Huis Piek

Huis Piek ʼn Liefdevolle tuiste wat ʼn huislike atmosfeer vir seniors tydens hul goue jare bied.

Before en after - op ‘n ánder manier!Na ‘n volle VYF+ dae sonder krag, is ons weer AAN!Een kragopwekker het gehelp dat o...
23/04/2026

Before en after - op ‘n ánder manier!
Na ‘n volle VYF+ dae sonder krag, is ons weer AAN!

Een kragopwekker het gehelp dat ons yskaste hardloop en inwoners darem fone, kragbanke en flitsligte laai. En ‘n inwoner se dankiebrief maak al die ‘vure doodslaan’ die moeite werd:

“Goeiemore Greta en HP-span! Ons is só dankbaar dat ons weer krag het. Dit was 5 lange dae.
Baie dankie vir alles wat julle gedoen het om dit vir ons draaglik en doenbaar te maak:
* Die planne met sonkrag en ligte;
* die kos wat steeds smaaklik en stiptelik voorgesit is;
* smiddae se kookwater;
* elkeen van julle se opgeruimdheid en geduld;
* elke versorger en werker wat blymoedig trappe geklim het met skinkborde kos;
* die genny wat ondanks die dure petrol daagliks geloop het sodat ons fone en lampe kon leef;
* en elke Piekgenoot wat met humor en vasbyt saamgeleef en saamgebid het.

VIVA HUIS PIEK! When the going gets tough, the tough get going!”

www.huispiek.co.za

21/04/2026

In hierdie geval gaan die foto’s eers die
AFTER wys en dan die
BEFORE!

Huis Piek het ons nuwe stokperdjiekamer in gebruik geneem en dit word genoem
🥁🥁🥁🥁🥁
Piekadillie!
Ons is mos dillie oor Piek en oor handewerk!
🧶🎨 🎼🧩

www.huispiek.co.za

In hierdie geval gaan die foto’s eers die AFTER wys en dan die BEFORE!Huis Piek het ons nuwe stokperdjiekamer in gebruik...
21/04/2026

In hierdie geval gaan die foto’s eers die
AFTER wys en dan die
BEFORE!

Huis Piek het ons nuwe stokperdjiekamer in gebruik geneem en dit word genoem
🥁🥁🥁🥁🥁
Piekadillie!
Ons is mos dillie oor Piek en oor handewerk!
🧶🎨 🎼🧩

www.huispiek.co.za

Einaaaaah! OUCH! 💉 Nee. Nie regtig nie en dit was góu verby. En nou is ons gepantser teen winter se griepigheid. Dánkie ...
16/04/2026

Einaaaaah! OUCH! 💉

Nee. Nie regtig nie en dit was góu verby. En nou is ons gepantser teen winter se griepigheid.

Dánkie NGK Waterkloofrif vir die ruim skenking van die griep-inspuitings. Ons inwoners gaan werklik baat vind hierby.

www.huispiek.co.za

11/04/2026

Één woord: “BEDORWE!”

Ons Piekstes tel daagliks seëninge en vandag toe sommer nóg meer! Dánkie aan die NG Kerk Waterkloof vir die heeerlike, smaaklike, gesellige braai en samesyn. Ons gaan dié dag nog lánk onthóu.

www.huispiek.co.za

Één woord: “BEDORWE!”Ons Piekstes tel daagliks seëninge en vandag toe sommer nóg meer! Dánkie aan die NG Kerk Waterkloof...
11/04/2026

Één woord: “BEDORWE!”

Ons Piekstes tel daagliks seëninge en vandag toe sommer nóg meer! Dánkie aan die NG Kerk Waterkloof vir die heeerlike, smaaklike, gesellige braai en samesyn. Ons gaan dié dag nog lánk onthóu.

www.huispiek.co.za

Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons ve...
03/04/2026

Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur sý wonde is óns genees!
1 Petrus 2:24

Jesus Christus, Abba Vader, ons bid, maar ons het nie woorde nie. U liéfde ken geen einde nie. Dánkie vir U genade, vergifnis, en vryspraak.



www.huispiek.co.za

Huis Piek, in samewerking met NGK Waterkloofrif het vandag die Wêreldbiddag vir Vroue aangebied. Wat ‘n vreugde om saam ...
07/03/2026

Huis Piek, in samewerking met NGK Waterkloofrif het vandag die Wêreldbiddag vir Vroue aangebied. Wat ‘n vreugde om saam in te tree in gebed vir Vroue regdeur wêreld, maar veral in Nigerië.

2026 se tema is ‘Kom, Ek sal jou rus gee’. Ons skriflesing was uit Matt 11:28-30. Die lied, “Kom na My toe, álmal wat moeg en oorlaai is..” het telkens gedurende die program weerklink deur die sang van Lidia onder begeleiding van Sue Arendse.

Tydens die Wêreldbiddag vergader gelowiges van verskillende rasse, kulture en kerke, om saam te bid, ons voor God te verootmoedig en vir mekaar in te tree. Internasionaal word die Wêreldbiddag reeds vanaf 1887 gevier. Die dag word tans in meer as 170 lande op al 7 kontinente gehou. In Suid-Afrika is dit die 96ste jaar wat ons deel is hiervan. Die program word in nege van die amptelike tale in SA vertaal.

Vanjaar was ons bevoorreg om twee sleutelfigure in die kantore van Wêreldbiddag vir Vroue teenwoordig te hê, naamlik Ducsy Lekoro en Rinell Hugo. Ds Nicole Hamman-Forrest het die diens gelei.

www.huispiek.co.za

Dis nie maklik om tariewe te moet verhoog nie. Ten spyte van deeglike beplanning en streng kostebeheer, noodsaak die aan...
03/03/2026

Dis nie maklik om tariewe te moet verhoog nie. Ten spyte van deeglike beplanning en streng kostebeheer, noodsaak die aanhoudende stygings in dienste en produkte die aanpassing van ons tariewe. Elke besluit word met groot verantwoordelikheid geneem om steeds volhoubare kwaliteitsorg aan ons inwoners te verseker.

En kyk net wat skryf ons inwoners se familie by aanhoor van die nuus: "Baie dankie! Dis nog steeds ‘n bargain. Julle versorging is uitstekend en my familielid is SO gelukkig. Voorspoed met julle wonderlike werk."

Riem onder die hart............

Huis Piek is ʼn nie-winsgewende Christelike organisasie wat ʼn huislike tuiste vir self-versorgende persone 55jr en ouer bied.

Zoom in…. Reg in die middel, die onderste derde van die foto….. Dís hoekom ons tuine só pragtig is! Een van ons inwoners...
21/02/2026

Zoom in…. Reg in die middel, die onderste derde van die foto….. Dís hoekom ons tuine só pragtig is! Een van ons inwoners het vandag die buitekant kom opsoek en met skêr en moed, roei sy ongewensde groeisels uit.

Eienaarskap, waardigheid, deelname…. Dit álles maak Huis Piek ‘n gelukkige TUISTE vir elkeen.

www.huispiek.co.za

20/02/2026

“Ons is so gelukkig by Huis Piek!”, sê inwoners sonder skroom. Mens kan nogal die vreugde en immerjong gees duidelik sien!

www.huispiek.co.za
Arcadia Sangers/Singers - Pretoria

20/02/2026

“Blue suede, blue suede shoes!!” En ons haal ons danspassies uit!

Dankie aan die Arcadia Sangers/Singers - Pretoria vir die littelosmaak só in die ‘nuwe jaar’!

www.huispiek.co.za

Address

Middelstraat 153, Nieuw Muckleneuk
Pretoria
0181

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Piek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Huis Piek:

Share