GGSA Noordwestak

GGSA Noordwestak Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA), Noordwestak Die Tak is gesetel in Potchefstroom en bedien hoofsaaklik die Noordwes Provinsie. Toegang is gratis.

Die Noordwestak is 'n dinamiese tak waar beide beginners, asook meer ervare genealoë tuis voel om hul passie vir familiegeskiedenis uit te leef en met mekaar te deel. Sedert die Tak se stigting op 6 Junie 2004 het die ledetal vanaf 12 tot meer as 60 gegroei. Lede en belangstellendes kom maandeliks met die uitsondering van Januarie, Julie en Desember, by die Potchefstroomse Museum (hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan) byeen. Die doel van die Tak is om sy lede in staat te stel om familienavorsing te doen. Om hierdie rede word kundiges vanoor die land betrek om oor 'n wye verskeidenheid van onderwerpe van genealogiese belang te kom gesels. Om nuwelinge touwys te maak in die gebruik van genealogiese bronne, word uitstappies na argiewe en die LDS-sentrum onderneem en beginnerkursusse aangebied. Taklede ontvang nie net nie, maar lewer ook 'n bydrae tot genealogie deur begraafplase te fotografeer en die data beskikbaar te stel. Die Tak se biblioteek kon nie 'n meer geskikte tuiste vind as die Potchefstroomse Museum nie. Hier word die Tak se versameling van meer as 150 familieregisters en ongeveer 5000 begrafnisbriewe gerugsteun deur die Museum se versameling van historiese dokumente, plaaslike koerante van so vroeg as 1905, ou foto's, kaarte en gepubliseerde bronne oor o.a. die Groot Trek en Anglo-Boereoorlog. Genealogiese Bronne: Potchefstroom Museum

Die Takbiblioteek in die Potchefstroomse Museum is weeksdae vanaf 9:00 tot 13:00 en vanaf 14:00 tot 16:30 oop. Die Takbiblioteek ontvang daagliks genealogiese navrae wat deur kundige museumpersoneellede en of taklede beantwoord word. Die Tak se lekkerlees nuusbrief, die Famnea verskyn kwartaalliks (Februarie, Mei, Augustus en November). In die nuusbrief kry lede die geleentheid om artikels oor hul familiegeskiedenisnavorsing en of interessante gebeure te skryf. Artikels met 'n Noordwes-strekking kry voorkeur. Die jongste uitgawe van Famnea kan by hierdie skakel afgelaai word:
https://genza.org.za/index.php/af/nw-kwartaalblad

‼️ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS‼️🌿 VENSTER OP GISTER 🌿’n Foto. ’n Verhaal. ’n Familie-erfenis.Die Genealogiese Genootskap va...
30/10/2025

‼️ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS‼️

🌿 VENSTER OP GISTER 🌿
’n Foto. ’n Verhaal. ’n Familie-erfenis.

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika se Noordwestak nooi u uit om deel te neem aan ons Fotoverhaal-kompetisie: Venster op Gister!

📷 Grawe ’n swart-en-wit of sepia-foto uit jou herinneringsboks en vertel die genealogiese storie van die mense, plek of items daarin. Jou foto én storie vorm saam ’n waardevolle venster op jou familie se verlede.

✨ Hoekom deelneem?
• Staan ’n kans om een van die top drie pryse te wen!
• Jou fotoverhaal word bewaar op die Genza-platform, sodat toekomstige geslagte dit kan lees en waardeer.
• Jy help om Suid-Afrika se ryk familie-erfenis lewendig te hou.

🖋️ Belangrike besonderhede:
• Enigeen kan deelneem, en jy kan soveel inskrywings instuur as jy wil.
• Inskrywingsfooi: R50 per inskrywing
• Sluitingsdatum: 30 November 2025
• Wenners word vroeg in 2026 aangekondig.

💌 Vrae of navrae?
Stuur ’n e-pos aan: ggsanw.info@gmail.com
👉 Klik hier om in te skryf: https://forms.gle/XWAtW3cCnrrQcdUi7

Krap daai foto’s uit, skryf jou storie neer – en wys vir ons jou venster op gister. 🌿

-----------------------------------------------------------------------
🌿 WINDOW ON YESTERDAY 🌿
A photo. A story. A family legacy.

The Genealogical Society of South Africa's North West Branch proudly invites you to take part in our photo story competition: Window on Yesterday!

📷 Dig out a black and white or sepia photo from your memory box and tell the genealogical story of the people, place or items in it. Your photo and story together form a precious glimpse into your family’s past.

✨ Why participate?
• Stand a chance to win one of the top three prizes!
• Your photo story will be preserved on the Genza platform so that future generations can discover and appreciate it.
• You’ll help keep South Africa’s rich family heritage alive.

🖋️ Competition details:
• Anyone may enter — and you can submit as many entries as you like.
• Entry fee: R50 per submission
• Closing date: 30 November 2025
• Winners will be announced early in 2026.

💌 Questions or queries?
Email: ggsanw.info@gmail.com
👉 Enter here: https://forms.gle/fVARHkKG5Ppma22q6

Dust off those photos, write down those stories, and show us your window into yesterday. 🌿

‼️ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS‼️Beste Noordwestaklede en VriendeDie jaar is op sy rug en ons jaar afsluiting klop aan die d...
30/10/2025

‼️ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS‼️

Beste Noordwestaklede en Vriende

Die jaar is op sy rug en ons jaar afsluiting klop aan die deur.
Vir die jaarafsluiting nooi ons u en u metgesel uit om saam met ons piekniek te kom hou op die President se grasperk op die 22ste November om 10:00. (Neem kennis dat die datum geskuif het van die 8ste na die 22ste November.) Johan Wolfaardt gaan 'n lesing gee en ook 'n begeleide toer doen van die President Pretorius Museum. Bring asb. jou eie piekniek mandjie en 'n stoel of kombers om op te sit.

Ons hoop om julle almal vir oulaas vir die jaar by die jaarafsluiting te sien.

Genealogiese groete
Takbestuur
--------------------------------------------------------------------------
Dear Northwest Branch Members and Friends

The year is over, and our year-end get-together is knocking on the door.

For the year-end, we invite you and your companion to join us for a picnic on the President's lawn on the 22nd of November at 10:00. (Please note that the date has moved from the 8th to the 22nd of November.) Johan Wolfaardt will be giving a lecture and a guided tour of the President Pretorius Museum. Please bring your own picnic basket and a chair or blanket to sit on.

We hope to see you all one last time this year at our year-end get-together.

Genealogical greetings
Branch Management

15/10/2025

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS
🌿 VENSTER OP GISTER 🌿
’n Foto. ’n Verhaal. ’n Familie-erfenis.

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika se Noordwestak nooi u uit om deel te neem aan ons Fotoverhaal-kompetisie: Venster op Gister!

📷 Neem ’n swart-en-wit of sepia-foto en vertel die genealogiese storie agter die beeld — die mense, plek of items daarin. Jou foto én storie vorm saam ’n waardevolle venster op jou familie se verlede.

✨ Hoekom deelneem?
• Staan ’n kans om een van die top drie pryse te wen!
• Jou fotoverhaal word bewaar op die Genza-platform, sodat toekomstige geslagte dit kan lees en waardeer.
• Jy help om Suid-Afrika se ryk familie-erfenis lewendig te hou.

🖋️ Belangrike besonderhede:
• Enigeen kan deelneem, en jy kan soveel inskrywings instuur as jy wil.
• Inskrywingsfooi: R50 per inskrywing
• Sluitingsdatum: 30 November 2025
• Wenners word vroeg in 2026 aangekondig.

💌 Vrae of navrae?
Stuur ’n e-pos aan: ggsanw.info@gmail.com

👉 Klik hier om in te skryf: https://forms.gle/XWAtW3cCnrrQcdUi7
🎞️ Kyk ook na ons inspirasievideo hieronder – dalk lê jou wenfoto reeds in daardie ou foto-album!

Krap daai foto’s uit, skryf jou storie neer – en wys vir ons jou venster op gister. 🌿



-----------------------------------------------------------------------
🌿 WINDOW ON YESTERDAY 🌿
A photo. A story. A family legacy.

The Genealogical Society of South Africa's North West Branch proudly invites you to take part in our photo story competition: Window on Yesterday!

📷 Take a black-and-white or sepia photo and tell the genealogical story behind the image — the people, the place, or the objects captured in time. Your photo and story together form a precious glimpse into your family’s past.

✨ Why participate?
• Stand a chance to win one of the top three prizes!
• Your photo story will be preserved on the Genza platform so that future generations can discover and appreciate it.
• You’ll help keep South Africa’s rich family heritage alive.

🖋️ Competition details:
• Anyone may enter — and you can submit as many entries as you like.
• Entry fee: R50 per submission
• Closing date: 30 November 2025
• Winners will be announced early in 2026.

💌 Questions or queries?
Email: ggsanw.info@gmail.com

👉 Enter here: https://forms.gle/fVARHkKG5Ppma22q6
🎞️ Watch the inspiration video below — maybe your winning photo is already hiding in that old album!

Dust off those photos, write down those stories, and show us your window into yesterday. 🌿

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANSBeste GGSA Noordwestaklid en VriendeHiermee versoek ons graag dat u die meningspeiling vorm hie...
16/09/2025

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS

Beste GGSA Noordwestaklid en Vriende

Hiermee versoek ons graag dat u die meningspeiling vorm hier onder voltooi voor of op 16 September 2025. Die voltooi van die vorm is vrywillig en u kan dit annoniem ook doen. Ons sal dit egter waardeer as u u naam en kontak besonderhede ook voltooi sodat ons met u kan opvolg as u enige kommentare of idees het waarop ons moet opvolg. Die doel van hierdie opname is om die behoeftes van die GGSA Noordwestaklede te bepaal en om die resultaat in die beplanning van die toekomstige jaarprogram van die Tak te gebruik. Vir enige navrae kan u 'n epos stuur aan ggsanw.info@gmail.com

Dankie vir u bereidwilligheid om die meningspeiling te voltooi en saam met ons die tak voorentoe neem.

Genealogiese groete

GGSA Noordwestakbestuur
Skakel vir Afrikaanse vorm: https://forms.gle/eSyFjvkwBjFPFgkU6
--------------------------------------------------------------------------
Dear GSSA North West Branch Members and Friends

We hereby kindly request that you complete the survey form below on or before 16 September 2025. Completing the form is voluntary and you can do so anonymously. However, we would appreciate it if you also complete your name and contact details so that we can follow up with you if you have any comments or ideas that we should follow up on. The purpose of this survey is to determine the needs of the GSSA North West Branch members and to use the results in planning the future annual program of the Branch. For any inquiries, you can send an email to ggsanw.info@gmail.com

Thank you for your willingness to complete the survey and take the branch forward with us.

Genealogical greetings

GGSA North West Branch Management
Link for English form: https://forms.gle/rt1ghgGugUczruWT8

Dear GSSA North West Branch Members and Friends We hereby kindly request that you complete the survey form below on or before 16 September 2025. Completing the form is voluntary and you can do so anonymously. However, we would appreciate it if you also complete your name and contact details so that....

13/09/2025

ENGLISH FOLLOWS AFRIKAANS

Beste GGSA Noordwestaklid en Vriende

Hiermee versoek ons graag dat u die meningspeiling vorm hier onder voltooi voor of op 16 September 2025. Die voltooi van die vorm is vrywillig en u kan dit annoniem ook doen. Ons sal dit egter waardeer as u u naam en kontak besonderhede ook voltooi sodat ons met u kan opvolg as u enige kommentare of idees het waarop ons moet opvolg. Die doel van hierdie opname is om die behoeftes van die GGSA Noordwestaklede te bepaal en om die resultaat in die beplanning van die toekomstige jaarprogram van die Tak te gebruik. Vir enige navrae kan u 'n epos stuur aan ggsanw.info@gmail.com

Dankie vir u bereidwilligheid om die meningspeiling te voltooi en saam met ons die tak voorentoe neem.

Genealogiese groete

GGSA Noordwestakbestuur

Skakel vir Afrikaanse vorm: https://forms.gle/eSyFjvkwBjFPFgkU6

--------------------------------------------------------------------------

Dear GSSA North West Branch Members and Friends

We hereby kindly request that you complete the survey form below on or before 16 September 2025. Completing the form is voluntary and you can do so anonymously. However, we would appreciate it if you also complete your name and contact details so that we can follow up with you if you have any comments or ideas that we should follow up on. The purpose of this survey is to determine the needs of the GSSA North West Branch members and to use the results in planning the future annual program of the Branch. For any inquiries, you can send an email to ggsanw.info@gmail.com

Thank you for your willingness to complete the survey and take the branch forward with us.

Genealogical greetings

GGSA North West Branch Management

Link for English form: https://forms.gle/rt1ghgGugUczruWT8

Beste Taklede en VriendeU word hiermee vriendelik uitgenooi na ons volgende takbyeenkoms wat sal plaasvind op Saterdag, ...
08/09/2025

Beste Taklede en Vriende

U word hiermee vriendelik uitgenooi na ons volgende takbyeenkoms wat sal plaasvind op Saterdag, 13 September 2025 om 10:00 by Langenhovenstraat 26, Heilige Akker, Potchefstroom. Die byeenkoms vind plaas in die "hybrid" formaat.

Hier is die Zoom skakel vir diegene wat dit nie in persoon sal kan bywoon nie.
Join Zoom Meeting
https://us06web.zoom.us/j/2373529796?omn=85844929921
Meeting ID: 237 352 9796

Ons spreker vir die oggend is prof. John Botha, 'n kundige op die gebied van kunsgeskiedenis. Ter wille van logistiek vra ons wel dat julle RSVP by ggsanw.info@gmail.com voor of op 11 September 2025 as julle die byeenkoms gaan bywoon. Dui ook asb. aan as jy die byeenkoms in persoon of aanlyn gaan bywoon.

08/09/2025

September is Heritage Month and we are delighted to share that there is a 25% discount on selected products. Please visit the eGGSA online shop to take advantage of the offer.
Prices in the shop already reflect the discount.
The offer is available to both members and non-members.

Make use of the following links to
To download the list of products (PDF)
https://genza.org.za/index.php/af/?option=com_edocman&task=document.download&id=957&Itemid=0
To visit the eGGSA online shop
https://www.eggsa.org/sales/eshop_e_dc.htm

‼️NEEM KENNIS‼️Weens te min mense wat geantwoord het dat hulle die praatjie sal bywoon, het die takbestuur besluit om ee...
12/08/2025

‼️NEEM KENNIS‼️
Weens te min mense wat geantwoord het dat hulle die praatjie sal bywoon, het die takbestuur besluit om eerder die 16de Augustus se praatjie te kanselleer. Die spreker het bevestig dat hy wel later 'n opname sal maak van die lesing wat ons dan aan ons lede kan versprei.

--------------------------------------------------------------------------
Beste Taklede en Vriende

U word hiermee vriendelik uitgenooi na ons volgende takbyeenkoms wat sal plaasvind op Saterdag, 16 Augustus 2025 om 10:00 in die Potchefstroom Museum (h.v. Sol Plaatjielaan en Wolmaransstraat). Die byeenkoms vind plaas in die "hybrid" formaat.

Hier is die Zoom skakel vir diegene wat dit nie in persoon sal kan bywoon nie.
Join Zoom Meeting
https://us06web.zoom.us/j/2373529796?omn=85844929921
Meeting ID: 237 352 9796

Ons spreker vir die oggend is Johan Wolfaardt, kurator van die Potchefstroom Museum.
Ter wille van logistiek vra ons wel dat julle RSVP by ggsanw.info@gmail.com voor of op 14 Augustus 2025 as julle die byeenkoms gaan bywoon. Dui ook asb. aan as jy die byeenkoms in persoon of aanlyn gaan bywoon.

PS, die Potchefstroom Museum se genealogie naslaansentrum sal ook vanaf 09:00 oop wees vir diegene wat daar ‘n draai wil maak voor ons 10:00 begin met die lesing.

10/05/2025
11/04/2025

Beste Taklede en Vriende

Ons herinner julle graag aan ons volgende takbyeenkoms wat môre (Saterdag, 12 April 2025) plaasvind om 10:00 by die Potchefstroom Museum (h.v. Sol Plaatjielaan en Wolmaransstraat). Die byeenkoms vind plaas in die "hybrid" formaat. Hier is die Zoom skakel vir diegene wat dit nie in persoon sal kan bywoon nie.

Join Zoom Meeting
https://us06web.zoom.us/j/2373529796?omn=85844929921
Meeting ID: 237 352 9796

Ons spreker vir die oggend is Miems Lamprecht, Senior Kultuurhistorikus by die Potchefstroom Museum.

PS, die Potchefstroom Museum se genealogie naslaansentrum sal ook vanaf 09:00 oop wees vir diegene wat daar ‘n draai wil maak voor ons 10:00 begin met die lesing.

Beste Taklede en VriendeU word hiermee vriendelik uitgenooi na ons volgende takbyeenkoms wat sal plaasvind op Saterdag, ...
08/04/2025

Beste Taklede en Vriende

U word hiermee vriendelik uitgenooi na ons volgende takbyeenkoms wat sal plaasvind op Saterdag, 12 April 2025 om 10:00 in die Potchefstroom Museum (h.v. Sol Plaatjielaan en Wolmaransstraat). Die byeenkoms vind plaas in die "hybrid" formaat. Daar sal nader aan die tyd 'n Zoom skakel vir die lewendige uitsending beskikbaar gestel word.

Ons spreker vir die oggend is Miems Lamprecht, Senior Kultuurhistorikus by die Potchefstroom Museum.

Ter wille van logistiek vra ons wel dat julle RSVP by ggsanw.info@gmail.com voor of op 10 April 2025 as julle die byeenkoms gaan bywoon. Dui ook asb. aan as jy die byeenkoms in persoon of aanlyn gaan bywoon.

PS, die Potchefstroom Museum se genealogie naslaansentrum sal ook vanaf 09:00 oop wees vir diegene wat daar ‘n draai wil maak voor ons 10:00 begin met die lesing.



Die Noordwestak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika bied aan:"Engelse families van Potchefstroom, toe Kerkstraat Koning Edward geword het en die ...

Beste Taklede en VriendeU word hiermee vriendelik uitgenooi na ons volgende takbyeenkoms wat sal plaasvind op Saterdag, ...
30/03/2025

Beste Taklede en Vriende

U word hiermee vriendelik uitgenooi na ons volgende takbyeenkoms wat sal plaasvind op Saterdag, 12 April 2025 om 10:00 in die Potchefstroom Museum (h.v. Sol Plaatjielaan en Wolmaransstraat). Die byeenkoms vind plaas in die "hybrid" formaat. Daar sal nader aan die tyd 'n Zoom skakel vir die lewendige uitsending beskikbaar gestel word.

Ons spreker vir die oggend is Miems Lamprecht, Senior Kultuurhistorikus by die Potchefstroom Museum.

Ter wille van logistiek vra ons wel dat julle RSVP by ggsanw.info@gmail.com voor of op 10 April 2025 as julle die byeenkoms gaan bywoon. Dui ook asb. aan as jy die byeenkoms in persoon of aanlyn gaan bywoon.

PS, die Potchefstroom Museum se genealogie naslaansentrum sal ook vanaf 09:00 oop wees vir diegene wat daar ‘n draai wil maak voor ons 10:00 begin met die lesing.

Address

C/o Sol Plaatjie Avenue, Wolmarans St
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when GGSA Noordwestak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram

Category