11/11/2025
Propriosepsie is een van die onsigbare sintuie wat u kind help om sy/haar liggaam se posisie, beweging en balans te beheer.
Simptome van moontlike proprioseptiewe probleme is onder andere as volg (om ñ paar te noem):
* Onvoldoende, ouderdomgepaste benoeming en identifisering van liggaamsdele.
* Ervaar uitdagings om te skat hoe hard ñ bal gebons, gegooi of geskop moet word.
* Swak postuur en lae spiertonus.
* Sukkel om te leer hoe om onafhanklik aan te trek.
* Agterstand in grootmotoriese en fynmotoriese ontwikkeling.
* Ervaar uitdagings met beide statiese- en dinamiese balans.
* Geneig om teen meubels en ander mense vas te loop/hardloop.
* Onvoldoende samewerking tussen die visuele sisteem en liggaam wat opsigself hand-oog koördinasie en voet-oog koördinasie uitdagend maak.
Kontak gerus ñ Kinderkinetikus Kinderkinetika / Kinderkinetics in u omgewing indien u kind enige van bogenoemde simptome ervaar.