30/10/2025
One of our students who studied at the West Rand community. Read about her experience below.
This was the course shed studied.
http://coramdeo.co.za/pastoral-care-imagined-by-narrative-practices/
Meet West Rand on the 5th or any other region the 18th (Pretoria and online) for information about studying in 2026.
My ervaring van Coram Deo en pastoraal narratiewe terapie:
Tydens kruispadbesluite in die nadraai van my man se dood en met die vooruitsig van naderende aftrede uit die onderwys, het Coram Deo se kursus oor pastoraal narratiewe terapie my pad gekruis. Ek het kennis gemaak met beginsels soos nie veroordelend luister, metafore, diskoerse, die soeke na alternatiewe verhale en nie raad gee nie. Die rol in en die effek van kerklike en sosiale diskoerse op die lewensverhaal van die individu het my sterk aangespreek. Ek het geleer om op ‘n empatiese wyse met al my sintuie bewustelik voor die aangesig van God te luister na mense wat hulle diepste verhale met my deel – wetende dat ek op heilige terrein ingenooi is. As ‘n skoolbibliotekaresse I ek deeglik bewus van die rol van stories in kinders se lewe. Tydens my studie van narratiewe terapie het die bewus wees van die belangrikheid van ons eie lewensverhale op my gegroei, asook die feit dat ons oor die vermoë beskik om te besluit hoe ons die verhaal verder wil laat uitspeel. Susan Wittig Albert het gesê: “As we become aware of ourselves as storytellers we realize we can use our stories to heal and make ourselves whole.” Die voltooiing van die derde jaar se supervisielêer was ‘n intense, maar lewensverrykende jaar. Ek is nie een oomblik spyt dat ek die drie jaar met pastoraal narratiewe terapie kon reis nie. Dit het vir my soveel nuwe lewensmoontlikhede en -sin kom gee dat ek daagliks as pastoraal narratiewe berader die pad saam met medereisgenote aanpak.
Gerda Visser