Dokter Wessel Vermeulen Praktyk

Dokter Wessel Vermeulen Praktyk Dr Wessel Vermeulen Praktyk inligtingsblad

Hoërskool Oudtshoorn se matrieks van 1965 het van 4 tot 6 November hulle 60 jaar reünie by Kleinplaas gehou. Hulle het ñ...
10/11/2025

Hoërskool Oudtshoorn se matrieks van 1965 het van 4 tot 6 November hulle 60 jaar reünie by Kleinplaas gehou. Hulle het ñ boom by die hokkieveld van die skool geplant. Met hulle 50 Jaar reünie in 2015 het hulle ook 50 spekbome by die skool langs Van Riebeeckweg geplant.

Voor: Arno vd Westhuizen, Johan Bruce,Tienie Vermeulen, Mielies Schoeman.
Tweede ry: Paula Zeeman, Johan Falck, Anelyne Meyer, Sunette Truter, Hazel Hayward, Linda Ueckermann.
Derde ry: Elmarie Spies, Alta Kruger, Marlene Johnson, Louise Swanepoel, Sarina Hechter.
Agter: Freek Jonker, Jan Meyer, Jan Odendaal, Terry Houston, Burger Olivier, Charles Robertson, Wilfred Jurie , Johan Wagener.
Nie op foto nie maar wel daar: Denise De Jager en Beulah Jonker

Gelukkige Basedag!Ons is geseend met die BESTE - elkeen op sy eie unieke manier en saam kan ons nie beter kry. Vandag wi...
16/10/2025

Gelukkige Basedag!
Ons is geseend met die BESTE - elkeen op sy eie unieke manier en saam kan ons nie beter kry. Vandag wil ons net dankie sê en n bietjie waardering wys! Dankie vir ALLES! Niks gaan ongesiens verby nie en ons is trots om deel van die span te wees. Cheers op ons dokters en base! 🥳

CJ Langehoven: Jy moet die swaarkry met lekkerkry klaarkry!Mens verwag nie eintlik as dokters eerbetone nie, dis so half...
08/10/2025

CJ Langehoven: Jy moet die swaarkry met lekkerkry klaarkry!

Mens verwag nie eintlik as dokters eerbetone nie, dis so half uit ons aard, maar ons kan nie anders as om weereens nederig geëerd en dankbaar oor die gebaar van die Oudtshoorn Courant en sy lesers te voel nie.
Enige praktyk het 3 ewe belangrike pilare waarop sukses gebou kan word nl Pasiënte, Personeel en Dokters.
Ons is geseënd met uiters bekwame en effektiewe, dinamiese personeel wat al baie lank saam met ons werk, hulle totale diensjare saam met dr Vermeulen is ver oor die 100 jaar! Sonder hulle absolute perfekte koördinasie van take en daaglikse toewyding is ons niks.
Goeie pasiënt/ doktersverhouding is gebaseer op wedersydse respek, wedersydse waardering sowel as wedersydse opofferende en erkennende lojaliteit. Elke pasiënt kry die dokters wat hy verdien en elke dokter kry die pasiënte wat hy ook verdien!! Ons is gelukkig dat die drie vennote soveel in gemeen tov opleiding, visie, werksingesteldheid, hardwerkendheid, geloof en menslikheid met empatie het. 'n Suksesvolle praktyk verg daaglikse paraatheid, beplanning en bly altyd 'n spanpoging.
Dankie dus aan almal vir ure se genotvolle saamwerk!

Dr Wessel Vermeulen, Dr Jakes Maritz, Dr Kobus Venter en personeel.

06/08/2025

Mnr Herman Saayman: Dis met groot hartseer dat ons verneem het van die skielike afsterwe van een van die mees geliefde oud- onderwysers van Wesbank. Herman was vir meer as 30 jaar intens betrokke by ons skool en het met sy rustige vriendelike geaardheid diep in die harte van duisende leerders gekruip. Hy was sekerlik vir dekades een van die mees suksesvolle afrigters van die eerste spanne van rugby, tennis en krieket en het honderde kinders tot provinsiale kleure afgerig. Hy was onverbiddelik lojaal teenoor die skool en het tientalle sporttoere landswyd gereel en onderneem. Dit was vir ons as ouers so aangenaam om hom op die toere en wedstryde te vergesel. Groot skole in die land het jaarliks onder sy uitstekende rugbyafrigting deurgeloop. Herman self was sedert sy studentejare tot 65 n gereelde lid van provinsiale tennisspanne. Deur alles is hy getrou en liefdevol deur sy eggenote, Leonie, bemoedig en ondersteun. Opvoeders bly die argitekte van ons samelewing en die derduisende kinders wat deur sy hande geloop het, is vandag lewende monumente van sy liefdesroeping as onderwyser. Die kunstenaar is weg, maar sy handewerk leef elke dag voort! Alle simpatie aan Leonie en hulle seun ,Nico.
Dr. Wessel Vermeulen

Address

Medi-Clinic Oudtshoorn, Kerkstraat 185
Oudtshoorn
6625

Telephone

+27442791090

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dokter Wessel Vermeulen Praktyk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Dokter Wessel Vermeulen Praktyk:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram

Category