31/08/2025
En dan natuurlik Saterdagmiddag...Kuiertyd vir ons anders-begaafde jongmense en ouergarde in Orania by Aan die Oewer (Orania) op die grasperk.
Oom Jannie en tannie Rita Roux, met sy Pendeldiensbus het van ons spesiale mense gebring en sommer lekker saam gekuier!
Daar is gesing en talent gedeel, gesels en lekker geëet en gedrink. Ons is dankbaar vir elkeen se hulp en bydra om dit ń besonderse geleentheid te maak. Hierdie is die begin van iets moois, alhoewel klein, maar ons het verwagting! ń Groot droom en ook ń groot Koning by Wie geen ding onmoontlik is nie!
Sag. 4 10 "Want wie verag die dag van klein dinge...."