21/04/2026
OLYFOLIE 2026
Goeiedag aan almal,
Daarsy! Ons is gereed om die 2026 Olyfoliebestellings te neem.
Soos julle weet is die olie vars en van hierdie oesjaar. (Terloops, ons olie se olywe word tans geoes.) Ons olie kom direk van die plaas en is van hoogstaande gehalte. Dis suiwer, extra virgin, cold pressed olie en word in 5 liter houers gebottel. (‘n Gemiddelde huishouding gebruik tussen 5 en 10liter ‘n jaar.)
Laat weet my Helena Benadé 072 4773 760 asb voor 17 Mei 2026 as jy daarvan wil bestel. Die koste vir 5liter is R1050. Ek moet die betaling doen wanneer ek die bestelling plaas, daarom sal jou bestelling bevestig wees sodra jou betaling ontvang is.
Die* bankbesonderhede* is:
Capitec spaar: H Benade
Rek nr: 1515574138
Takkode: 470010
Verwysing: Jou NOEMNAAM en VAN (nie voorletters en van nie asb.)
LET WEL: Julle is baie welkom om v jul familie en vriende daarvan te vertel, maar d bestelling, betaling en aflewering word deur en aan jou gedoen.
- (As ‘n vriendin dit self wil bestel en betaal,
- MOET sy my asb eers bel/whatsapp en my inlig,
- anders veroorsaak dit verwarring op my bankstaat as ek betalings kry v mense van wie ek nie n selnr het nie.)
Ek bestel slegs hierdie EEN keer, elke jaar. So ek stel voor dat jy genoeg bestel om te kan hou tot Maart 2027.
Hierdie jaar doen ek ook Pudo aflewerings as jy*vêr bly* en nie iemand het wat jou olie namens jou by die optelpunte kan afhaal nie. (Ekstra koste van toepassing.)
Ek hoor graag v julle!
Jy kan my kontak by: Helena Benadé
072 4773 760