Azelle Grové Kinderkinetics

Azelle Grové Kinderkinetics We offer creative & the highest quality of neuro-senso-motor lessons from newborn - 13 years of age.

Ons is trots om te deel dat ons onlangs ñ besoek vanaf SAPIK (Suid-Afrikaanse Professionele Instituut vir Kinderkinetika...
03/03/2026

Ons is trots om te deel dat ons onlangs ñ besoek vanaf SAPIK (Suid-Afrikaanse Professionele Instituut vir Kinderkinetika) ontvang het waartydens ons 97% nakoming van alle professionele vereistes behaal het.

Hierdie prestasie getuig van ons verbintenis tot uitnemendheid, etiese praktyk en die handhawing van hoë standaarde in alles wat ons doen. Elke kind ontvang die hoogste standaard van sorg en ontwikkeling.

As geregistreerde lede bly ons gefokus daarop om elke kind in ñ veilige, gestruktureerde en ondersteunende omgewing te ontwikkel.

ñ Opregte dankie aan ons toegewyde span - dankie vir julle harde werk, professionaliteit & liefde vir elke kind.

Aan God alleen die eer.

Ons bied ondersteunende, bewegingsgebaseerde ontwikkelingsdienste by Laerskole aan! Met die fokus op grootmotoriese vaar...
25/02/2026

Ons bied ondersteunende, bewegingsgebaseerde ontwikkelingsdienste by Laerskole aan!

Met die fokus op grootmotoriese vaardighede, refleks integrasie, konsentrasie en leer-gereedheid, help ons leerders om meer selfvertroue te ontwikkel en ñ sterk grondslag vir akademiese grondslag te bou.

Ons het die voorreg gehad om opleiding aan een van ons skole se personeel te gee, met die fokus op die ontwikkeling van ...
03/02/2026

Ons het die voorreg gehad om opleiding aan een van ons skole se personeel te gee, met die fokus op die ontwikkeling van die voorskoolse kind.

Tydens die sessie het ons gesels oor tipiese ontwikkelingsmylpale, asook hoe om moontlike uitdagings vroegtydig te identifiseer.

Die doel was om die opvoeders toe te rus met praktiese kennis en omvattende begrip rakende kinders se ontwikkeling.

Dit is altyd besonders om saam met passievolle opvoeders te werk tot voordeel van elke kind se groei en welstand.

Ontmoet ons span:By ons praktyk, glo ons dat ware ontwikkeling plaasvind waar professionele kundigheid en opregte omgee ...
09/01/2026

Ontmoet ons span:

By ons praktyk, glo ons dat ware ontwikkeling plaasvind waar professionele kundigheid en opregte omgee ontmoet.

Samantha se geordende werkswyse, stiptelikheid en hoë professionele etos verseker konsekwente, doelgerigte en hoë-gehalte intervensies waarin kinders veilig kan groei en vorder. Sy het die vermoë om op kinders se vlak te werk en hul wêreld met opregte betrokkenheid te betree.

René beskik oor besonderse vermoë om kinders op hul gemak te stel en vertroue te bou, wat elke sessie ñ positiewe en aanmoedigende ervaring gaan maak. Haar betrokkenheid skep ñ ruimte waar kinders kan floreer. Sy het reeds wye ervaring en professionele insig opgedoen en benut dit effektief om betekenisvolle vordering by kinders te fasiliteer.

Ons verwelkom al ons kinders, ouers, skoolhoofde en personeel terug en sien uit om ñ opwindende en leersame jaar te begin - die praktyk open 14 Januarie 2026.

Kinderkinetika-prysuitdeling 2025: ons deel met trots so paar hoogtepunt-oomblikke van sommige van die kinders in die pr...
22/12/2025

Kinderkinetika-prysuitdeling 2025: ons deel met trots so paar hoogtepunt-oomblikke van sommige van die kinders in die praktyk.

Ons glo dat elke klein tree vorentoe groot betekenis het - daarom het ons die kwartaal afgesluit met ñ spesiale prysuitdeling om sodoende elke kind se vordering te erken en te vier. Baie geluk aan al ons maats, ons is só trots op julle!

Ons vier vandag, met groot dankbaarheid, die praktyk se 3de bestaansjaar!Wat ñ ongelooflike reis was dit tot dusvêr - ge...
12/12/2025

Ons vier vandag, met groot dankbaarheid, die praktyk se 3de bestaansjaar!

Wat ñ ongelooflike reis was dit tot dusvêr - gevul met groei, leerskool en die voorreg om saam met soveel wonderlike kinders, families, skoolhoofde en personeellede te werk.

Dankie aan elke ouer wat ons vertrou het, elke kind wat ons dae kom ophelder het en elke ondersteunende stem in ons gemeenskap.

ñ Spesiale dank aan die praktyk se toegewyde span Kinderkinetici wat elke dag met kundigheid, liefde vir kinders en die ongelooflike vermoë om spel in groei te verander, werk.

Samantha, jou toegewyde insette maak ñ merkbare verskil in elke kinderhart. Dit dra by tot die hart en sukses van die praktyk.

Ons sien uit na nog ñ jaar van speel, groei en ontwikkeling! Saam skep ons ñ plek waar kinders kan floreer en elke dag ñ klein oorwinning vier.

Baie dankie vir die pragtige getuigskrif. Lana het al merkbare vordering getoon en ek is baie trots op haar toewyding. E...
09/12/2025

Baie dankie vir die pragtige getuigskrif. Lana het al merkbare vordering getoon en ek is baie trots op haar toewyding. Ek is opreg opgewonde om haar reis in 2026 verder te ondersteun en haar groei van naby te beleef.

So trots op elke MILK The Baby Center lyfie 👏🏻💞
06/12/2025

So trots op elke MILK The Baby Center lyfie 👏🏻💞

Ons skep ñ omgewing waar elke kind se waarde erken word en niemand word net getel of vergeet nie. Met ñ medalje en ñ ser...
03/12/2025

Ons skep ñ omgewing waar elke kind se waarde erken word en niemand word net getel of vergeet nie.

Met ñ medalje en ñ sertifikaat, vier ons almal se unieke groei & leer, want elke kind se g***sstaan-oomblik is vir ons waardevol om te sien.

Prysuitdelings nader met g***s en glimlag - hou die spasie dop vir foto's wat binnekort skitter.

Lodi, jy het elke week met moed en ñ glimlag opgedaag. Ek is baie trots op die vordering wat jy gemaak het. Jou reis gaa...
02/12/2025

Lodi, jy het elke week met moed en ñ glimlag opgedaag. Ek is baie trots op die vordering wat jy gemaak het. Jou reis gaan voort met nuwe avonture en nuwe suksesstories! Dit was ñ voorreg om jou te sien groei!

Propriosepsie is een van die onsigbare sintuie wat u kind help om sy/haar liggaam se posisie, beweging en balans te behe...
11/11/2025

Propriosepsie is een van die onsigbare sintuie wat u kind help om sy/haar liggaam se posisie, beweging en balans te beheer.

Simptome van moontlike proprioseptiewe probleme is onder andere as volg (om ñ paar te noem):

* Onvoldoende, ouderdomgepaste benoeming en identifisering van liggaamsdele.

* Ervaar uitdagings om te skat hoe hard ñ bal gebons, gegooi of geskop moet word.

* Swak postuur en lae spiertonus.

* Sukkel om te leer hoe om onafhanklik aan te trek.

* Agterstand in grootmotoriese en fynmotoriese ontwikkeling.

* Ervaar uitdagings met beide statiese- en dinamiese balans.

* Geneig om teen meubels en ander mense vas te loop/hardloop.

* Onvoldoende samewerking tussen die visuele sisteem en liggaam wat opsigself hand-oog koördinasie en voet-oog koördinasie uitdagend maak.

Kontak gerus ñ Kinderkinetikus Kinderkinetika / Kinderkinetics in u omgewing indien u kind enige van bogenoemde simptome ervaar.

Terugvoering soos hierdie laat ons harte glimlag! Baie dankie vir jul vertroue en die mooi woorde wat jul met ons deel. ...
04/11/2025

Terugvoering soos hierdie laat ons harte glimlag! Baie dankie vir jul vertroue en die mooi woorde wat jul met ons deel. Dit maak elke Kinderkinetika-sessie net nog meer besonders!

Address

Pretoria

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Saturday 11:00 - 13:00

Telephone

+27798956761

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Azelle Grové Kinderkinetics posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Azelle Grové Kinderkinetics:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram