Huppelkinners met Elisma du Toit

Huppelkinners met Elisma du Toit n Hartsplek, Holistiese, Heelbrein ontwikkelings oggend program in PE vir kindertjies 2 tot 5jaar.

03/04/2024
03/04/2024

Dis ons eerste dag terug by ons hartsplek vir die nuwe kwartaal!
Vandag oefen ons, ons groot motoriese vaardighede. Het julle geweet dat hierdie ons selfs eendag gaan help om beter wiskunde te doen?

Hier by Huppelkinners speel ons mos lekker want lekker speel IS lekker leer.

Ons hoop julle het almal n lekker vakansie gehad! —Ons sien uit om al die gesiggies weer te sien
03/04/2024

Ons hoop julle het almal n lekker vakansie gehad!

Ons sien uit om al die gesiggies weer te sien

Ons deel graag een van ons projekte hierdie week met julle! Ons het n proses kunswerk ontwerp, en so ook ons eie lyfie l...
15/03/2024

Ons deel graag een van ons projekte hierdie week met julle! Ons het n proses kunswerk ontwerp, en so ook ons eie lyfie leer ken. Kan julle sien dis n mannetjie kompleet gemaak uit al die mooi goedjies in ons Huppelkinners buite speelplek?

Ons mannetjie was so bly oor sy “blonde” blare hare, rooigeverfde bessie toonnaels en gras groen rokkie. Ons het lekker gespeel en so ook geleer. Ons verbeelding en kreatiwiteit het ons verseker laat glimlag by Huppelkinners die week.

Ons sien uit om nog projekte met julle te deel binnekort

Jippie dis Vrydag!Loer gerus na ons stories vir al die lekker dinge wat ons gedoen het die week.
15/03/2024

Jippie dis Vrydag!
Loer gerus na ons stories vir al die lekker dinge wat ons gedoen het die week.

07/03/2024

Ons wag net vir ons glyplank dan is ons splinternuwe klimraam klaar 🤩

Dankie Oom Emile

05/03/2024

Gister het ons baljaar in die reenboog en vandag gly ons deur die wolke!

Ons nuwe spasie is omtrent n pretpark 👏

04/03/2024

Ons het die lekkerste-van-lekker dae gehad vandag! Ons EERSTE dag by ons NUWE Huppelkinners huis. Die glimlaggies was breed, die drukkies extra warm en die reenboog spronge n simbool van n nuwe begin 🌈

Onthou asb dat Huppelkinners Vrydag 1 Maart 2024 gesluit is omdat ons trek na ons nuwe adres waar ons Maandag 4 Maart 20...
28/02/2024

Onthou asb dat Huppelkinners Vrydag 1 Maart 2024 gesluit is omdat ons trek na ons nuwe adres waar ons Maandag 4 Maart 2024 oop sal wees. 🥳

Ons is vreeskik opgewonde om vir ons maatjies die nuwe perseel te wys

27/02/2024

Ons bou, ons plak, ons verf, ons maak reg vir ons nuwe spasie!
Ons trek die naweek en ons beker loop oor van opgewondenheid.

10 Slapies dan is ons in ons nuwe spasie!! —Ons is kinderlik opgewonde om vir al ons maatjies ons nuwe hartsplek te wys ...
22/02/2024

10 Slapies dan is ons in ons nuwe spasie!!

Ons is kinderlik opgewonde om vir al ons maatjies ons nuwe hartsplek te wys 🥳👏🐝

21/02/2024

Ons spog n bietjie vandag met al die kreatiewe dinge wat ons doen en hoe ons speel-speel leer.

Kuns
Drama
Stories
Grootmotories
Ouditories
Kognitief
Taalontwikkeling
Fisiese ontwikkeling
Sosiale ontwikkeling
EN
Emosionele ontwikkeling

Alles wat dan bymekaar kom en heelbreinontwikkeling is.

Ouers, oumas, oupas, versorgers is almal welkom om by te woon solank hulle saamspeel en saam lag 😄

Ons tel die dae af na ons trek na die nuwe perseel waar ons selfs nog lekkerder gaan baljaar!

Rose is RooiViooltjies is BlouGELUKKIGE VALENTYNSDAG van ons na jou!
14/02/2024

Rose is Rooi
Viooltjies is Blou
GELUKKIGE VALENTYNSDAG
van ons na jou!

Oorweeg ons Hartsplek genoem Huppelkinners! n Holistiese, Heelbrein ontwikkelings oggend program vir jou kindjie. Gepas ...
13/02/2024

Oorweeg ons Hartsplek genoem Huppelkinners! n Holistiese, Heelbrein ontwikkelings oggend program vir jou kindjie. Gepas van ouderdomme 2 tot 5jaar.

Ons glo in kinderontwikkeling soos Liewe Jesus ons kindertjies gemaak het- onskuldig en jubelend.

Ons glo die beste ontwikkeling gebeur wanneer kinders leer maar nie besef dat hulle leer nie.
Ons sing, ons speel instrumente, ons beweeg maar beste van alles … ONS HET “FUN”!

Kom loer gerus na ons nuwe spasie in Woodlands. Kontak Elisma by +27 83 991 3222

12/02/2024

Ons liefste Tannie Lis!

Ons verwelkom graag al die nuwe gesigte by ons vrolike Huppelkinners bladsy!Hier deel ons n brokkie van ons liefde, mens...
09/02/2024

Ons verwelkom graag al die nuwe gesigte by ons vrolike Huppelkinners bladsy!
Hier deel ons n brokkie van ons liefde, menswees en die vreugde wat die einste Hartsplek na ons bring.

Ons sien uit dat julle ons n bietjie meer leer ken en sien hoe ons KIND wees en SPEEL n prioriteit maak.

Vir eers sê ons LEKKER NAWEEK hou maatjies!

Address

Woodlands Port Elizabeth
Port Elizabeth

Opening Hours

Monday 07:40 - 12:00
Tuesday 07:40 - 12:00
Wednesday 07:40 - 12:00
Thursday 07:40 - 12:00
Friday 07:40 - 12:00

Telephone

+27839913222

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huppelkinners met Elisma du Toit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Huppelkinners met Elisma du Toit:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram