Amelia Nasorgsentrum

Amelia Nasorgsentrum Sentrum (NPO) in Potchefstroom vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. Amelia Nasorgsentrum (ANS) is op 11 Mei 1976 gestig.

Die hoofdoel was om voorsiening te maak vir volwassenes met intellektuele gestremdhede nadat hulle die ouderdom van agtien jaar bereik het en om 'n veilige omgewing te bied vir hierdie mense wat nie in die normale arbeidsmark te kan funksioneer nie en wat nie na hulself kan omsien nie. In die begin was Amelia in 'n ou plaashuis in die Vyfhoek-kleinhoewes geleë. Amelia Nasorgsentrum is vernoem na die eerste kliënt genaamd Amelia (Poppie) van Wyk. Die beheerliggaam het alles in hul vermoë gedoen om behuising en werkswinkels vir die inwoners te verskaf. ’n Stuk grond is langs ES Le Grange Skool gekoop en die eerste twee chalets vir die inwoners is in 1991 voltooi. Aan die einde van 1992 is agt chalets voltooi asook volledig toegeruste werkswinkels, ‘n wassery, ‘n kombuis, ‘n dagkliniek en ‘n administrasiegebou. Die beheerliggaam het Amelia as 'n NPO geregistreer. Die sentrum is geregistreer vir 130 inwoners en 30 dag kliënte. Die geboue en fasiliteite is 'n ideale omgewing vir werk, verblyf, ontspanning en dra by tot 'n beter lewenskwaliteit en sosiale ontwikkeling van diegene met spesiale behoeftes en beskerming van die mees kwesbares.

10/12/2025

So bietjie meer oor Amelia Nasorgsentrum .💗

As koekies jou hart laat sing!  🍪👩‍🍳'n Amelia weldoener- Joey Myburg - het 'n fondsinsameling geloods wat Amelia se hart...
09/12/2025

As koekies jou hart laat sing! 🍪👩‍🍳

'n Amelia weldoener- Joey Myburg - het 'n fondsinsameling geloods wat Amelia se harte laat sing!

Amelia bestuur, ouers, personeel en inwoners wil vir Joey bedank vir al die donasies wat sy ingevorder het vir dié projek en dié donateurs bedank vir hul ongelooflike ruim bydraes.

Hartlike dankie aan Turkstra Bakkery se Gerhard & Sonette Turkstra en 'n stywe drukkie van al die inwoners ;aan wie jul al so bekend is; met jul omgee harte vir ons inwoners.

Dan aan elkeen wat enige-iets van 1kg tot 10kg bestel het - ons voel so geseënd om 106kg se koekies te bak en af te gee dié week!

Ook aan Mooirivier Pure Water vir die skenk van ons plakkers! Dit is altyd 'n plesier om jul te besoek en dan help jul Amelia Nasorgsentrum ook nog met hierdie handige skenking.

Die laaste, maar defnitief nie die minste! Joey se vriendinne en klein helpertjies, weldoeners en inwoners se ouers wat kom help bak het! Sonder al hierdie vriendelike helpers het ons verseker nie hierdie koekie-projek so vinnig en suksesvol voltooi nie.

Ons is voorwaar geseënd om jul almal as Amelia vriende te hê! ❤️

’n Hartlike Dankie aan ’n Anonieme Borg.Amelia Nasorgsentrum wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek aan die ...
05/12/2025

’n Hartlike Dankie aan ’n Anonieme Borg.

Amelia Nasorgsentrum wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek aan die anonieme borg wat ’n solarsisteem ter waarde van R200 000 aan ons geskenk én geïnstalleer het. 💡

Hierdie ongelooflike skenking is veel meer as net ’n eenmalige bydrae. Dit is ’n belegging in die toekoms van ons sentrum en die welstand van elke inwoner onder ons sorg. Die solarsisteem sal ’n groot verskil maak deur ons toekomstige kragrekeninge aansienlik te verlaag, wat ons weer in staat stel om meer te fokus op die programme en ondersteuning wat werklik saak maak. 🌅

Hoewel die borg verkies het om anoniem te bly, wil ons graag sê: Dankie. Dankie vir u ruimhartigheid, u visie en u wil om te help sonder om gesien te word. 🙏🏻

Mag u stil goedhartigheid oorvloedig geseën word. ✨️

22/11/2025

Luiperds Rugby julle is tops! 💪🏻🏉

Baie dankie vir jul besoek en die skenking van rugbyballe. Amelia sien uit om jul meer gereeld te verwelkom. 😁

Lekker rus en baie sterkte met jul voorbereiding vir die 2026 seisoen. 🫡

🎄🎅🏻🎄🎅🏻🎄Kersfees het amptelik begin by Amelia! Baie dankie aan die NG Kerk Oos-gemeente Potchefstroom.Ons wil uit die die...
20/11/2025

🎄🎅🏻🎄🎅🏻🎄
Kersfees het amptelik begin by Amelia!

Baie dankie aan die NG Kerk Oos-gemeente Potchefstroom.

Ons wil uit die diepte van ons harte dankie sê vir die ongelooflike bederf wat julle hierdie Kersseisoen aan elke inwoner geskenk het. ⭐️ Die Kersfeesbokse, gevul met heerlike lekkernye en nodige toiletware, het nie net glimlagte gebring nie, maar ook die gevoel van waardigheid, liefde en omgee. 🎁

Julle barmhartigheid en onselfsugtige diens aan ons sentrum word opreg waardeer. Dankie dat julle die lig van Christus uitdra en ’n tasbare verskil maak in elke inwoner se lewe. 🙏🏻

Mag God julle ryklik seën vir julle oop harte en groot liefde. 🧡

Prysuitdeling 2025 🏆Wat ’n vreugdevolle en trots gevulde dag by Amelia Nasorgsentrum se jaarlikse prysuitdeling! 🌟Elke i...
19/11/2025

Prysuitdeling 2025 🏆

Wat ’n vreugdevolle en trots gevulde dag by Amelia Nasorgsentrum se jaarlikse prysuitdeling! 🌟

Elke inwoner wat hierdie dag ’n sertifikaat ontvang het, het dit met harde werk, positiewe gedrag en volgehoue toewyding verdien. Julle groei, deursettingsvermoë en mooi gesindhede hierdie jaar maak ons ongelooflik trots.

Ons sportsterre het ook helder uitgeskyn met hul uitstekende prestasies — julle entoesiasme, spanwerk en vasbyt is ’n inspirasie vir ons almal. 🏅

Baie geluk aan elkeen! Mag hierdie prestasies julle aanmoedig om volgende jaar nóg hoër te mik. By Amelia glo ons dat elke mylpaal, groot of klein, gevier moet word — en vandag het ons dit beslis gedoen. 🌼

Baie dankie aan die Brotherhood Motorfiets Klub wat weer hierdie jaar hul spesiale besoek by Amelia Nasorgsentrum kom af...
19/11/2025

Baie dankie aan die Brotherhood Motorfiets Klub wat weer hierdie jaar hul spesiale besoek by Amelia Nasorgsentrum kom aflê het. Die heerlike lekkergoed en die ruim kontantdonasie vir Kersfees word met groot dankbaarheid en waardering ontvang.🎄

Dankie dat julle jaar na jaar jul tyd, energie en liefde met ons inwoners deel. Julle bring nie net opwinding en vreugde nie, maar ook ’n gevoel van samesyn wat ons gemeenskap verryk. 🙏🏻

Ons waardeer julle opreg—mag julle rit altyd veilig wees en jul harte altyd so vol bly soos hierdie dag. 🧡

Ons wil vandag 'n spesiale dank kom gee aan die Potch Dorp Rugbyklub  vir die moeite wat hul gedoen het om vir Amelia Na...
17/11/2025

Ons wil vandag 'n spesiale dank kom gee aan die Potch Dorp Rugbyklub vir die moeite wat hul gedoen het om vir Amelia Nasorgsentrum geld en kos in te samel met hulle potjiekos kompetisie en biermyl wat gehou was op 1 November.

Dankie aan Ferdie Joubert en sy vrou vir al die reëlings en aan almal anders wat ondersteun het.

Sonder die gemeenskap sou ons nie kon voortbestaan. Julle maak werklik 'n verskil in ons inwoners se lewens. Ons harte loop oor!

Die inwoners maak die PicknPay kaarte en Checkers minis bymekaar. 🏉🛒 Indien enige iemand ekstra het wat rond lê, bring d...
11/11/2025

Die inwoners maak die PicknPay kaarte en Checkers minis bymekaar. 🏉🛒 Indien enige iemand ekstra het wat rond lê, bring dit asseblief vir Amelia. 🤩🙏🏻 Die Terapie Werkswinkel wil 'n projek met dit begin. ⭐️

😁Kersfees op 'n Maandag in November?🥰Baie baie dankie Witrand Hospitaal vir dié vroeë kerskoekies en pragtige boekmerke....
10/11/2025

😁Kersfees op 'n Maandag in November?🥰
Baie baie dankie Witrand Hospitaal vir dié vroeë kerskoekies en pragtige boekmerke.

Naaldwerk inwoners is beloon vir hul hulp met vroetelmoue & warm mussies vroeër dié jaar! 😄🎄☃️✨

Lekker Kersfeeskoekies! 🍪👩‍🍳Bestellings: Joey 081 045 5557 📞
10/11/2025

Lekker Kersfeeskoekies! 🍪👩‍🍳
Bestellings: Joey 081 045 5557 📞

05/11/2025

Ons wil graag aan elkeen wat 'n bydrae gelewer het vir die inwoners van Amelia Nasorgsentrum wat darts speel, baie dankie sê. Dankie ook aan elke inwoner se toewyding aan hierdie sport. ###

Address

5 Richardson Street
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:30
Tuesday 08:00 - 15:30
Wednesday 08:00 - 15:30
Thursday 08:00 - 15:30
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27182905543

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Amelia Nasorgsentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Amelia Nasorgsentrum:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram