Amelia Nasorgsentrum

Amelia Nasorgsentrum Sentrum (NPO) in Potchefstroom vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. Amelia Nasorgsentrum (ANS) is op 11 Mei 1976 gestig.

Die hoofdoel was om voorsiening te maak vir volwassenes met intellektuele gestremdhede nadat hulle die ouderdom van agtien jaar bereik het en om 'n veilige omgewing te bied vir hierdie mense wat nie in die normale arbeidsmark te kan funksioneer nie en wat nie na hulself kan omsien nie. In die begin was Amelia in 'n ou plaashuis in die Vyfhoek-kleinhoewes geleë. Amelia Nasorgsentrum is vernoem na die eerste kliënt genaamd Amelia (Poppie) van Wyk. Die beheerliggaam het alles in hul vermoë gedoen om behuising en werkswinkels vir die inwoners te verskaf. ’n Stuk grond is langs ES Le Grange Skool gekoop en die eerste twee chalets vir die inwoners is in 1991 voltooi. Aan die einde van 1992 is agt chalets voltooi asook volledig toegeruste werkswinkels, ‘n wassery, ‘n kombuis, ‘n dagkliniek en ‘n administrasiegebou. Die beheerliggaam het Amelia as 'n NPO geregistreer. Die sentrum is geregistreer vir 130 inwoners en 30 dag kliënte. Die geboue en fasiliteite is 'n ideale omgewing vir werk, verblyf, ontspanning en dra by tot 'n beter lewenskwaliteit en sosiale ontwikkeling van diegene met spesiale behoeftes en beskerming van die mees kwesbares.

🌿 Amelia by die Snowflake Mark! 🌿Amelia bring weer lewe na die Snowflake Mark hierdie naweek – 10 & 11 April!Kom kyk na ...
07/04/2026

🌿 Amelia by die Snowflake Mark! 🌿

Amelia bring weer lewe na die Snowflake Mark hierdie naweek – 10 & 11 April!

Kom kyk na ons pragtige vetplantjies, asook roosmaryn, basil, laventel, orange blossom, kattekruid en vele meer.

🌱 Kom kuier, ondersteun en vat ’n stukkie groen huis toe. 🐝

Alle fondse gaan aan Amelia. 🐞🌸

Baie dankie vir julle omgee hierdie paasfees.Ons wil graag elkeen bedank wat paaseiers vir ons inwoners geskenk het. Jul...
04/04/2026

Baie dankie vir julle omgee hierdie paasfees.

Ons wil graag elkeen bedank wat paaseiers vir ons inwoners geskenk het. Julle maak 'n verskil en die glimlagte was ontelbaar.

'n Spesiale dankie aan Anastashia en Dirk vir die reël van die easter hunt. Ons inwoners het dit vreeslik geniet.

Hier is 'n paar fotos van die pret en saam wees💕

02/04/2026

🌿✝️ Paasfeesgroete van ons inwoners ✝️🌿

Met hierdie Paasfees onthou ons die liefde, hoop en nuwe lewe wat Jesus vir ons gebring het. Mag hierdie Paasfees elke hart vul met vrede, hoop en seën. 🤍

Dankie aan elke persoon wat met liefde en omgee ’n verskil in ons inwoners se lewens maak.

Geseënde Paasfees aan almal! 🌸✝️

🏊🏻‍♂️🏅 Trots op ons kampioene! 🏅🏊🏻‍♂️Amelia se harte loop oor van trots nadat sewe van ons swemmers gekies is om Noord W...
29/03/2026

🏊🏻‍♂️🏅 Trots op ons kampioene! 🏅🏊🏻‍♂️

Amelia se harte loop oor van trots nadat sewe van ons swemmers gekies is om Noord Wes te verteenwoordig by hierdie jaar se Nasionale Kampioenskappe. Elke swemmer het uitstekend gevaar in hul onderskeie items en het met pragtige resultate en hope medaljes teruggekeer huis toe. 🥇🥈🥉

‘n Spesiale gelukwensing gaan aan Lourette Seyffert, wat aangewys is as die vroulike swemmer wat die meeste punte tydens die byeenkoms aangeteken het. ‘n Ongelooflike prestasie!

Aan die einde van die week het die Noord Wes span as algehele wenners uit die stryd getree en al die ander provinsies behoorlik ore aangesit in die swembad. Wat ‘n voorreg om deel te wees van so ‘n besonderse prestasie! 🏆

Ons kan net ons Hemelse Vader dank vir die talente wat Hy aan elke swemmer gegee het, en vir die voorreg dat hulle jaar na jaar kan deelneem, groei en verbeter.

Baie dankie aan die organiseerders, afrigters, personeel, ouers en die gemeenskap vir julle volgehoue ondersteuning en omgee teenoor ons inwoners. Julle maak hierdie suksesse moontlik.

Amelia is ongelooflik trots op elkeen van julle! ❤️

Laat die hare waai!👩🏻🧑🏻‍🦰👨🏻Hierdie 3 inwoners van Amelia was Woensdag by Zunica vir 'n lekker haarsalon afspraak! Dit wa...
21/03/2026

Laat die hare waai!👩🏻🧑🏻‍🦰👨🏻

Hierdie 3 inwoners van Amelia was Woensdag by Zunica vir 'n lekker haarsalon afspraak!

Dit was Jaco se eerste keer by Zunica se salon; gelëë op E.S le Grange se terrein; en hy het opgemerk dat hy sommer heeldag nét daar wil bly! 😄

Ons het lekker gelag😂, maar ook gewonder of dit gaan oor tannie Zunica wat so mooi is 🤭 of dalk het hy bloot té netjies gevoel om verder te gaan werk? 😉

Amelia se personeel en Jaco, Babsie en Tracy wil vir die dierbare mense wat die 3 haarsnye geborg het baie, baie dankie sê en daarmee saam vir Zunica wat hul met soveel liefde soos enige ander kliënt behandel!

Dit was 'n wonderlike Woensdag vir hierdie drie Amelia inwoners 😁🤗😘

Is 'n haarsny nie terselfde tyd soos terapie nie? Kyk wat sê Google:

❤️ Yes, a haircut can absolutely be like therapy, offering significant mental health benefits, emotional release, and a sense of renewal. While it is not a replacement for professional clinical therapy, the salon or barbershop experience acts as a form of "self-care" and "preventive maintenance" for mental well-being. ❤️

🌟 Baie dankie! 🌟’n Opregte woord van dank aan Laerskool Baillie Park - amptelik vir hul ongelooflike vrygewigheid en omg...
21/03/2026

🌟 Baie dankie! 🌟

’n Opregte woord van dank aan Laerskool Baillie Park - amptelik vir hul ongelooflike vrygewigheid en omgee. Julle het wéér ’n enorme skenking van nie-bederfbare goedere gemaak wat ’n groot verskil in baie mense se lewens gaan maak. 🌱

Dit is inspirerend om te sien hoe ’n gemeenskap saamstaan en mekaar ondersteun. Julle harte vir ander en bereidwilligheid om te help, word opreg waardeer. 💛

Mag julle seën ervaar soos wat julle seën bring!

⛳️ AMELIA GOLFDAG 2026: MERK DIE DATUM! ⛳️Maak gereed vir een van die hoogtepunte op ons kalender! Amelia se jaarlikse G...
19/03/2026

⛳️ AMELIA GOLFDAG 2026: MERK DIE DATUM! ⛳️

Maak gereed vir een van die hoogtepunte op ons kalender! Amelia se jaarlikse Golfdag vind plaas op 23 Oktober 2026 en jy wil beslis nie hierdie dag misloop nie. 🏌‍♂️

Ons nooi donateurs, borge en golfers om nou reeds hul plekke te bespreek en die datum vas te maak. Hierdie dag gaan nie net oor gholf nie, maar oor saamkuier, ondersteuning en om ’n verskil te maak.

📌 Neem asseblief kennis dat Amelia hierdie jaar geen gholfkarretjies vir spelers gaan bespreek nie. Alle spelers wat karretjies benodig, moet dit self direk by die gholfklub bespreek.

📅 Datum: 23 Oktober 2026
📍 Plek: Potchefstroom Buiteklub

Moenie wag tot dit te laat is nie. Bespreek jou plek vandag nog!

Wilder as die Wildtuin! 🐅🦓🐘🦒🦏NWU se Rekreasie studente het Dinsdag 'n kreatiewe oggend met Amelia Nasorgsentrum se houtw...
12/03/2026

Wilder as die Wildtuin! 🐅🦓🐘🦒🦏

NWU se Rekreasie studente het Dinsdag 'n kreatiewe oggend met Amelia Nasorgsentrum se houtwerk werkswinkel deurgebring en verseker is houtwerk nie dié manne se enigste talent!

🐘🐆🦛🦓🦣

🌱 Vetplant fondsinsameling projek ten bate van Amelia Nasorgsentrum 🌱Wanneer en waar:🪴Vrydag - Saterdag 6-7 Maart 2026 b...
06/03/2026

🌱 Vetplant fondsinsameling projek ten bate van Amelia Nasorgsentrum 🌱

Wanneer en waar:
🪴Vrydag - Saterdag 6-7 Maart 2026 by Snowflake Mark🌱

Kom help ons hoop plant — in tuine en in mense se lewens.
Ons verkoop pragtige vetplantjies om fondse in te samel vir Amelia Nasorgsentrum, ’n organisasie wat toegewy is aan sorg en ondersteuning van volwassenes met intellektuele gestremdhede.

Hoekom hierdie projek saak maak:
• Elke vetplant wat verkoop word, help om die sentrum se belangrike werk te ondersteun.
• ’n Klein plantjie word ’n simbool van groei, genesing en nuwe begin.
• Jou bydrae help om lig te bring waar dit nodig is.

Hoe jy kan deel wees:
• Koop ’n vetplantjie.
• Deel die inisiatief met ander.
• Bid saam vir die sentrum.

Saai saam met ons en vertrou dat God die oes sal vermeerder.

Amelia Nasorgsentrum | PBO REF: 930001731 | NPO: 008-483
5 Richardsonstraat, Potchefstroom | (018) 290 5543 management@amelianasorgsentrum.org.za |

AMELIANASORGSENTRUM.ORG.ZA

https://www.backabuddy.co.za/campaign/hope-for-amelias-future

Met opregte dankbaarheid wil ons ons waardering uitspreek teenoor Laerskool Mooirivier vir hul pragtige besoek aan Ameli...
27/02/2026

Met opregte dankbaarheid wil ons ons waardering uitspreek teenoor Laerskool Mooirivier vir hul pragtige besoek aan Amelia Nasorgsentrum. 💚💫

Die leerders se opvoering, met die kosbare boodskap van vriendskap, omgee en liefde, het elke hart diep geraak. Dit was soveel meer as net ’n vertoning, dit was ’n herinnering dat ware menswees lê in hoe ons mekaar behandel en waardeer. Ons inwoners het elke oomblik geniet en die opregtheid in elke glimlag gevoel. 🙏🏻

Die heerlike kolwyntjies wat daarna uitgedeel is, het groot vreugde gebring, maar die massiewe skenking van nie-bederfbare produkte het ons werklik oorweldig. Julle vrygewigheid maak ’n tasbare verskil in ons daaglikse sorg en bring hoop en verligting in ’n tyd waar elke bydrae noodsaaklik is. 🌱

Aan die personeel, ouers en leerders, dankie vir julle oop harte, sagte hande en bereidwilligheid om ’n verskil te maak. Julle het nie net produkte gebring nie; julle het liefde gebring. 🤗

Amelia is opreg en diep dankbaar. 💛

Address

5 Richardson Street
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:30
Tuesday 08:00 - 15:30
Wednesday 08:00 - 15:30
Thursday 08:00 - 15:30
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27182905543

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Amelia Nasorgsentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Amelia Nasorgsentrum:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram