 Liter laat uit tap, en toe die gewas verwyder.

Dit is hoekom sy so seer gehad het, die massa het VERDUBBEL in minder as tien dae!

🔺Haar linkerkantste eierstok is verwyder. Huidiglik is die regterkantste eierstok nog gesond.

🔴WAT WAG OP ONS?🔴
🔺Daar word drie verskeie toetse gedoen om te bevestig of daar enige kanker-aktiewe selle of vergroeisels is.

🔺Toetse word gedoen om vas te stel of daar virusse of bakterieë in haar lyf is of enigsins in die massa was.

Vir nou is ons net sò dankbaar dat sy die operasie ondergaan het en die massa VERWYDER is!

Saam julle O N G E L O O F L I K E ondersteuning, omgee en die fondse wat julle as ń gemeenskap saam ingesamel het vir Amoré, was VANDAG moontlik! 💜💛💜💛

Ons gaan later vandag weer laat weet hoe Amoré voel.

Ons belofte aan julle, wat so baie van julle tyd belê in hiérdié STORIE VAN GELOOF, is om julle op hoogte te hou en soveel mense as moontlik te inspireer!💜💛

Ek d**k dis tyd…I RAISE A HALLELUYAH!🙏🙌

27/02/2026

Amorè is pas uit en in Recovery Room.

Ons hou julle op hoogte wanneer ons met die dokter gesels het 💜💜💜

Van een ouer na ’n ander 💜In die afgelope twee en ’n half weke het ons ’n ander kind leer ken. Soms bang, soms ongeloofl...
27/02/2026

Van een ouer na ’n ander 💜

In die afgelope twee en ’n half weke het ons ’n ander kind leer ken. Soms bang, soms ongelooflik dapper. Soms deurmekaar en verward, en dikwels bang vir die vrae oor wat die operasie werklik kan beteken...

Ons het haar moegheid gesien. Ons het meer ure in haar kamer deurgebring as in enige ander deel van die huis, want die afgelope vyf dae het sy net geslaap.

Ons het gesien hoe seer en ongemaklik dit vir haar is om eenvoudige take te verrig – dinge wat normaalweg vanselfsprekend gebeur.

Ons het ons kind gesien… en toe het ons ’n kind gesien wat moeg is.

Amorè se Ma Tania Bosch, haar pa Eduard Bosch en haar ouer sussie Bonita Bosch sit en wag – wag om hierdie keer ’n ander soort moegheid te sien. Nie die moegheid van pyn nie, maar die moegheid wat kom wanneer genesing begin.

0️⃣8️⃣:5️⃣5️⃣Amorè is in. Bid vir 90 sekondes 💜
27/02/2026

0️⃣8️⃣:5️⃣5️⃣

Amorè is in.

Bid vir 90 sekondes 💜

Binne die volgende paar uur stap ons by die gang af wat ons redelik bang maak. Ons weet enige operasie het risiko’s, maa...
27/02/2026

Binne die volgende paar uur stap ons by die gang af wat ons redelik bang maak. Ons weet enige operasie het risiko’s, maar vandag s’n is amper heeltemal onbekend.

Maar ons gaan nie nou daaraan d**k nie - vir nou maak ons grappies oor haar nuwe ‘outfit’ - tieners se mode is mos nou nie ń oorgroot laken wat net een kant toe maak nie! 😅

Maar ons deel nog altyd ons rou eerlikheid -
Hièrdiè hart van ń ouer breek terwyl ons hier sit en wag vir die porters.
Sy lyk so klein… so dapper…

Na alles moet ons nog wag vir die biopsie-uitslae ook.

Dit voel oorweldigend.

Ons plaas vir Amoré in God se hande en vertrou elke dokter, elke verpleegster en elke besluit wat vandag geneem word.

Asseblief, dra haar vandag in julle gebede. 🙏

Bid vir wysheid.
Bid vir beskerming.
Bid vir ’n suksesvolle operasie en ’n vinnige herstel.

Dankie aan elkeen wat ons ondersteun, wat boodskappe stuur en saam met ons glo. Ons voel elke gebed.

Ons dogtertjie is ongelooflik dapper… maar vandag het sy al ons krag nodig 💜💛💜

In liefde en hoop -
die Bosch-gesin

Address

Rhodes Avenue
Nigel

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Amoré Bosch - Storie van Geloof posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram