30/10/2017
Emosionele dag in SA! Vandag gaan nie oor paaie blok om arme studente laat te maak vir eksamens, waarvoor hul so hard geswot het nie. Nee!!! Vandag gaan oor mense se lewens wat gesteel word!! Kinders wat hul pa sien dood bloei in die gang, seuntjies wat gaan slaap as seuntjie en wakker word as man van die huis want hy het nie meer 'n pa nie. Vandag gaan oor familie wat ek het op plase wat ons vrees om sulke aaklige nuus te kry.
Vandag is emosioneel, vandag dra ons, SA, ons harte op ons moue! Vandag vra ons dat ons Hemelse Vader sal intree en ons mense bewaar en veilig hou! Ons bid dat die aarde die moordenaars sal insluk, soos die see die Egiptenaars ingesluk het. Ons bid vir 'n weg vir ons land, veiligheid vir ons mense, 'n toekoms ir ons kinders waar ek nie my kind na 'n ander land toe hoef te stuur nie. Vandag huil ons saam met ons boere, die families wat hul mense moes verloor, die mense wat so 'n aanval oorleef het en die mense wat so 'n aanval vrees!! Vandag bid ons vir vrede, veiligheid en voorspoed vir ons land, MY LAND SUID-AFRIKA!!